Seminare en essays
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.
Op weg na die volheid van die Afrikaanse taal
2019-08-28"Afrikaans is gevorm in die monde van al diegene wat aan die Kaap en in die binneland gebly het. Dit is in hierdie kreooltaal dat ons die oorblyfsels van die slawe se vreemde tale hoor, en die spore van hul ervarings."
kykNET Silwerskermfees 2019: Wat’s in die spieël? Dagboek van ’n filmfees
2019-08-26"Wat is in die spieël? Dink ons krities genoeg oor die keuses wat óns maak in die lig van Bass se keuse en protes? Kan ons in solidariteit met Bass staan oor die objektivering van die vroulike liggaam, terwyl ons die omstredenheid terselfdertyd sien as ’n geleentheid om ’n gesprek oop te maak en krities te dink oor die objektiverings waaraan ons self daagliks skuldig is?"
kykNET Silwerskermfees 2019: Leon van Nierop se indrukke
2019-08-26"Die fees is verby. Tone is nie net in koue water gedruk nie, maar karakters en filmmakers het sommer kaalbas aan die diep kant ingespring."
Mercy Kannemeyer skryf oor Azille Coetzee se In my vel
2019-08-23Mercy Kannemeyer het onlangs met Azille Coetzee oor haar debuut In my vel gesels. Mercy skryf oor dié insiggewende gesprek.
Waarom kunsmuseums of waarom hoegenaamd kuns?
2019-08-23"In die museumkafee waar die gesprek plaasvind, is ’n groot klipmuur met San-rotskunsfigure daarop. ... As die mens tóé al nie sonder kuns kon leef nie, hoe sal die mens vorentoe daarsonder kan leef?"
Gelyke Kanse: Afrikaans, die sondebok
2019-08-15"Miskien het ons nog nie genoeg gedink oor die perverse kinkel wat sondebokkery in ’n koloniale samelewing soos ons s’n kry nie. Een, twee, drie, vier staan hulle in ’n ry: die rooi gevaar, die swart gevaar, die regse gevaar ... en Afrikaans. Op hierdie nimmereindigende zombie-banket kom sit ons altyd weer aan vir nog ’n gemarineerde, diepgebraaide stukkie van die sterwende droom om in hierdie land 'ons' te kan sê."
LitNet Akademies-resensie-essay: Koshuis en Hostel
2019-08-15"Selde die laaste tyd het ’n essay my geraak soos die opsommende een deur Enrico Pedro voor in die boek Hostel, saamgestel deur Hein Willemse en William Murray. Dit het ’n ongemaklike vraag geskep: In al die jare na die seminale Junie-opstande onder swart skoliere wat in Soweto begin het, het ek, en waarskynlik baie ander mense, die UWK se bydrae as ’n randverskynsel gesien."
Die effek van alkohol op die liggaam
2019-08-14"In die lig van die onlangse geval waar ’n Matie-student dood is nadat hy geaspireer het, kyk hierdie artikel generies na wat alkohol aan die liggaam doen."
In my vel deur Azille Coetzee: ’n skrywer wat haarself blootlê sodat ons onsself kan sien
2019-08-14"Hierdie is ’n grondverskuiwende boek. Dit is slim. Dit is vlymskerp. Dit is uitstekend geskryf. Dit is ’n dapper skrywer wat haarself so blootlê, en wat haar eie verhaal gebruik om ons te laat besin."
Vrouedag 2019: Waarom al die protes?
2019-08-08“Net diegene wat die skoen dra, weet waar dit druk.” Dit was een van die leuses van die Stemreg vir Vroue-beweging, maar in werklikheid ’n onderbeklemtoning van wat vroue probeer oordra het oor hoe hulle lewe regeer is, skaars 100 jaar gelede, skryf Elsabé Brits op die vooraand van Vrouedag.
Leon de Kock se André P Brink en die spel van liefde: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2019-07-18"’n Kwesbare, magtelose en worstelende man kom tot gestalte, teenoor die reeds bekende beeld van die 'groot' en briljante skrywer en ewige Don Juan."
Die ope arms van die wagtende vader
2019-07-17In ’n onlangse LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)-artikel word geskryf oor die uitbeelding van Jesus volgens die Evangelie van Judas. Hier skryf Lina Spies oor nog ’n Bybelse uitbeelding, naamlik dié van die verlore seun. Sy doen dit aan die hand van ’n kortverhaal van Hennie Aucamp.
Die verset van voegsel -ss- in ’n Vlag aan die tong
2019-07-15"Dit is maklik om te vergeet dat taal, in dié geval Standaardafrikaans, ook ’n magsinstrument is en as sodanig gebruik word."
Suid-Afrikaanse skole so onveilig soos Suid-Afrikaanse strate
2019-07-09"Suid-Afrika verdien ’n beter onderwyssisteem!"
Japie Helpmekaar-gedenklesing: opbouende aktivisme broodnodig
2019-07-02"Wie van ons jong mense is vandag bereid om, soos die vele leiers, denkers en aktiviste van ouds, die misbruik van mag in Suid-Afrika te troef?"
’n Ongedoofde lamp: Die dagboek van Anne Frank
2019-07-02"Die aandag aan haar dagboek in die Afrikaanse media by die herdenking van wat haar 90ste verjaarsdag sou gewees het, bevestig vir my dat Anne Frank se dagboek ’n lamp is wat nie gedoof kan word nie, omdat die pit nie uitbrand nie. Dit gooi sy lig wyd en ver."
Behind the Fifth Wall
2019-06-27"To compare this scenario, where songs were routinely banned, musicians harassed and/or locked up, and parties and gigs teargassed, with the rock scene of today is like comparing porcupines with export grapes. It’s not only impossible; it’s simply not useful."
Hongkong se gees trek saam
2019-06-26"As die nuwe wet aanvaar word, verduidelik Ng Ngoi-yee, kan enigiemand wat in Hongkong woon, besoek, besigheid doen of op ’n aansluitingsvlug wag, aan die Chinese vasteland uitgelewer word."
Zeús, Oppergod van die antieke Griekse panteon, en die rare boodskap wat hy vir ons vandag nog inhou: deel 4
2019-06-25"Zeús was volgens Homerus (Hómêros) die “Vader van die gode en mense”. Zeús word egter nêrens voorgestel as (’n/die) Skepper nie. Na sy eie arbitrêre keuse het Zeús goed én kwaad vir die sterflike mens uitgedeel. Zeús was sy eie soewereine norm wat die mens nie straffeloos durf naboots het nie."
Leonardo da Vinci – veelsydige genie
2019-06-25"Historici beskou hom as die prototipe van die universele genie en die 'Renaissance-mens', ’n individu van onblusbare nuuskierigheid met ’n vindingryke verbeelding, een van die mees veelsydige en talentvolle mense wat ooit geleef het, ’n vernuftige ingenieur en uitvinder – wat die Nederlanders noem ’n 'vernufteling'."
