Onderhoude

Onderhoude oor aktuele kwessies
Interviews about topical issues

Gedagtes van ’n bardolator oor Shakespeare, vroue en Afrikaans

Danie Stander, Melt Myburgh Onderhoude 2021-10-08

"Sommige van Shakespeare se toneelstukke was so besaai met gekruide taal dat daar in 1606 deur die Engelse regering ’n sensuurwet teen onder meer obsene taalgebruik (Act to Restrain the Abuses of Players) in dramas ingestel is." – Danie Stander deel gedagtes oor William Shakespeare en die Afrikaanse vertalings van sy dramas.

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Hein Willemse en Conrad Steenkamp

Freek Robinson, Hein Willemse, Conrad Steenkamp Onderhoude 2021-10-06

Kom die stelling “Afrikaans is uitheems” neer op Afrikanistiese nasionalisme? Freek Robinson gesels met Hein Willemse (Universiteit van Pretoria) en Conrad Steenkamp (uitvoerende hoof, Afrikaanse Taalraad) oor die behoud van Afrikaans en sy funksies, asook die belangrikheid van ’n meer genuanseerde taalpolitiek.

SA Akademie skop vas teen "drogredenasies" oor die pandemie en inentings

Anne-Marie Beukes, Melt Myburgh Onderhoude 2021-09-29

Anne-Marie Beukes, hoof van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, verduidelik waarom dié instansie sterk standpunt teen drogredenasies oor die pandemie en inentings móés inneem.

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Theo Venter

Freek Robinson, Theo Venter Onderhoude 2021-09-29

Gaan korrupsie ’n rol speel? Het jonger kiesers geregistreer? En die gesag van die OVK? Freek Robinson pols Theo Venter, politieke en beleidspesialis, oor die stand van sake.

Pharos Woordeboeke en alle Suid-Afrikaanse tale as nasionale bate: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Delana Fourie, Annemie Stoman Onderhoude 2021-09-23

"Suid-Afrika se kulturele diversiteit [is] ’n waardevolle nasionale bate en daarom [het Pharos] onder meer die taak om meertaligheid, die ontwikkeling van die amptelike tale en respek vir alle tale wat in die land gebruik word te bevorder."

’n Dialogue met Faheem Jackson: Silat, calligraphy en all things Malay-Indonesian

Tasneem Daniels, Faheem Rhoda Jackson Onderhoude 2021-09-23

"Die lyn tussen Cape Malay culture in Suid-Afrika en Indonesian culture oppie Asian continent is baie din – met slavery en colonialism vanaf die 1600’s die major defining global event wat responsible is virrie “niewe breed” van Indonesians in Suid-Afrika wie nou identify as Cape Malay."

Reguit met Robinson: A Zoom interview with Bonang Mohale

Freek Robinson, Bonang Mohale Interviews 2021-09-23

Mohale is not afraid to criticise the government. Listen to his views on land reform, cadre deployment, state capture and wages.

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Hannelie Meyer

Freek Robinson, Hannelie Meyer Onderhoude 2021-09-15

Hoeveel mense het al in Suid-Afrika gesterf weens die entstof? Hannelie Meyer verskaf die antwoord aan Freek Robinson.

BAQONDE, boosting the use of African language in education: an interview with Bassey Antia

Naomi Meyer, Bassey Antia Interviews 2021-09-08

"Language may be a factor in how well the lecturer is understood. Language may be a factor in who understands the assessment question. Language may be a factor in who can communicate their answers and be rewarded adequately for the knowledge they possess."

Die skat in Dalene Matthee se OK Bazaars-inkopiesak

Amanda Botha, Suzette Myburgh, Melt Myburgh Boeke en skrywers 2021-09-08

In 1984 het Dalene Matthee as nuweling by die Skrywersgildeberaad in Gordonsbaai opgedaag. Haar aktetas was ’n OK Bazaars-inkopiesak. Die uitgelese gehoor was neusoptrekkerig, maar nie lank daarna nie sou die skat in daardie plastieksak die wêreld na haar voete bring.

