Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings. Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.
Gustaf Pienaar2013-01-03"Deesdae word dispute van hierdie aard betreklik maklik deur weefseltoetse opgelos, op voorwaarde dat al die betrokke partye hul samewerking sal verleen. Maar weefseltoetse het nie in hierdie saak ter sprake gekom nie, want miskien was die twee mans bang dat weefseltoetse juis sou bewys dat een van hulle nié die pa van die kind is nie."
Henry Cloete2013-01-03"Ek probeer nie aandui dat lojaliteit in sigself ’n slegte ding is nie. Ek meen bloot daar moet versigtig daarmee omgegaan word."
Gustaf Pienaar2012-12-14"Damane en sy span was nou in die moeilikheid. Die bestuurder van die Chev-lykswa was nie bewus van die drama met die Cadillac agter hom nie en het vooruit gery. Daar was nou ’n wesenlike moontlikheid dat die lykswa by die begraafplaas sou aankom minus die begrafnisondernemer."
Jason Lloyd2012-12-11"Vir duisende arm en werklose swartes en bruines bied fracking miskien die kans om uit hul haglike Karoo-omstandighede uit te styg. Reeds daarom pleit hulle dat fracking ten minste ’n kans gegee moet word."
Gustaf Pienaar2012-12-10Die Kersgety is met ons en hierdie week skryf Gustaf Pienaar oor iemand wat onder die invloed gestoot het. En, soos wat dit met 'n gestoot gaan, het dit hierdie man in die moeilikheid laat beland.
Jason Lloyd2012-11-30"Dit is hoog tyd dat Suid-Afrika ’n loflied vir alle plaaswerkers moet sing: vir hul onbaatsugtige diens aan die land. Omdat hulle selde kla en nooit maklik tou opgooi nie, slegte werksomstandighede ten spyt. Ware landbouers is hulle beslis."
Gustaf Pienaar2012-11-28"Toe was hy so dapper soos 'n leeu. Hy het die oulike waardinnetjie nadergeroep, en - soos in die rolprente – gefluister: "Miss, this is a hijack." Sy het kalmpies geantwoord "Rêrig?" waarop hy gevra het of sy weet wat 'n skaking is. Toe sy bevestigend antwoord, het hy haar opdrag gegee om die kaptein te loop sê dat hy na Lourenço Marques (deesdae Maputo) moes vlieg, anders sou hy - dis nou Jeffers - nie vir die gevolge verantwoordelik wees nie."
Henry Cloete2012-11-21"Die bladsye beef tussen Thomas se vingers. Bye. Byekorwe. Heuning, die teengif. Swerms. Iets steek in die by wat die aanduiding is."
Gustaf Pienaar2012-11-21In hierdie rubriek skryf advokaat Gustaf Pienaar oor hofsake wat hierdie betrokke week in die nuus was. Die jaartal maak nie saak nie. Hierdie almanak is ’n tydmasjien wat heen en weer deur die regsgeskiedenis wip.
Jason Lloyd2012-11-19"Is dit veilig en regverdig om te vra hoekom invloedryke posisies in die DA vir wittes en die seremoniële posisies sonder invloed vir gekleurdes gereserveer word?"
Henry Cloete2012-11-12"Hoeveel woorde in 'Sit dit af' sou verander moes word om dit relevant vir vandag te maak? Baie min, sou ek dink; basies net die name van PW en Pik na Zuma en ... Kgalema?"
Gustaf Pienaar2012-11-12"Broodryk is in hegtenis geneem en aangekla van besit van ongeslypte diamante. Hy het onskuldig gepleit en aan die einde van die staatsaak het sy advokaat aansoek gedoen om sy ontslag – glo omdat daar nooit bewys is dat hy in besit van die diamante gevind is nie."
Jason Lloyd2012-11-05"Wat is ’n man sonder ’n das? Dit is die vraag wat onwillekeurig by my opgekom het nadat ek die boek Eindstryd deur die filosoof Willie Esterhuyse gelees het. Dié boek is die verhaal van hoogs geheime ontmoetings tussen verbanne ANC-leiers en ’n paar uitgesoekte Afrikaners gedurende die jare tagtig."
Gustaf Pienaar2012-11-05"Op ’n dag in 1959 het ’n Thames-vragmotor wat aan Resisto Dairy, ’n melkery in die Kaap, behoort het, êrens op ’n openbare pad gery toe die dieselbrandstoftenk losbreek."
Gustaf Pienaar2012-10-31"Regter Mouton van die hooggeregshof in Windhoek moes beslis of Stellmacher aan ’n geestesgebrek of ’n geestesongesteldheid gely het, wat sou beteken dat hy ontoerekeningsvatbaar was en ... waarskynlik vir die res van sy lewe ’n staatspresidentspasiënt in ’n inrigting vir sielsiekes sou wees."
Henry Cloete2012-10-25"Daar's ’n paar opvattings daaroor wat my irriteer. Eerstens dat die "Fatty Boom Boom"-lied na Gaga se onlangse gewigtoename verwys."
Gustaf Pienaar2012-10-23"Verdere bloedtoetse wat ook op húlle uitgevoer is, het getoon dat die twee seuntjies kort na geboorte in die hospitaal omgeruil is. Gavin was nie mej Clinton-Parker se natuurlike kind nie; haar kind was Robyn. En omgekeerd: Robyn se natuurlike ma was nie mej Dawkins nie, maar mej Clinton-Parker."