Graad 11: Wiskundige geletterdheid – vraestel en memo, derde kwartaal
2022-09-15As jy na die getal kyk, voel dit jy sien al dubbel van al die spanning gedurende jou toetsreeks? Jy hoef nie jou oë te laat toets nie, graad elf-leerder, want LitNet bied hulp. Lee-Ann West se oefenvraestel en memo kan jou met jou toetsreeks se Wiskundige geletterdheidsvoorbereiding help.
Graad 8: Afrikaans Eerste Addisionele Taal – toets en memo, derde kwartaal
2022-09-06Is jy in graad 8 en wonder jy wat het hierdie Afrikaans Eerste Addisionele Taal-toets deur Dewald Koen met die prys van eiers te doen? Nogal baie! Dit kan jou gedurende die toetsreeks help met jou voorbereiding. (Dit het ook met die prys van aartappels te doen, maar jy gaan die toets gratis hier moet aflaai om te sien waarom dit so is.)
Graad 9: Afrikaans Eerste Addisionele Taal – toets en memo, derde kwartaal
2022-09-06Is jy in graad 9 en het jy geweet dat ’n TV in die ou dae hierdie beeld as ’n toets vertoon het as die uitsending nie wou slaag nie? Moenie ’n outydse TV wees nie! Gebruik Dewald Koen se toets en slaag Afrikaans Eerste Addisionele Taal sonder onderbrekings!
Graad 8: Afrikaans Eerste Addisionele Taal-taaltoets en memo
2022-09-01’n Vraag oor ’n sin se struktuur
Maak die graad 8-klas so suur.
Die onnie geniet dit terdeë
Dat LitNet gratis hulp gee
Om hul punte die hoogtes in te stuur!
Verrykingswiskunde met Pieta van Deventer: Cantor met sy oneindige aantal punte met nul maat
2022-09-01Nul is nie niks nie! Lees hierdie artikel om uit te vind wat dit beteken.
Graad 7: Afrikaans Huistaal-vraestel en -memo, derde kwartaal
2022-08-19Daar was eens ’n graad sewe
wie se broek nie kon ophou bewe.
Sê LitNet: “Hierdie Afrikaans-vraestel kan jou red!
Laai af en werk uit; dis boonop groot pret!
Jy kan na volpunte strewe."
Die literêre-navorsingstaak vir Afrikaans Huistaal (graad 4–9)
2022-08-18Dit is weer dáárdie tyd van die jaar. Onderwysers, ouers en leerders is naarstig op soek na inligting om die literêre-navorsingstaak te voltooi. Dewald Koen gee raad oor hoe om navorsing te doen.
Wiskunde met LitNet-video: Graad 9, kwadratiese vergelykings
2022-08-16Is jy in graad 9 en laat kwadratiese vergelykings jou kop tot die mag 9 draai? In hierdie Wiskunde met LitNet-video verduidelik Lee-Ann West in ’n raps meer as 9 minute die hele affêre sodat dit sin maak.
Graad 6: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal
2022-08-11Staan nader, al julle snare, en kyk bietjie hoeveel snare het ’n kitaar! Van sesse gepraat: is jy in graad 6 en luister jy eerder popmusiek as om Wiskunde te doen? Met Lee-Ann West se gratis oefenvraestel en -memo kan jou toetspunte hierdie kwartaal soos musiek in jou ore klink.
Graad 5: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal
2022-08-10As jy in graad 5 is, weet jy mens kry vyf soorte voedselgroepe: lekkergoed, lekkergoed, lekkergoed, lekkergoed en lekkergoed. Toemaar, ons by LitNet wens ook dit was waar (maar daar is ’n som oor pannekoeke hier versteek). Ons kan jou dag tog so effens versoet deur hierdie gratis Wiskunde-oefenvraestel en -memo deur Lee-Ann West met jou te deel. Klik hier om dit gratis af te laai en begin sommer vandag al daaraan smul.
