Graad 4: Afrikaans Huistaal-vraestelle en memo's, eerste kwartaal
2025-03-13Is jy in graad 4 en baie lief vir jou hondjie? In hierdie Afrikaans Huistaal-vraestelle deur Eugene van der Westhuizen kan jy ’n storie lees van iemand wat ook baie lief vir sy hondjie was. Laai die vraestelle en memo’s gratis in PDF-formaat af en oefen vir jou eerste kwartaal se toets. Jy sal nie vir wors in die hondehok hoef te gaan soek nie; jou punte gaan sommer self verbeter as jy jou werk met behulp van die vraestelle inoefen!
Graad 7: Wiskunde-vraestel en memo, oefeninge vir die eerste kwartaal
2025-03-11Is jy in graad 7, hou jy van musiek – maar skryf jy binnekort ’n Wiskundetoets? Wiskunde en musiek kan vriende wees. Mens moet mooi kan tel om mooi musiek te kan maak; 'n toonleer bestaan uit sewe note, net soos die graad waarin jy is, voordat mens by die laaste noot uitkom. Laai die vraestel en memorandum af om voor te berei vir jou Wiskundetoets en dan sal jou punte sommer ook musiek in jou ouers se ore wees.
Graad 6: Wiskunde-vraestel en memo, oefeninge vir die eerste kwartaal
2025-03-07Is jy in graad 6 en skryf jy binnekort ’n Wiskundetoets? Jy sien nie dubbel as jy twee dobbelstene gewaar nie, maar in hierdie gratis oefenvraestel deur Wilhelm du Toit gaan jy wel leer om te verdubbel. Laai die vraestel en memorandum af om voor te berei vir jou toets en dan sal jou punte nie ’n dobbelspel wees nie.
Graad 5: Wiskunde-vraestel en memo, oefeninge vir die eerste kwartaal
2025-03-05Is jy in graad 5 en skryf jy binnekort ’n Wiskundetoets? Hierdie gratis oefenvraestel deur Wilhelm du Toit sal jou help om voor te berei. Dit kan jou help om af te trek en op te tel. Tel daarna ’n stokkielekker op en proe hoe lekker dit smaak as jy hard gewerk het!
Graad 4: Wiskunde-vraestel en memo, oefeninge vir die eerste kwartaal
2025-03-04Is jy in graad 4 en wil jy eerder aan ’n roomys smul as om vir jou eerste Wiskundetoets voor te berei? LitNet kan help – met die voorbereiding vir jou Wiskundetoets. Laai ’n gratis oefenvraestel deur Wilhelm du Toit af, oefen soveel moontlik somme en proe die soete smaak van goeie punte vir hierdie kwartaal se harde werk.
Graad 8: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, eerste kwartaal
2025-02-26Is jy in graad 8 en ken jy "Hop, hop, spinnekop"? Jy sal van vreugde hop as jy hierdie gratis oefenvraestel deur Cecilia Klopper aflaai, voorberei vir jou Afrikaans Huistaal-toets – en goeie punte behaal. (In die vraestel sal jy boonop oor die liedjie ook kan lees.)
Graad 8: Lewenswetenskappe – aanpassings vir oorlewing in die droë Karoo
2025-02-26"Aanpassings maak dit vir organismes makliker om in hul omgewing te oorleef. As hulle nie by ’n veranderende omgewing kan aanpas nie, moet hulle weg trek of uitsterf. Daar is drie maniere waarop organismes aanpas: struktureel, funksioneel en deur middel van gedrag." Hierdie artikel is spesifiek toegespits op die werk wat graad 8’s wat die KABV volg in die skool behandel.
Graad 12: Lewenswetenskappe-vraestel en memorandum, eerste kwartaal
2025-02-24Is jy in matriek en wonder jy of jou gene kan help om te bepaal vir watter beroepsrigting jy aangelê is? Voordat jy verder daaroor nadink, moet jy eers hard werk om goeie punte te behaal. Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Rita Engebrecht af en berei voor vir jou Lewenswetenskappe-vraestel hierdie kwartaal. Daar is voorbeeldvrae wat juis oor DNS handel!
Graad 9: Wiskundevraestel 2 en memorandum, eerste kwartaal
2025-02-20Is jy in graad 9 en skryf jy binnekort nog ’n Wiskundetoets in die eerste kwartaal? Jy sal net so breed soos hierdie emoji glimlag as jy hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld afgelaai en gebruik het en goeie punte vir jou toets behaal. Boonop is hier voorbeeldsomme van positiewe eksponente wat jy kan oefen.
