Van dink na doen is ’n podsending wat fokus op die wisselwerking tussen werklikheide op voetsoolvlak en akademiese navorsing. Lidia Rauch gesels met Christi van der Westhuizen (skrywer, politieke ontleder en medeprofessor by die Sentrum vir die Bevordering van Nie-rassigheid en Demokrasie aan die Nelson Mandela-Universiteit).
Sy het al verskeie geakkrediteerde tydskrifartikels en hoofstukke in boeke gepubliseer, asook die volgende drie boeke: Sitting pretty: White Afrikaans women in postapartheid South Africa (2017), Working democracy: Perspectives on SA’s parliament at 20 Years (2014) en White power & the rise and fall of the National Party (2007).
Lees ook op LitNet Akademies:
Assemblage-teorie, affek en witwees. ’n Alternatiewe blik op die werking van witwees
Lees en luister ook op LitNet:
Grondwet ná 25 jaar steeds SA se beste waarborg teen ineenstorting