Van dink na doen: ’n onderhoud met Azille Coetzee
Van dink na doen is ’n nuwe podsending wat fokus op die wisselwerking tussen werklikheide op voetsoolvlak en akademiese navorsing. Lidia Rauch gesels met Azille Coetzee, skrywer van In my vel: ’n reis (Tafelberg, 2019). Azille het ’n doktorsgraad (met ’n tesis getiteld “African feminism as decolonising force: a philosophical exploration of the work of Oyeronke Oyewumi”) deur ’n gedeelde graadprogram aan die Vrije Universiteit Amsterdam en Universiteit Stellenbosch (US) verwerf. Sy is tans ’n nadoktorale genoot by die Historical Trauma and Transformation Unit aan die US.
Copy and paste this URL into your WordPress site to embed
Copy and paste this code into your site to embed