Seminare en essays
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.
Kaaps: deel van die standaard?
2017-12-01"Met ons gebrek aan gestandaardiseerde taalnorme en -reëls, hoe kan ons akademies voortbou en Kaaps as onderrigtaal in skole implementeer? As ons kyk na die diverse en invloedryke nalatenskap van hierdie simbiotiese taalvariëteit van Afrikaans, behoort ons onsself vir ons nalatigheid teenoor Kaaps te skaam."
Zimbabwe sonder Mugabe: Wat nou?
2017-11-30"Kan ’n Krokodil in byvoorbeeld ’n Krismisboom verander?"
Zimbabwe: ’n oorsig
2017-11-23"Mnangagwa is strydig met die Grondwet in die plek van Mugabe deur Zanu (PF) as president aangestel. Die Grondwet bepaal dat die ander visepresident, Mphoko, as president moes waargeneem het en dat ’n nuwe verkiesing binne 90 dae gehou moes word. Hierdie oortreding van die Grondwet is nie ’n goeie begin vir die nuwe bewind nie."
Die naderende dood van queer-rolprentkuns: die LGBT-films by die Cape Town International Film Market & Festival (CTIFMF)
2017-11-09"Film is maar altyd ’n soort spieël, en die afwesigheid (in meer as een opsig) van queer by die LGBT-films op die CTIFMF – wat in bykans dolleë ouditoriums vertoon is – is nie toevallig nie. Net soos dit ook nie toevallig is dat die beste queerfilm wat op die fees gedraai het se titel Screwed is nie."
Oor Afrikaans en sy veelbesproke voortbestaan: ’n mening
2017-11-08"Natuurlik sal Afrikaans nie uitsterf voordat die laaste spreker daarvan nie gesterf het nie, en solank dit nog nie gebeur het nie, sal variëteite van Afrikaans ook bly voortbestaan."
Johannes Calvyn (II)
2017-11-03"Toe daar oorlog uitbreek tussen Frankryk en Duitsland, was Calvyn verplig om met ’n ompad na Parys terug te keer, en só beland hy toe geheel onbeplan in Genève, waar hy eintlik teen sy wil ingetrek is om die Hervorming daar te lei."
Die akkuraatheid van weervoorspellings
2017-10-31"Weer- en klimaatverskynsels kan onverwags toeslaan en nadelige gevolge vir lewe op die aarde inhou, maar terselfdertyd is dit moeilik om die toekomstige weerpatrone wat verwag word, akkuraat te voorspel. Weerkundiges verkeer dus in ’n moeilike situasie."
Die laaste wals – Hennie Aucamp se keuse uit sy verhaalkuns: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2017-10-25"By my bespreking van die verhale in Die laaste wals gaan ek uit van die Aucamp-oog waardeur ’n personasie binne sy/haar interieur gestalte aanneem en wat van die menslike toestand daaruit spreek binne ’n betrokke verhaal."
Afrikaans: the language of dissent
2017-10-11"The language also bears the imprint of a fierce tradition of anti-imperialism, anti-colonialism, of an all-embracing humanism and anti-apartheid activism."
Die reis gaan inwaarts deur Cas Wepener: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2017-09-22"Die reis gaan inwaarts en Slot van die dag hou met mekaar verband deurdat albei fokus op die temas van dood en doodsbegeleiding by Schoeman. Belangriker nog: albei tekste bevestig watter fenomeen Schoeman in die Afrikaanse letterkunde was en steeds sal bly: ’n meester van die woord, ’n diepsinnige denker, ’n komplekse en fassinerende mens."
Die goddelike komedie. Liefde laat die son en sterre sing deur Cas Vos
2017-09-20"Juis op grond van die metaforiese verbintenis tussen Florence en Aleppo het Dante se La Divina Commedia ’n boeiende relevansie vir die tyd waarin ons leef."
Groen soos die hemel daarbo deur Eben Venter: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2017-09-15"Venter se fyn waarnemingsvermoë is ’n aanslag op die sintuie. Soos ’n goeie reisskrywer slaag hy daarin om die omgewing waarin die karakter hom bevind, telkens deeglik en op amper poëtiese wyse te beskryf."
Die Bergengel deur Carina Stander: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2017-09-14"Met die lees van Carina Stander se Die Bergengel het ek uiteindelik besluit dat ek nou maar gerus kan voel oor die stand van fantasie in Afrikaans. Stander se pragroman is ’n waardevolle bydrae tot nie net die afgeskeepte fantasiegenre nie, maar ook die Afrikaanse letterkunde in sy geheel."
Gesprekke oor Krotoa en nadenke oor kultuurerfenis en -nalatenskap
2017-09-14"Wie besit die intellektuele eiendom van ’n etniese erfenis?"
Johannes Calvyn (I)
2017-09-06"Johannes Calvyn was ’n Franse teoloog en regsgeleerde wat verantwoordelik was vir die Groot Hervorming in die 16de eeu in Europa in die Franse wêreld, en wel in die eerste instansie in Franssprekende Switserland in Genève, soos Martin Luther dit in Duitsland was."
Herdenking van die afskaffing van slawerny
2017-08-17"Groot was my verbasing toe ek hoor dat die nasate van tot-slaaf-gemaakte mense in Nederland (hoofsaaklik van Surinaamse herkoms) die slawehandel en die vrystelling van hul voorouers vir ’n hele maand lank herdenk!"
14 Augustus 2017: Gelyke kanse vs die Universiteit Stellenbosch
2017-08-14"Vir Heunis is dit duidelik dat die nuwe beleid, wat Engels onomwonde as die voertaal van die universiteit stel, daargestel is om Open Stellenbosch te plesier." Izak de Vries lewer verslag oor die eerste dag van die hofaansoek oor die taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch wat in die hooggeregshof in Kaapstad aangehoor word.
Oorspanne verwagtinge en die wantrouedebat van 8 Augustus 2017
2017-08-10"President Jacob Zuma het reeds vir hom ’n plek in die Suid-Afrikaanse geskiedenis staangemaak as die mees omstrede staatshoof sedert 1910 en dit is duidelik dat hy aan sy pos as leier van die regerende party en staatshoof klou sonder dat die ANC as politieke party weet wat om met hom te doen. Die wantrouedebat het daardie punt net weereens bevestig."
Die wêreld van Charlie Oeng: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2017-08-07"Van Heerden bou in hierdie roman met ’n uitnemende verbeeldingskrag, kennis en vernuf ’n wêreld wat vir jou nuwe perspektiewe op ou vraagstukke open. Die wêreld van Charlie Oeng is ’n waardige toevoeging tot ’n gedugte oeuvre."
Op soek na balans: ’n dag by die openbare sittings oor die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg
2017-08-04Op Dinsdag 1 Augustus het belangstellendes en belanghebbendes by die parlementsgebou aangemeld vir die eerste dag van die openbare sittings oor die opspraakwekkende Wysigingswetsontwerp op Outeursreg. Catrina Wessels gee ’n oorsig van die dag se gesprekke.
