Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings. Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.
Gustaf Pienaar2012-07-27"Op 24 Julie 1964 – dis ook al 48 jaar gelede – het John Harris ’n koffer in die hoofsaal van die toe nog nuwe Johannesburgse spoorwegstasie geplaas. Op die koffer was daar ’n nota met dié boodskap - nogal in Afrikaans: "Terug in tien minute". Binne-in was daar ’n bom bestaande uit, onder meer, agt dinamietkerse en ongeveer tien liter petrol."
Gustaf Pienaar2012-07-11"In die meeste gevalle waar mense in ons howe van strafbare manslag aangekla word, is dit omdat hulle iets positief gedóén het wat hul in die moeilikheid laat beland het ... In Russel se geval is hy egter nie daarvan aangekla dat hy iets positiefs gedóénhet nie; hy het juis versúim om iets positief te doen, naamlik om vir Mostert te sê dat die krag intussen aangeskakel is."
Jason Lloyd2012-07-11"So sal Maria altyd die skoonmaker wees en Aggie word altyd deur Paula geboelie en tot haar nie-amptelike persoonlike assistent gereduseer." Jason Lloyd spoel sy mond uit oor 7de Laan.
Gustaf Pienaar2012-07-05In die week waartydens sy haar verjaardag sou gevier het, skryf Gustaf Pienaar oor die vrou wat tot vandag toe Suid-Afrikaners se verbeelding aangryp.
George Claassen2012-06-29"Dit het tyd geword om bewese en beproefde wetenskaplike kennis weer sy regmatige plek in die Suid-Afrikaanse samelewing te gee."
Jason Lloyd2012-06-25"Ongetwyfeld herinner die 'reguit hare versus kroeshare'-issue ’n mens aan die potloodtoets – hoe dit deur die apartheidsregering gebruik – of misbruik (?) was – om ’n persoon se ras te bepaal. Dit is reeds hierdie letsels wat nog vandag voortleef dat mense aan hul hare geken word."
Jason Lloyd2012-06-22"Die Sondag terug Kaapstad toe was roosterbrood, skaapnek, soetpatat en stampmielies vir my ingepak. Op pad, nog voordat ons die lughawe bereik het, was die kosblikke leeg."
Deborah Steinmair, Naomi Meyer2012-06-13Naomi Meyer gesels met Deborah Steinmair oor al haar babas: die tamagotchi wat SêNet vir haar was, haar vlees-en-bloed-kinders, Maud en die poppe van die poppekas.
Jason Lloyd2012-05-07"Die boksgeveg op die teerpad tussen twee slange net voor De Rust het die nare gedagte weer laat opvlam. Ek kon nie mooi sien watter tipe dit was nie. Miskien was dit Kaapse kobras, geelslange, pofadders, rinkhalse?"