Onderhoude
Interviews about topical issues
Nasionale biblioteekweek: ’n onderhoud
2022-03-13Vanjaar val nasionale biblioteekweek gedurende 14–20 Maart. Izak de Vries het in Distrik 6 by die Otto Stigting gaan kuier om uit te vind waarom nasionale biblioteekweek gevier word, waarom dit juis nou gevier word, en wat die doel van hierdie week is.
Die missiele val: Eben Viktor gesels uit Oekraïne (12 Maart 2022 om 14:00)
2022-03-12Hoe gaan dit met Eben en sy vriende? Wat maak hulle wanneer die missiele val? Hoe kan ons die inwoners van Oekraïne help?
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Wyno Simes
2022-03-09Wyno Simes is die kurator van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein. Freek Robinson was onlangs daar op besoek en gesels nou met Simes oor die unieke aard van die projek, en oor die uitdagings wat hulle in die gesig staar.
Die Russe is 70 km weg. Hoe berei ’n mens voor? (Oekraïne, 4 Maart om 14:40)
2022-03-04Eben Viktor woon in Dnipro, Oekraïne. Die Russiese soldate is nou slegs 70 km ver. Hoe berei hy en sy vrou voor? Wat doen hulle vriende? Waarom koop hulle jodium?
“Mense moet hulle seatbelts saambring” – Etienne Fourie oor Stiekyt
2022-03-03"'’n Fliek is net so goed soos die mense wat daaraan werk, en Stiekyt is geseën met mense wat nie net talentvol is nie, maar ook toegewyd.' As mense wíl, glo hy vas, dan kan berge versit word. 'En hierdie span wóú.'" – Etienne Fourie vertel van Stiekyt wat binnekort by die Silwerskermfees draai.
Reguit met Robinson: ’n videogesprek met Christiaan Basson
2022-03-03Christiaan Basson, voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur in Oekraïne (2014–2018), meen dat die oorlog in Oekraïne een van die interessantste geopolitieke ontwikkelinge sedert die Koue Oorlog is. Freek Robinson vind meer uit.
BTW, belasting en die toerismehuisvestingsbedryf: ’n onderhoud met Marlene Botes
2022-03-02"[E]lke verhuurder van ’n huis of ander blyplek moet hom deeglik van BTW vergewis. Aangesien verhuringstransaksies van mekaar verskil en die verhuurder se ander bedrywighede ook ’n invloed op sy BTW-registrasieverpligting kan hê, is dit noodsaaklik dat ’n verhuurder by ’n geregistreerde belastingpraktisyn aanklop ten einde sy BTW-risiko’s te bestuur."
Adam Small-fees op Saterdag 26 Februarie 2022: ’n onderhoud met Darryl David
2022-02-24"Alle lesings is gratis vir die publiek en vir boekliefhebbers. Natalia da Rocha se vertoning sal egter R50 kos vir haar musikale huldeblyk aan Adam Small."
Reguit met Robinson: ’n videogesprek met Dirk Hermann en Danie van Wyk
2022-02-23Daar heers groot kommer oor die regering se voorgestelde wysiging van die taalklousule in die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys. Dirk Hermann van Solidariteit en Danie van Wyk van DAK Netwerk gesels met Freek Robinson.
#opdielug met Ivan Ndevu
2022-02-21Internasionale Moedertaaldag word elke jaar op 21 Februarie gevier. Die eerste gas van 2022 op die "Lekker LitNet"-insetsel (Radio 786) is Ivan Ndevu, program- en kantoor-assistent by die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA). Robyn van de Rhede gesels met Ivan, wat Afrikaans, Xhosa en Engels magtig is, oor die SBA se digitale kinderboeke in tale soos Kaaps, Setswana, Arabies en Khoekhoegowab. Hierdie insetsel is deel van die maandelikse program Barakat, aangebied deur Radio 786 en die Afrikaanse Taalraad (met Fatima Allie agter die mikrofoon).
Reguit met Robinson: ’n videogesprek met Johannes Jordaan
2022-02-18Ekonoom Johannes Jordaan: Suid-Afrika by kruispad; hoe om groei te bewerkstellig
Afrikaanse mense praat seks
2022-02-14"Maar my reis om met seks te werk het oor ’n lang pad bymekaargekom toe ek my meestersgraad by New York University (NYU) voltooi het. Hier het ek meer oor seks en seksualiteit geleer."
Reguit met Robinson: Hoe lyk die Suid-Afrikaanse boekmark?
2022-02-10Freek Robinson gesels met Eben Pienaar van NB Uitgewers en Marida Fitzpatrick van Penguin Random House SA oor die boekbedryf in Suid-Afrika.
Jong US-dosent se visie van ’n aanlyn akademiese redigeerwoordeboek
2022-02-09Maret Blom de Wet, ’n junior lektor in die Universiteit Stellenbosch se Departement Afrikaans en Nederlands, vertel van haar navorsing oor die bruikbaarheid van ’n prototipe- aanlyn Afrikaanse akademiese redigeerwoordeboek.
Reguit met Robinson: ’n videogesprek met Leopold Scholtz
2022-02-03Waarom het Poetin ’n eiertjie te lê oor die Oekraïne? Leopold Scholtz skets vir Freek Robinson die sosiopolitieke en historiese agtergrond.
Abraham Faure – ware Renaissance-mens en "vader van die Suid-Afrikaanse literatuur"
2022-02-02Lizette Rabe gesels oor die veelsydige Abraham Faure, "vader van die Suid-Afrikaanse literatuur", wie se pionierswerk in die kerk, onderwys en joernalistiek die Afrikaanse kultuurwêreld help vorm het soos ons dit vandag ken.
Reguit met Robinson: ’n videogesprek met Jaco Deacon
2022-01-27Wat is die vaardighede wat matrikulante vir die nuwe eeu en die ekonomie benodig? Hoe floreer ’n skool in moeilike omstandighede? Watter rol speel moedertaalonderrig? Freek Robinson gesels met Jaco Deacon, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas).
Reguit met Robinson: ’n videogesprek met Theuns Eloff
2022-01-20Freek Robinson gesels met Theuns Eloff, voorsitter van die Trust vir Afrikaanse Onderwys, oor opwindende inisiatiewe rakende moedertaalonderrig binne die openbareskoolstelsel, asook in onafhanklike en aanlyn skole.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Ilse Salzwedel en Rudie Heyneke
2022-01-13President Cyril Ramaphosa het onlangs die eerste deel van die Zondo-kommissie se langverwagte verslag oor die ondersoek na staatskaping in ontvangs geneem. Gaan die wiel van die reg tot by optrede teen korrupsie draai? Freek Robinson gesels met joernalis en skrywer Ilse Salzwedel (Permitted plundering ‒ how parliament failed SA) en Rudie Heyneke (Organisation Undoing Tax Abuse (OUTA)).
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Glynnis Breytenbach
2022-01-12Het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) kapasiteit om dié wat in die Zondo-kommissie se verslag oor staatskaping geïmpliseer is, strafregtelik aan te kla en te vervolg? Freek Robinson gesels met adv Glynnis Breytenbach, DA-LP, DA-woordvoerder oor justisie en voormalige staatsaanklaer.
