Notas, toetse en vraestelle

Hierdie inhoud mag nie verkoop of elders gepubliseer word nie.

Graad 7: Wiskundevraestel en -memorandum, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-06-08

Is jy in graad sewe en droom jy daarvan om eendag die wêreld se sewe wonders te sien? Hier op LitNet is daar Geografie-vraestelle waar jy meer hiervan kan leer. Of, van sewe gepraat: berei met sukses voor vir hierdie graad 7-Wiskunde-eksamen deur Lee-Ann West se vraestel gratis hier af te laai.

Graad 12: Begripslees-vraestel, Afrikaans Eerste Addisionele Taal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-06-02

Is jy in matriek en neem jy Afrikaans Eerste Addisionele Taal? Dewald Koen se begripsleesvraestel en –memo sal jou help om voor te berei vir die eksamen. Dit sal boonop jou verbeelding aangryp – heeltemal gratis!

Graad 6: Wiskundevraestel en -memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-05-27

Is jy in graad 6 en kry jy koue rillings as jy die woord "Wiskunde" hoor? Met die vraestel en memo wat Wilhelm du Toit vir LitNet opgestel het, gaan jy die werk maklik onder die knie kry! Dit is gratis hier beskikbaar.

Graad 4: Afrikaans Huistaalvraestel en -memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-05-17

Is jy in graad 4 en hou jy daarvan om see toe te gaan? Mens kan nou al droom van ’n lekker lang strand en om agter jou hond se vier pote aan op die sand te gaan stap. Eers moet jy voorberei vir jou Afrikaans Huistaal-eksamen. Dis sommer groot pret met Eugene van der Westhuizen se vraestel en memo, wat jy gratis hier kan aflaai.

Graad 1: Wiskundevraestel en -memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-05-12

Is jy in graad 1 en is alles van Wiskunde nog vir jou splinternuut? Lee-Ann West se Wiskundevraestelle help dat jy die werk nie soos ’n papegaai uit jou kop hoef te leer nie. Jy kan dit oefen! Gebruik die gratis oefenvraestel en memo om voor te berei vir jou tweede kwartaal-Wiskundetoetse.

Graad 2: Wiskundevraestel en -memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-05-12

Is jy in graad 2 en wil jy vraestelle uitwerk om jou met jou hersiening te help? Lee-Ann West se Wiskundevraestelle maak jou voorbereiding vir Wiskunde so maklik soos om na foto’s van oulike hondjies te kyk. Gebruik die gratis oefenvraestel en memo om voor te berei vir jou tweede kwartaal-Wiskundetoetse.

Graad 3: Wiskundevraestel en -memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-05-12

Is jy in graad 3 en wil jy vraestelle uitwerk om jou met jou hersiening te help? Met Lee-Ann West se Wiskundevraestelle is dit so maklik soos een, twee ... drie. Gebruik die gratis oefenvraestel en memo om voor te berei vir jou tweede kwartaal-Wiskundetoetse.

Graad 11: Wiskundetoets en -memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-05-03

Wat rym met 11? Doen dit self! Moenie wag dat iemand anders vir jou sê om nou al vir volgende jaar voor te berei nie. Kry nou al jou Wiskunde onder die knie. Laai hierdie gratis oefenvraestel en -memo deur Lee-Ann West af en begin vandag jou kwartaalwerk oefen.

Graad 6: Afrikaans Huistaal-vraestel en -memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-04-28

As jy in graad ses is, speel jy nie meer met albasters nie. Tensy jy dalk moet voorberei vir ’n toets. Die ses albasters op hierdie foto wys jou daarop dat jou voorbereiding vir ’n toets wel kinderspeletjies kan wees. Gebruik Eugene van der Westhuizen se vraestel om speel-speel vir jou Afrikaans Huistaal-eksamen te leer.

Graad 9: Wiskundevraestel en -memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-04-20

Is jy in graad 9 en wil jy kyk of jy op datum is met jou tweede kwartaal se werk?  Gebruik Lee-Ann West se vraestel en memo om jou werk te oefen.