Graad 9: Wiskundevraestel 1 en memorandum, eerste kwartaal
2025-02-18Is jy in graad 9 en skryf jy binnekort ’n Wiskundetoets in die eerste kwartaal? Jy kan hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld aflaai om jou te help voorberei. Die vraestel sal jou onder andere help met geldsomme. As jy goeie punte behaal, sal jy ook besef daar is ’n skat binne jou opgesluit en jy kan vanjaar die Wiskunde bemeester!
Graad 8: Wiskundevraestel 2 en memorandum, eerste kwartaal
2025-02-18Is jy in graad 8 en skryf jy binnekort nog ’n Wiskundetoets in die eerste kwartaal? As jy warm kry, is dit maar net omdat dit somer is. Geen ander rede om van angs te oorverhit nie! Jy kan hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld aflaai om jou te help voorberei. Jou punte sal sommer kook!
Gratis hulp vir leerders, onderwysers en ouers!
2025-02-14Klik hier vir gratis vraestelle en antwoordstelle, van graad 1 tot graad 12, plus nog skakels vir onderwysers, leerders, ouers, navorsers en akademici.
Indeks: notas, toetse en vraestelle
2025-02-13Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.
Wiskunde: Graad 8-vraestel 1 en memo, eerste kwartaal
2025-02-11Is jy vanjaar in die hoërskool en is dit amper tyd vir jou eerste Wiskundetoets? As jy hierdie gratis oefenvraestel en memorandum wat Lee-Ann Langeveld spesiaal vir LitNet opgestel het, aflaai, gaan jy die toets net so baie soos al jou nuwe vriende geniet en boonop goeie punte behaal!
Graad 10: Afrikaans Huistaal, drie vraestelle en memo’s, vierde kwartaal
2024-11-22Is jy in graad 10 en baie ongelukkig omdat jy nog vir jou eksamen moet voorberei? Moenie toelaat dat die werk jou boelie of onderkry nie! In hierdie gratis oefenvraestelle deur Eugene van der Westhuizen is daar onder andere stories wat oor boeliegedrag handel. Dit sal jou egter opbeur, want as jy dit aflaai, gaan jy sommer die werk vir jou allerlaaste Afrikaans Huistaal-vraestelle van die jaar op die punte van jou vingers ken. Sê nee vir boelies en bewapen jou teen enige bullebakvraestelle wat volgende week op jou kan wag!
Graad 11: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo
2024-11-22Is jy in graad 11 en wil jy eerder op jou selfoon rondblaai as om vir die eksamen voor te berei? Moenie soos hierdie bobbejaan wees wat jou foon vasklou nie. Sit dit eenkant en laai hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Cecilia Klopper af. Daar is hoeka ’n visuele teks met ’n bobbejaan en ’n selfoon in hierdie vraestel.
Graad 6: Afrikaans Huistaal-vraestelle en memoranda, vierde kwartaal
2024-11-18Is jy in graad 6 en wil jy baie graag met jou vriende kuier? In Eugene van der Westhuizen se gratis Afrikaans Huistaal-vraestelle is daar stories wat oor vriendskappe handel. Dis ’n goeie plan om dit eers af te laai en vir die eksamen voor te berei – en daarna na hartelus met jou maats te speel.
Graad 7: Wiskunde, kwartaal 4 – vraestel 1 en memorandum
2024-11-15Is jy in graad 7 en verstaan jy nie die verskil tussen algebra en die alfabet nie? Albei het dan so baie a’s, b’s, x’e en y’e! LitNet kan jou help. Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld af en jy sal gou genoeg die verskil tussen die twee kan sien. Boonop sal jy goed vaar in hierdie kwartaal se Wiskunde-eksamen!
Graad 6: Wiskunde, kwartaal 4 – vraestel en memorandum
2024-11-15Is jy in graad 6 en los jy eerder raaisels op as om voor te berei vir jou eksamen? In hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld gaan jy raaisels kan oplos én kan voorberei vir jou Wiskunde-eksamen. Gebruik die vraestel om jou met Wiskunde te help en los enige raaiselagtighede op sodat jy hierdie kwartaal uitstekend sal vaar!
Graad 7: Wiskunde, kwartaal 4 – vraestel 2 en memorandum
2024-11-15Is jy in graad 7 en wil jy net gaan fietsry? Jou ouers sal dit verstaan, want hulle weet dis baie lekkerder om ander dinge in die eksamentyd te doen as om vir jou eksamen voor te berei. Voorstel: Laai hierdie gratis Wiskunde-oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld af en werk eers uit wat die hoeke tussen die verskillende fietsspeke in die betrokke oefensom is. Daarna kan jy vir bietjie afwisseling op jou fiets gaan rondry. Jy sal sommer op koers wees na goeie punte ook!