Plaaslike politiek ná die verkiesing: Hoe lyk dinge vorentoe?

  • 1

2021 se plaaslikeregeringsverkiesing sal in die geskiedenis opgeteken word as ’n waterskeidingsoomblik met positiewe en negatiewe implikasies. Wydverspreide ontgogeling by kiesers het daartoe gelei dat net ’n derde van stemgeregtigdes hul kruisies getrek het. Maar die verkiesing het ook gewys dat die dae van eenpartydominasie deur die ANC getel is en dat koalisiepolitiek Suid-Afrika se voorland is. Dit kan ’n verdieping van demokrasie beteken as kiesers oorreed kan word om te stem.

Christi van der Westhuizen gesels met Jan-Jan Joubert oor nuwe regerende partyformasies op plaaslike vlak, die ANC se oënskynlike nuwe strategie van surrogaatpartye, hoekom die DA “ordentlik” moet word, hoe die VBS-skandaal die EFF wel geknou het, en waarom die Patriotic Alliance ’n nuwe populistiese gevaar inhou.

Nuusknars ontleed die postkolonie deur nuusgebeure uit verskillende hoeke te bekyk.

  • 1

Kommentaar

  • Die DA het nie vir die EFF se steun gevra nie. Hulle het dit gekry, ongevraagd. Wat kan hulle doen as die kiesers stem? Waarom word dit beskryf as “maneuvers”? Hoe kan dit beskryf word as dat hulle reëlreg ingaan teen wat hulle belowe het (Christie). As die DA sê dat hulle nie hulle beginsels gaan prysgee nie, word hulle beskryf as onordentlik, verwaand, arrogant? Ek het al ook gehoor “pedanties”. En as hulle ’n ongelooflike talentvolle vrou soos Mpho Phalatse voorstoot as burgemeester, hoe kan dit beskryf word as kinderagtig? Jan-Jan se herhaalde en afgesaagde tirades teen die DA is volkome irrasioneel. John Steenhuizen sê: “We look forward to working with any party that shares our vision for fixing these metros, and providing a pathway out of desperate poverty for millions.” Die DA se posisie is fragiel – hulle het ons ondersteuning nodig. Maar dis asof DA-slegsê die media, veral Max, Piet Croucamp en Jan-Jan se lekkerste speletjie is. Dit het gevolge. Mense glo hulle, ongelukkig. Ek vind hierdie kommentaar ongebalanseerd en onverantwoordelik.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top