Graad 10: Wiskundevraestel en -memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-04-19

Is jy in graad 10 en het jou eerste kwartaal se Wiskunde-eksamen nie na wense verloop nie?  Gebruik Lee-Ann West se vraestel en memo om seker te maak jy verstaan jou werk hierdie kwartaal.

Graad 11: Wiskundevraestel en -memo

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-04-07

Is jy in graad 11 en het jou eerste kwartaal se Wiskunde-eksamen nie na wense verloop nie? Kry nou jou werk onder die knie sodat jy voorbereid na die tweede kwartaal se nuwe inhoud kan kyk. Gebruik Lee-Ann West se vraestel en memo om seker te maak jy verstaan jou werk.

Graad 10: Wiskundevraestel en -memo

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-04-07

Is jy in graad 10 en het jou eerste kwartaal se Wiskunde-eksamen nie na wense verloop nie? Kry nou jou werk onder die knie sodat jy voorbereid na die tweede kwartaal se nuwe inhoud kan kyk. Gebruik Lee-Ann West se vraestel en memo om seker te maak jy verstaan jou werk.

Graad 12: Afrikaans Eerste Addisionele Taal – vraestel en memo

Dewald Koen Notas, toetse en vraestelle 2022-03-31

Is jy in matriek en reeds besig om voor te berei vir volgende kwartaal se werk? Dewald Koen se oefenvraestel en memo kan jou vakansiewerk soos pure ontspanning laat voel. Klik hier om ’n vraestel en memo af te laai.

Afrikaans EAT: wenke vir onderwysers en toetse vir graad 10-leerders

Willene Paulse Notas, toetse en vraestelle 2022-03-24

Willene Paulse, ’n Afrikaans Eerste Addisionele Taal-onderwyseres, het  wenke vir die aanbied van Afrikaans Eerste Addisionele Taal gestuur: "Ons weet dat Afrikaans EAT-leerders baie meer taal-in-konteks-reёls het wat geleer moet word, en dan praat ons nie eers van die uitsonderings op die reёls nie. Wat ook in ag geneem moet word, is dat baie van hierdie leerders Afrikaans net in die Afrikaans-klas hoor."

Graad 5: Afrikaans Huistaalvraestel en -memo, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-03-17

Wat het vyf vingers, maar is nie lewendig nie? Eugene van der Westhuizen se Afrikaans Huistaal-vraestel gaan jou dalk nie help om die raaisel op te los nie, maar as jy in graad 5 is, kan dit jou wel help om jou probleme met Afrikaans op te klaar. Laai ’n LitNet-vraestel gratis hier af.

Afrikaans Eerste Addisionele Taal, graad 12: vraestel en memo

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-03-10

In graad 12 lê jou toekoms soos hierdie dagboek oop voor jou. Dit wag net vir jou om die volgende hoofstuk te skryf. Behaal sukses met die skryf van jou Afrikaans Eerste Addisionele Taal-vraestel. Hier is ’n gratis oefenvraestel en memo deur Dewald Koen om jou met jou voorbereiding te help.

Wiskunde met LitNet, graad 9: ’n video oor eksponentwette

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-03-02

Is jy in graad 9? Hierdie video oor eksponentwette deur Lee-Ann West sal jou help dat jou kennis van Wiskunde eksponensieel toeneem.

Wiskunde met LitNet, graad 8: ’n video oor die maal en deel van negatiewe heelgetalle

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-02-24

Moenie op die kredietkaart koop nie. Anders vermenigvuldig jou skuld. Kyk hierdie YouTube-video op LitNet se kanaal om te hoor hoe Lee-Ann West nog meer voorbeelde van maalsomme ten opsigte negatiewe heelgetalle aan graad 8-leerders verduidelik. Sy verduidelik ook deelsomme hiervan.

Wiskunde met LitNet, graad 8: ’n video oor die optel en aftrek van negatiewe heelgetalle

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-02-24

Dis koud in hierdie woud en dis op die oomblik -38 grade Celsius in die Suidpool. Kyk hierdie YouTube-video op LitNet se kanaal om te hoor hoe Lee-Ann West nog meer voorbeelde van negatiewe heelgetalle aan graad 8-leerders verduidelik.

Top