Fiksie-kompetisies
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Fiksie-kompetisies | Fiction Competitions
Fiksie- en blitsfiksiekompetisie-inskrywings.
Neem deel aan een van ons kompetisies en lees al die ander inskrywings hier.
Fiction and flash fiction competition entries.
Enter one of our competitions or read all the other entries here.
Kompetisie: Die liefde in jóú se Afrikaans
2019-02-08LAPA Uitgewers soek manuskripte oor die liefde wat Afrikaans in al haar tonge uitbeeld. Die liefde is wel ’n universele taal, maar dit klink darem baie lekkerder in jou eie dialek of variëteit. R35 000 is op die spel.
Brandstigting
2015-04-02 Ek weet nie of dit net die ouderdom is nie, maar in die laaste twee maande het ’n paar goed by my ordentlik uitmekaar geval. Eers beseer ek my voet so erg, dat ek na ’n maand nog steeds rondhuppel, en toe, waarskynlik te danke aan die krukke, slaap ek een aand boonop my skouerblad […]Duinekind
2015-04-02 “Treffend die dogtertjie met die bos hare deur lig omstraal. En kyk daardie groot blink oë, nè.” Annette is bly dat Frik hierdie foto uitgelig het as een wat hom getref het. Dis een van haar gunstelinge. Hy lewer gereeld kommentaar op die foto’s van haar reis na Marokko wat sy per e-pos aan hom […]Vat vyf, Cinque Terre
2015-04-01 Google, jou lekker ding! So teen die einde van 2013 sit ek voor my rekenaar en tik in: “Unesco World Heritage sites.” En daar skop hy hom uit – die Cinque Terre. Ek spring weg en beplan (saam met my vriend Google) die toer van ’n leeftyd vir Julie 2014. My reisgenoot is my ma, […]Oom Dawid se rooi lorrie
2015-04-01 Oom Dawid de Klerk se bekendheid as karweier het wyer as die Karoovlaktes gestrek. Ewe bekend was sy granaatrooi lorrie met die dik wange, lang dek en houtkappie. Wanneer die houtkap afgehaal is, is brandhout, bakstene en bousand vervoer. Word die kantrelings opgeklap is skaap, bees of selfs perde na buurdorpe en stede aangery. 1968. […]Die Sout
2015-04-01 Ek is op pad Velddrif toe. Van my familie se wortels lê aan die Weskus. My oupa en ouma se laaste rusplek is tussen die duwweltjies in die sandgrond van die ou begraafplaas en iewers op ‘n duin staan ‘n gedenkteken ter gedagtenis aan visserman-drenkelinge met my nooiensvan op. Soos wat ek met die R27 […]Die Goue du Midi-toer
2015-04-01 Ons sluit by die groepie aan wat onder die bome staan en skerts. Serpe roer in die aandlug en Afrikaanse sêgoed val saam met herfsblare op die sypaadjie voor Hotel Du Centre Et Lauragais in Castelnaudary, die rendezvous vir ons kanaaltoer. Binne sit ons almal later aan oor skottels cassoulet, ‘n bredie van gepreserveerde eend, […]Verwonding
2015-04-01 Waar is die weermagkamp nou? Dit was net hier? Die oorlog is verby. Ander soldate marsjeer nou. Walvisbaai. Namibië. Suidwes. Miskien het die dorp net so uitgebrei dat mens dit nie meer kan sien nie. Hulle ry lank in die dorp rond op soek na tekens van die verlede. “Kom ek gaan wys julle die […]Drink, speel, geen liefde
2015-03-31 Mens leer meer deur te reis as op Universiteit uit boeke, het een mens eenmaal gesê. Slim ou! Na my egskeiding het ek soos Eat, Pray, Love se vrou “na myself gaan soek!” Ek het net nie fondse gehad om vir soveel maande te soek nie! Ek het my ou spaargeldjies gesit en tel en […]Kindertyd in die Namib, 1988
2015-03-31 Die rooi ou Chev bakkie kreun en steun oor die geel golwende hobbels van die Namib-woestyn. “Ek kan nou lekka check die reën is weg,” sing my pa vrolik in die bakkie se tweerigtingradio se handstuk in. “Jou hier jou daar, jou doringblaar, die vaal jeep is baas,” sing oom Simon terug oor die radio. […]Vlug SA203
2015-03-31 Lizette vlieg na New York. Ek vat haar lughawe toe. Sy vlieg 16:45, land in Johannesburg 18:45. Daar's genoeg tyd om iets te drink, te bel en koebaai-smse te stuur. Die bagasie word in Kaapstad deur bespreek tot in New York. Ons gaan dadelik inweeg. Lizette, effe doof in die een oor, moet vorentoe leuen […]Roadtripping
2015-03-31 Hoe gemaak as jy 1 634,9 kilometer of 15 ure en 48 minute agter 'n partytjie en vriende aanry? Trek jy 'n Oupa Viljoen op jouself en ry reguit deur, RSG-radiostories en 'n bottel Sprite as geselskap. Ouma Viljoen lê klein opgekrul in die sonnetjie op die agtersitplek saggies en snork. Of is jy soos […]Skryfkompetisie: Beeld Afrikaans uit
2014-10-01 Dra jou deel tot ons taalerfenis by deur Afrikaans met woorde uit te beeld.Poësieskryfkompetisie vir leerders
2014-09-08Laer- en hoërskoolleerders word uitgenooi om aan die 18de Poetry Africa-poësieskryfkompetisie deel te neem.