Seminare en essays
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor Israel se gewelddadige nihilisme – van Gaza tot Iran
2025-06-27"Die behoefte wat die staat Israel (7 miljoen van sy bevolking wat Joods is) het om oorlog te maak teen Iran (bevolking 90 miljoen), is verbasend. As ons egter die hipotese van die nihilisme aanvaar, vind ons ’n element van die verklaring."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: "Die Aristoteles van ons tyd": Oor Alasdair MacIntyre
2025-06-24"Dit is nie aldag dat dit van ’n filosoof gesê kan word dat hy of sy die gang van die denke verander het nie. Een filosoof van wie dit werklik gesê kan word, is Alasdair MacIntyre, wat op 21 Mei in die ouderdom van 96 oorlede is."
Die verlofparadoks
2025-06-10"Werknemers wat jaarliks betaalde verlof neem, kom dikwels voor die volgende dilemma te staan: Moet ek heeltemal afskakel, ontkoppel, voluit vakansie hou, vergeet van alle werksverpligtinge en die kantoordinamika, of het ek ’n moreel-etiese verantwoordelikheid om op hoogte te bly van die voortgaande werksaktiwiteite? Kan verdeelde aandag nie moontlik problematies wees nie?"
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: "Reflections" deur Jacobus Kloppers – proloog, variasies en epiloog op ’n Afrikaanse volksliedjie
2025-06-06Hierdie video-opname van ’n gespreksgeleentheid wat onlangs in die Naval Hill Planetarium in Bloemfontein plaasgevind het, is een van die gereelde Johann Rossouw-gespreksreeks-bydraes op LitNet. Die eietydse Afrikaanse komponis Jacobus Kloppers het kort ná die politieke oorgang ’n baie treffende, komplekse stuk vir soloklavier gekomponeer, genaamd "Reflections". Dit is in wese ’n musikale terugblik op die hoogte- en laagtepunte van die Afrikanergeskiedenis, met ’n uiteindelik hoop op versoening en herstel van historiese trauma. Hier is die volledige video.
A movie festival, visits to the USA, Afrikaner refugees and Donald Trump
2025-05-30"Americans are much more old-fashioned than the chattering classes overseas realise. They are enormously hospitable and charming, and very courteous to one another in real life. In general, almost everyone I spoke to seemed pretty calm about Trump, and hardly ever mentioned his name, preferring instead to talk about 'the president' if it came up at all, in the context of where they stood as Republicans or Democrats."
Afrikaans: ’n SWOT-ontleding
2025-05-29"Die eenvoudigste aanduider van Afrikaans se lewenskragtigheid is hoeveel Afrikaanssprekers daar steeds is. Hulle vorm ook, straks naas Engels, die mees diverse groep in die land: Meer as sewe miljoen moedertaalsprekers en daarnaas duisende mense wat die taal kan verstaan en praat is nie te versmaai nie."
"In die gront van die wint" – dagboekaantekeninge oor ses dae met die Boere van Patagonië
2025-05-23"Is dít waarna ek al vir jare uitsien? Hierdie plek? ... Dit was die begin van ses dae by die Boere-gemeenskap van Patagonië – ’n droom wat ek al dekades koester, in die kiem gesmoor deur Covid in 2021 – gewapen met dekades se koerantuitknipsels en ander leesstof."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor Trump en Ramaphosa
2025-05-22"Al wat ons ná gister wel kan sê, is dat die wêreld nou weet wat ons lankal weet: dat die ANC as regering misluk het; dat hier onaanvaarbare misdaad, haatpolitiek, armoede en bedreiging van eiendomsreg in Suid-Afrika is; en dat gewone Suid-Afrikaners gematigde mense is wat reeds saamwerk om ’n beter toekoms in ons geliefde land te skep."
