
SteedsDink in die Karoo met LitNet Akademies: Christi van der Westhuizen
2024-02-19In hierdie video gesels Christi van der Westhuizen oor onder meer Suid-Afrikanerskap en Suid-Afrika as konstitusionele demokrasie. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

Maak ons die wêreld, of maak die wêreld ons?
2023-11-21"Die verskillende blindhede van beide die liberale en die marxistiese standpunte is oortuigend deur feministe en swart en postkoloniale denkers aan die kaak gestel."

Christi van der Westhuizen oor witwees | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023
2023-10-05Christi van der Westhuizen het by die afgelope Etienne van Heerden Veldsoirée en by die Veldsoirée van 2022 lesings oor witwees gegee. Die video-opnames van die twee lesings verskyn hier neffens mekaar.

"Afrika is nie vir sissies nie": Wat is die verband tussen witwees en manlikheid?
2022-06-20Christi van der Westhuizen en Theo Sonnekus gesels oor hoe witwees en manlikheid histories ineenskakel aan die hand van sy hoofstuk in haar nuwe boek, die Routledge International handbook of critical studies in whiteness.

Plaaslike politiek ná die verkiesing: Hoe lyk dinge vorentoe?
2021-12-02Christi van der Westhuizen gesels met Jan-Jan Joubert oor nuwe regerende partyformasies op plaaslike vlak, die ANC se oënskynlike nuwe strategie van surrogaatpartye, hoekom die DA “ordentlik” moet word, hoe die VBS-skandaal die EFF wel geknou het, en waarom die Patriotic Alliance ’n nuwe populistiese gevaar inhou. Nuusknars ontleed die postkolonie deur nuusgebeure uit verskillende hoeke te bekyk.

FW de Klerk en die laaste Rubicon
2021-11-22FW de Klerk se afsterwe op 11 November 2021 het aggressiewe en verbitterde kommentaar ontlok wat wys hoe hy as politieke figuur sy vyande saamgesnoer het in hul misnoeë oor sy bydrae tot Suid-Afrika. Wat is die uitdaging wat sy nalatenskap aan ons as Suid-Afrikaners stel?

Wat’s in ’n naam?
2021-10-13Die Kaapstadse Burgemeesterskomiteelid JP Smith het sy onlangse weiering om ’n swart persoon se naam te probeer uitspreek, geregverdig deur die naam as bestaande uit "te veel klinkers in ongemaklike posisies" te bestempel. Christi van der Westhuizen gesels met Ronelle Carolissen oor hoekom mense soos Smith ’n groot fout maak.

Van dink na doen: ’n onderhoud met Christi van der Westhuizen
2021-09-02Van dink na doen is ’n podsending wat fokus op die wisselwerking tussen werklikheide op voetsoolvlak en akademiese navorsing. Lidia Rauch gesels met Christi van der Westhuizen (skrywer, politieke ontleder en medeprofessor by die Sentrum vir die Bevordering van Nie-rassigheid en Demokrasie aan die Nelson Mandela-Universiteit).

Jacob Zuma se politieke teater
2021-07-15Nuusknars ontleed die postkolonie deur nuusgebeure uit verskillende hoeke te bekyk. Christi van der Westhuizen gesels met Danie Brand (Vrystaatse Sentrum vir Menseregte) en Mia Swart (besoekende professor aan Wits se Regskool en vervaardiger by die Al Jazeera-medianetwerk) oor Zuma se jongste truuks in die howe, Dali Mpofu se uitlatings en die EFF-faktor, "lawfare", en die groeiende aanslae teen die oppergesag van die reg.

Grondwet ná 25 jaar steeds SA se beste waarborg teen ineenstorting
2021-05-17Die Grondwet word tans aan allerlei aanslae onderwerp. In weerwil van pres Cyril Ramaphosa wat haar analise as ’n “hersenskim” voor die Zondo-kommissie bestempel het, trotseer Christi van der Westhuizen in haar eerste, gereelde Nuusknars-podsending tog maar weer die sleurstrome van ideologie, politiek en korrupsie waarin Suid-Afrika heen en weer gepluk word. Nuusknars analiseer die postkolonie deur nuusgebeure van verskillende hoeke te bekyk.

Die verlede in die hede: Kan ons anders onthou?
2019-09-26"So baie van die wit Afrikaners wat ek ken, wil niks weet van enigiemand anders se pyn nie, wil nie hoor van apartheid nie en wil veral nie vir ’n oomblik dink aan hul eie aandadigheid of verantwoordelikheid teenoor ander nie. En laat jy nou net die killjoy wees wat hierdie kwessies ophaal by ’n braai. Wat gaan aan met ons? Hoekom is ons so bang om te verander? Om verantwoordelikheid te neem vir wie ons is?"

In gesprek oor witwees in Suid-Afrika met Melissa Steyn en Christi van der Westhuizen / In conversation about whiteness in South Africa with Melissa Steyn and Christi van der Westhuizen
2019-08-08Op versoek van LitNet het Kees van der Waal vrae oor witwees aan twee kenners, Melissa Steyn en Christi van der Westhuizen, gestel.

25 years later: Christi van der Westhuizen reflects
2019-05-07It has been 25 years since the first democratic elections in South Africa. With the 2019 elections around the corner, Christi van der Westhuizen shares her memories from 27 April 1994.

Die problematiek rondom die FAK se standbeeld-inisiatief
2019-03-29"Die FAK se inisiatief om 'Afrikaner-geskiedenis' opnuut met monumente te huldig, is die jongste nasionalistiese opflikkering in die oorblyfsels van die 20ste-eeuse politieke projek van die Afrikaners."

Kritiese besinnings oor die Israelse eiendomsaansprake op Palestina
2018-09-05"Die Bybelse narratief verdoesel die werklike historiese feite en die werklike huidige ontberings wat die Israelse metodes van verowering, onderdrukking en uitdelging teen Palestyne ontketen het."