Seminare en essays
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.
Daai een dag in April
2017-04-12"Dit dreun deur die strate. Zuma must fall, Zuma must fall, Zuma must fall. Later klink die refrein so gemaklik in jou eie ore dat jy amper begin glo dat dit kan gebeur."
Standpunte oor menslike reproduktiewe kloning: ’n verkenning en samevatting van die literatuur
2017-03-31"Die doel van hierdie artikel is om ’n bondige en ’n ewewigtige oorsig van die beskikbare en tersaaklike literatuur, insluitende standpunte, navorsingsbevindings, argumente en gevolgtrekkings, oor menslike reproduktiewe kloning (MRK) saam te stel, sodat die noodsaaklike narratief oor hierdie uiters relevante onderwerp sinvol en objektief verder gevoer kan word."
Akademici gesels ’n hond uit ’n bos
2017-03-28"Kort voor die Paasnaweek kom ’n groep van sowat 20 navorsers wat op die terrein van mens-dier-studie werksaam is by die Universiteit Stellenbosch byeen om hul jongste navorsingsresultate oor honde in die Suider-Afrikaanse literatuur voor te lê."
Ons kom van vêr: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2017-03-23"Ons weet dat taal, enige lewende taal, aan ’n gedurige verandering onderworpe is; dat dit, om met Bakhtin te praat, in sy wese 'karnavalesk' is, bont en middelpuntvliedend aan die beweeg, sonder te veel bekommernis oor reëls en voorskrifte."
Onvergeetlik, of grensverskuiwend?
2017-03-20"Is ’n onvergeetlike teaterervaring altyd ’n genotvolle ervaring? Is ’n genotvolle teaterervaring altyd ’n onvergeetlike ervaring? Is ’n onvergeetlike teaterervaring altyd ’n grensverskuiwende ervaring? Is ’n grensverskuiwende teatergebeurtenis altyd ’n onvergeetlike ervaring?"
Emily Hobhouse (1860–1926) en haar biograwe: US Woordfees 2017
2017-03-16"Elke generasie stel nuwe vrae en het ander belange; elke biograaf sal daarom vanuit die kennis en ervaring van ‘n bepaalde eie tyd ‘n ander beeld van daardie persoon ontwerp."
Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade en Haatspraak, wat om te verwag
2017-03-14"Haatspraak sluit sonder twyfel ook die gebruik van enige sosiale media, soos Facebook of Twitter, in. Die kommunikasie moet egter ’n bepaalde karakter toon: óf dit moet haat teenoor die slagoffer aanwakker, óf dit moet afdreigend, afbrekend of beledigend teenoor die slagoffer wees."
Oh wide and sad land: Adam Small vertaal NP Van Wyk Louw
2017-03-09"In 1975 verskyn Adam Small se vertalings van ’n keur uit NP Van Wyk Louw se gedigte as Oh wide and sad land. Dit is nog steeds die omvattendste versameling gepubliseerde vertalings uit Louw se oeuvre."
Moet ons bang wees vir vals nuus?
2017-03-07"In die sogenaamde postwaarheid era sal goeie joernalistiek steeds feite as heilig moet beskou om uit te styg bo die droesem van vals nuus. Maar feite alleen is nie genoeg nie. Net die waarheid, en niks minder as die waarheid nie, sal deug."
LitNet Akademies-resensie-essay: Kaaps in fokus
2017-03-01"Kaaps in fokus gaan ten slotte oor mense, want '[d]ie soppangheid van Kaaps is in die laaste instansie nie net ’n linguistiese kwessie nie, maar wesenlik een van die waardigheid van alle sprekers van Afrikaans' (Willemse, 81). En dit is juis hierdie kenmerk van Kaaps in fokus wat dit so ’n tydige en relevante publikasie maak."
Emily Hobhouse: Onthou ons steeds net die “Madonna”?
2017-02-09“Die dag toe ek, soos ‘n snuffelhond, die spoor van Emily Hobhouse geneem het, was die ellende van die Anglo-Boereoorlog juis nié my fokus nie.”
LitNet Akademies-resensie-essay: Broedertwis deur Albert Blake
2017-01-25"Broedertwis word gekenmerk deur die helder betoog wat Blake uit ’n magdom gegewens opbou, sonder om ooit sy hooftema uit die oog te verloor: die konflik tussen Christiaan de Wet en sy jonger broer, Piet de Wet, tydens die Anglo-Boereoorlog wat hulle vervreemding veroorsaak het en nie ná die oorlog tot versoening gelei het nie."
Heinrich Schliemann, opgrawer van Troje en Mukene
2017-01-23"Die verhaal van Heinrich Schliemann se ontdekking van Homerus se Troje waar die Trojaanse Oorlog hom afgespeel het in die 12de eeu vC (tradisioneel 1193 tot 1184 vC), lees soos ’n roman."
Stephanus Muller, intreerede as nuwe professor in Musiek, Universiteit Stellenbosch, gelewer op 10 Mei 2016
2017-01-12"Openings is ingrypings.
Openings wat van buite af geskied, skeur oop.
Openings beteken opskaal.
Openings is broos."
Op soek na Richardsbaai
2016-12-12"Met ’n enkelpad wat deur golwende heuwels vol suikerrietlanderye en tropiese vrugteboorde kronkel is ons uiteindelik in die groen landskap waarna ek so verlang het."
Die NG Kerk se U-draai oor die Rubicon
2016-11-22Jean Oosthuizen gee ’n oorsig van die NG Kerk se sinodebesluite oor die gaykwessie en deel sy gevolgtrekking.
LitNet Akademies-resensie-essay: Vlam in die sneeu, die liefdesbriewe van André P Brink en Ingrid Jonker, redakteur Francis Galloway
2016-11-21"Al hierdie faktore dra by tot die literêre rykheid van die versameling. As die leser die briewe lees sonder die konteks van die hopelose realiteit daarvan, word die briewe wel ook ’n letterkundige werk uit eie reg."
A Tribe Called Quest’s first studio album since 1998 and the potency of conscious hip hop
2016-11-15"The most important hip hop album of 2016 – and one of the biggest releases of the year – dropped in the same week Republican Donald Trump stunned the world with a surprise presidential victory over Democratic rival Hillary Clinton."
Afrikaans vandag en môre
2016-11-08"Ek het baie positiewe goed om oor Afrikaans te sê, ek is net nie oortuig dat die toekoms in die amptelikheid van Afrikaans lê nie!"
Jonk en trots Afrikaans
2016-11-03"Afrikaanse studente en hoërskoolleerders is baie minder bekommerd oor die toekoms van die taal as die ouer geslag."