Graad 7: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal
2022-08-05Is jy in graad 7 en weet jy hoeveel kontinente daar op aarde is? Wag, op hierdie prent is een van hulle soek! As jy voel daar is ook ’n leemte in jou Wiskunde-kennis kan hierdie vraestel deur Wilhelm du Toit ’n meer volledige legkaart help pak. Laai sy oefenvraestel en -memo hier af. Hierdie toetsreeks hoef verlore legkaartstukkies jou nie te frusteer nie.
Graad 6: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal
2022-07-27As jy in graad 6 is, weet jy teen hierdie tyd dis so seer soos ’n bysteek as jy nie vir jou Wiskundetoets voorberei het nie. (Jy weet natuurlik ook die byekorf bestaan uit heksagonale selle, of hoe?) Met hierdie gratis oefenvraestel en -memo deur Lee-Ann West is die toetsreeks so soet soos heuning! Gebruik die oefenvraestel en -memo om vir die kwartaal se werk voor te berei.
Graad 3: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal
2022-07-27’n Rukkie gelede het jy nog op ’n driewiel rondgery. Nou is jy al graad 3 en moet jy oefen vir volgende jaar se eerste Wiskunde-eksamen! Met Lee-Ann West se oefenvraestel is die voorbereiding sommer groot pret. Laai die vraestel en memo gratis hier af.
Graad 11: Fisiese wetenskappe-vraestel en -memo, hersiening
2022-07-19Is jy in graad 11 en wil jy sommer vandag al jou hersieningsrooster vir die nuwe kwartaal lanseer? Krag en beweging is juis sommige van die temas wat in hierdie gratis Fisika-vraestel deur Luize Kroukamp behandel word. Laai vandag nog die vraestel en memo af om jou akademiese jaar met vlieënde vaandels te slaag.
Graad 4: Afrikaans Huistaalvraestel en -memo, derde kwartaal
2022-07-19Het jy die vakansie die Afrika-pikkewyne by Bettiesbaai sien broei? As jy in graad 4 is, kan ’n leesstuk in hierdie gratis oefenvraestel en -memo van Eugene van der Westhuizen jou aan hierdie heerlike seevakansie herinner. Berei voor met die prettige oefenvraestel – en voordat jy jou oë uitvee, is dit weer vakansie!
Graad 8: Wiskundevraestel en -memo, tweede kwartaal
2022-06-22’n Seekat het agt tentakels, maar kan hy Wiskunde doen? Gebruik hierdie gratis vraestel vir graad 8-leerders, opgestel deur Lee-Ann West, om jou Wiskundevaardighede op te skerp.
Graad 6: Afrikaans Huistaalvraestel en -memo, tweede kwartaal
2022-06-15Wil jy hierdie kwartaal goeie punte vir Afrikaans Huistaal kry? Laai die vraestelle en memorandums vir vraestel 1, 2 en 3 vir graad 6-leerders, opgestel deur Eugene van der Westhuizen, gratis hier af.
Graad 8: Wiskundevraestel en -memo, tweede kwartaal
2022-06-15In potspel kan die sink van die 8-bal die spel maak of breek, nes jou Wiskundepunt op jou rapport. Gebruik hierdie gratis vraestel vir graad 8-leerders, opgestel deur Lee-Ann West, en seëvier oor jou volgende Wiskundevraestel.
Graad 9: Wiskundevraestel en -memo, tweede kwartaal
2022-06-14Draai die ratte in jou kop soos jy probeer sin maak van Wiskunde? Hierdie vraestel vir graad 9-leerders deur Lee-Ann West is gratis beskikbaar en kan jou help voorberei vir jou eksamen.
Graad 7: Wiskundevraestel en -memo, tweede kwartaal
2022-06-13Daar is sewe dae in ’n week, maar jy wil sekerlik nie élke dag Wiskunde doen nie? As jy in graad 7 is, gebruik dié gratis vraestel van Wilhelm du Toit om jou werk vinnig onder die knie te kry.