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Susan Booysen

Freek Robinson, Susan Booysen Onderhoude 2021-09-07

Die politieke ontleder Susan Booysen verduidelik aan Freek Robinson hoekom die Onafhanklike Verkiesingskommissie die reg het om op hierdie stadium nuwe kandidate tot die verkiesingslyste toe te laat.

Van dink na doen: ’n onderhoud met Christi van der Westhuizen

Lidia Rauch, Christi van der Westhuizen Onderhoude 2021-09-02

Van dink na doen is ’n podsending wat fokus op die wisselwerking tussen werklikheide op voetsoolvlak en akademiese navorsing. Lidia Rauch gesels met Christi van der Westhuizen (skrywer, politieke ontleder en medeprofessor by die Sentrum vir die Bevordering van Nie-rassigheid en Demokrasie aan die Nelson Mandela-Universiteit). 

Nêrens, Noord-Kaap op kykNET: ’n onderhoud met Nico Scheepers

Naomi Meyer, Nico Scheepers kykNET Portaal 2021-09-02

"Op die verhoog moet ’n woord of die draai van ’n frase jou hartsnare roer; hier kan  die sweef van ’n kamera deur die veld ’n gedig word."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Annelize Crosby

Freek Robinson, Annelize Crosby Onderhoude 2021-09-01

Wat kan positief aan grondhervorming wees? Wat van voedselsekerheid? En onsekerheid vir buitelandse en binnelandse beleggers? Freek Robinson gesels met Annelize Crosby, hoof van Grond en Regsake: Agri SA.

Woordfees-TV 2021: ’n Onderhoud met Saartjie Botha

Naomi Meyer, Saartjie Botha Onderhoude 2021-08-31

"Ons hoop dat mense wat nog nooit by ’n fees was nie, iets van die ervaring van by ’n fees wees, op die TV sal beleef." Saartjie Botha oor vanjaar se Toyota US Woordfees wat op die TV uitgesaai sal word.

Reguit met Robinson: A Zoom conversation with Sham Maharaj and Nonku Zungu

Freek Robinson, Sham Maharaj, Nonku Zungu Interviews 2021-08-26

Phoenix, Durban, was a flashpoint in the recent violence and looting in KwaZulu-Natal and Gauteng. Freek Robinson interviews members of a peace committee, Sham Maharaj and Nonku Zungu.

Die leefwyse van ons vroeë mense: ’n onderhoud met Niel le Roux en Rachelle Greeff

Naomi Meyer, Niel le Roux, Rachelle Greeff Onderhoude 2021-08-25

"Die Stigting vir bemagting deur Afrikaans poog met hierdie tipe taalerfenisprojekte om daardeur by te dra tot nasiebou, respek vir en begrip vir en van ons diverse kultuurlandskap. Is die vroeë mense se storie ons almal s’n? Beslis, volgens die SBA."

Afrikaanse letterkunde laat regsmense met nuwe oë na sake kyk

Melodie Labuschaigne, Melt Myburgh Onderhoude 2021-08-25

"Hedendaagse temas in die letterkunde wat met vrug vir regspleging ontgin kan word, is onder meer vraagstukke wat handel oor die regulering van grondeise, genetiese manipulasie, genoomkartering, kunsmatige intelligensie en aardverwarming ..." – Melodie Labuschaigne

Die einde van ’n asimmetriese oorlog

Abel Esterhuyse, Izak de Vries Onderhoude 2021-08-19

"Gewapende nasiebou het nog nooit gewerk nie," sê Abel Esterhuyse, hoogleraar in strategiese studies aan die Universiteit Stellenbosch oor die onttrekking van Amerikaanse troepe aan Afghanistan.

"Afgryslik" dat vroue nog moet aandring op respek

Melt Myburgh Onderhoude 2021-08-19

"Soms word daar van vroue verwag om seksuele gunsies aan te bied in ruil vir rolle of die befondsing van projekte." – Jane Mpholo oor waarmee vroue in die vermaaklikheidsbedryf nog opgeskeep moet sit.

Top