Fiksiekompetisies
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Fiksiekompetisies | Fiction Competitions
Fiksie- en blitsfiksiekompetisie-inskrywings.
Neem deel aan een van ons kompetisies en lees al die ander inskrywings hier.
Fiction and flash fiction competition entries.
Enter one of our competitions or read all the other entries here.
Stoesel
2013-06-28 "Omdat Elsas op die grens tussen Frankryk en Duitsland lê, het Lukas gedink hy sal goed met sy Duits oor die weg kan kom."Vakansie in die paradys
2013-06-28 "Dit vat ’n paar sekondes voor ek besef dat die onaardse oerklank wat weergalm in die strandgehuggie uit my keel kom. Die laaste asem in my longe word uitgeforseer tussen my saamgepersde lippe."Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd 2013: Tweede weergawe van kortverhale
2013-06-26 Die eerste en tweede weergawe van elke verhaal op die kortlys van Nuwe Stories, sowel as die keurverslae sal ook op LitNet geplaas word, sodat skrywers wat nié die kortlys gehaal het nie, ook uit die proses kan leer.Van Muizenberg tot Musina op die rug van ’n muis
2013-06-26"Vandag ry jy op my rug! En ek – kerkmuis? Ek ry op ’n rekenaarmuis se rug – vanaf Muizenberg tot by Musina. Ek wil immers weet wat in Suid-Afrika aangaan. Wil jy?"
Die helde van Berlyn
2013-06-26 "Bowie (soos in David) en Berlyn kan mens nie van mekaar skei nie. Berlyn sou seker fine sonder Bowie wees, maar Bowie sonder Berlyn?"Woorde wat migreer. Die resultate van ons fiksie-kompetisie
2013-06-25 Hoe is mens ’n reisiger en daarmee saam ook ’n skrywer? Rentia kyk na ’n oorsig van die inskrywings in ons fiksiekompetisie, “Reisende skrywers”.Kom, vertrek op ’n retoer-koekeloer-toer
2013-06-18"Gemors in onderwys is soms ingewikkeld, meneer Griebenhau, en kom soms uit ’n lang geskiedenis wat selfs 1994 voorafgaan. Ook is dit duidelik dat die huidige stelsel, gebaseer op “uitkoms”, glad nie gewenste resultate lewer nie."
Kom saam na Magoebaskloof!
2013-06-18"Dis moeilik om te besluit wat my die meeste tydens die reis laat ril en gril het.
Eers was daar die bosvark-vlekkie-episode, toe die hemele wat sluise oopsprei en my stapstok wat knetterend die krans afmoker."
Koffie en sand
2013-06-18 "Sy weet nie of die vrou genoeg geduld vir nog 'n verduideliking het nie. Tot sy in Syndey geland het, het Anet gedink sy kan Engels vlot praat."Les Trois Châteaux
2013-06-17 "Ek kruip onder Lukas se blad in en huil oor rooi papawers tussen die varsgroen graan, oor swart-en-wit houtraamhuise wat meer as vyf eeue oud is, [...] oor Oxford se keisteenstrate waaroor studente drentel asof dit Victoriastraat in Stellenbosch is."KZ Mauthausen
2013-06-17 "Die ingang na die Mauthausen-kamp is 'n groot boog met 'n dubbele houthek in 'n grimmige netjiese muur van granietklip. Die Nazi-embleem van die arend wat bo die hek in yster gemonteer was, is deur die vrygelate gevangenes afgebreek, [...]"Die halfmens-boom
2013-06-17“Pa, watse snaakse bome is dit?” het ek gevra toe ons jare gelede die eerste keer hierdie pad gery het.
“Dis die halfmens-boom,” het Pa geantwoord.
Die reisgenoot
2013-06-17"Tydens ons gedeelde nagtelike busrit-ure vertel sy my van haar reise. Oostenryk, Hongarye, Tsjeggië ... altyd Europa. Sy het geen begeerte om Amerika of Australië of Nieu-Zeeland te besoek nie, sal sy altyd sê. Wanneer ons na 'n jaar weer ontmoet, is ek opnuut verbaas oor hoeveel ervarings sy intussen opgedoen het en op watter ver paaie sy was."
Gesprek
2013-06-17"By die stasie in Siebensterngasse het hulle opgeklim. Die ou dame met die hond. Die trem was vol. Sy het na een van die leerhandvatsels bokant haar kop gereik. Die hond was so styf teen haar aangedruk dat dit moeilik was om tussen pelsjas en hond te onderskei. Ek het opgestaan en beduie dat sy moes sit. Die verrimpelde gesig het in ’n dankie vertrek. Ek het geweet dat sy die een was."
Molopo
2013-06-17Sy sit onder 'n matloppieboom en staar na die lae swarthaak- en sekelbosruigtes voor haar. Van duisende koringkrieke wat in hulle takkies rondklim en skril en eentonig skree, bewe die bossies. Sy skud haar hare ongeduldig agteroor. Dawid kom nie, hy bel nie, skryf nie. Dit is 'n voldonge feit wat sy moet aanvaar.
My reis met boeke
2013-06-17"Desiderius Erasmus, die ou Nederlandse filosoof, het al honderde jare gelede gesê dat wanneer hy geld kry, hy heel eerste boeke koop. Indien daar iets oorbly, koop hy kos en klere."