Om Gertjie se beautiful woorde in Beaufort-Wes daar te laat
2025-05-21"Sy doelbewuste posisionering as randfiguur in die Afrikaanse industrie dien ons blykbaar nie en vir die ons-is-nie-almal-so-nie clan is dit moeilik om met ’n afwesige profeet tevrede te wees."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Onderhoud met Laurent Devèze oor die ontstaan en era van die Franse Instituut van Suid-Afrika 30 jaar gelede
2025-04-30Laurent Devèze, stigtingsdirekteur van die Institut français d’Afrique du Sud (Franse Instituut van Suid-Afrika) aan Johann Rossouw: "Al die groot vraagstukke van ons era, Johann, kom in jou land voor."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Gesprek met Jo Prins en Francois Bekker oor Johann en Jo se geestelike reise
2025-04-17Zen? Boeddhisties? Christelik? In hierdie videogesprek praat Francois Bekker met Johann Rossouw en Jo Prins oor hul onderskeie en uiteenlopende geestelike reise.
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: onderhoud met Ullrich Kleinhempel oor die Indiese en Neoplatoniese bronne van die Ortodokse stilgebed
2025-04-11In hierdie videogesprek praat Johann Rossouw en Ullrich Kleinhempl oor Ullrich se navorsing.
’n Blik op Pretoria FM se pad na die middelmoot
2025-04-02"Waar die ou Radio Pretoria ingebed was in ’n Boere-Afrikaner-versetkultuur, was dit nou ’n vennoot van Solidariteit – verset wanneer nodig, maar immer bouend aan ’n selfstandige gemeenskap."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Zirk van den Berg se Landuit want jy wil mos – oor gemeenskap, ontheemding en tuiste
2025-03-14"Vir Afrikaners van ons geslag bly die nasleep van die vorige politieke bedeling dat ons in ons eie land gekonfronteer word met die vraag of ons moet bly en of ons moet gaan. Weens die abnormale normaliteit van ons jeug, wil-wil ek dink dat dit abnormaal is dat énige mens voor so ’n keuse te staan moet kom."
LitNet Akademies Weerdink: Die munisipale afgrond en 2026-scenario’s
2025-03-07"Ratings Afrika, ’n firma wat onder meer munisipaliteite se finansies ontleed, waarsku al sedert ten minste 2022 dat plaaslike regering op die rand van ’n afgrond is."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Van idealisme na realisme – hoe die Trump-omwenteling verstaan kan word
2025-03-07"Niks het in die onlangse verlede, selfs in die onlangse weke, die verdeling tussen die idealistiese idealiste en die realistiese idealiste aangedui soos die twee groeperinge se uiteenlopende reaksies op die aanvang van die Trump-administrasie nie. Vir eersgenoemde is dit ’n ramp, vir laasgenoemde ’n nuwe era."
Afrikaans en inklusiwiteit: ’n herposisionering van die taal binne bruin middelklasgemeenskappe gebaseer op empiriese navorsing
2025-03-06"Die studie toon dat Afrikaans se oorlewing en uitbreiding afhanklik is van ’n doelbewuste narratiefverskuiwing en die skep van ruimtes waar Afrikaans ’n positiewe, verenigende krag kan wees."
Afrikaans se nuwe grense: Ingrid Jones se visie by die 21ste Johan Combrink-gedenklesing
2025-03-03Ingrid Jones het by hierdie jaarlikse VVA-geleentheid opgetree: "Wanneer sy oor Afrikaans en sy toekoms gesels, is dit met haar kenmerkende eerlikheid, passie en ’n tikkie humor. Vir haar is Afrikaans nie net ’n taal nie; dit is ’n storie, ’n identiteit, en ’n lewende, asemrowende entiteit wat aanhou ontwikkel, ongeag die uitdagings wat dit in die gesig staar."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor Novak Djokovic, moderne tennis en eer
2025-03-03"Omdat die tradisionele etos van tennis so sentraal tot die moderne spel is, en omdat dit dié moderne sportsoort is waarin ons die blywende waarde van die tradisionele etos openlik mag erken en vier, takseer ons die spelers eweseer op hulle spel as op hulle gedrag."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Charles Villet oor geweld en die postkoloniale in Suid-Afrika
2025-02-21In hierdie aflewering van die Johann Rossouw-gespreksreeks praat Charles Villet met Johann Rossouw oor die postkoloniale in Suid-Afrika. Hier is die video-opname.