Rubrieke
Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.
Wat sê Bettina? Hoekom is Sport, Kuns en Kultuur so ’n kopseer onder Gayton McKenzie?
2026-01-30"Die meeste lesers behoort teen hierdie tyd bewus te wees van die kansellasie van Gabrielle Goliath se installasie, Elegy, aan die Venice Biennale. Elegy sou Suid-Afrika se inskrywing wees, nadat dit eenparig verkies is deur Art Periodic, ’n organisasie aangewys deur die departement om die keurproses te hanteer."
Agterstories: Verbeelde vooruitgang
2026-01-30"’n Kritiese blik op verlede en hede bly noodsaaklik, dit hou ’n samelewing eerlik oor mislukkings, maar kulturele verbeelding het óók ’n rol: om die horison van moontlikhede oop te stoot en hoop te legitimeer."
Springmielies: Die Kirks – die donker narratiewe van samesweringsteorieë
2026-01-27"Ek het geen affiniteit of vooroordeel jeens die Kirks nie, maar wat my interesseer, is die narratief van donkerwordende conspiracy theories wat waarskynlik ’n weerspieëling van die zeitgeist is waarin ons leef – en die skadu wat oor Amerikaanse politiek en globale wêreldgebeure hang."
Wat sê Bettina? Trump teen die EU – is Groenland se kool die sous werd?
2026-01-21"Groenland is nominaal onder Deense beheer, alhoewel hulle onafhanklik is en selfbeskikking toepas. Enige aanval teen Groenland moet outomaties ook as ’n aanval teen Denemarke gesien word. Denemarke is een van Amerika se grootste bondgenote en het met elke oorlog sedert die Tweede Wêreldoorlog sy aan sy met Amerika geveg."
Dinkskrum: Intellektuele intimiteit in moderne tye
2026-01-14"Die kernprobleem is nie dat mense bloot 'te sensitief' is nie, of dat intelligente mense onder die aanval is nie, maar dat openbare en private gesprekke toenemend deur vrees gevorm word – vrees vir aanstoot, teenreaksie, waninterpretasie en sosiale straf. Hierdie vrees ondermyn intellektuele intimiteit deur nuuskierigheid, meningsverskil en diepte te ontmoedig."
Wat sê Bettina? Watersekuriteit in 2026
2026-01-12"In 2018 kon Dag Zero vermy word, omdat daar grootskaalse inkoop in waterdissipline was. Ons sal vanjaar dieselfde moet doen as ons hoop om strenger waterbeperkings, of nog erger, leë krane te vermy."
Op dees aarde: SKAO in die Karoo bereik eerste mylpaal
2026-01-09"Die afgelope twee jaar is die eerste sewe antennas van die SKA-Mid, soos dié teleskoop op die terrein bekend staan, sowat 90 km buite Carnarvon opgerig. SKA-Mid verwys na die middelfrekwensieradiogolwe wat dit van die heelal kan opspoor."
Wat sê Bettina? Trump as Venezuela se bevryder?
2026-01-05"Indien daar nie baie binnekort op beslissende wyse opgetree word teen Amerikaanse ingrepe in Venezuela nie, kan ons ons gereedmaak vir ’n nuwe era van imperialistiese ingrepe in verskeie wêrelddele."
Springmielies: Deus in Machina – my selfoon spioeneer op my
2025-12-18"’n Vriendin sê nou die dag vir my sy wil nou nie paranoïes klink nie, maar haar selfoon weet alles van haar af. Want, vertel sy my, haar foon hoor en sien alles wat sy doen. En: Die foon verstaan selfs Afrikaans ... Inderdaad: Dit is alles so, en mens noem die verskynsel omgewingsintelligensie (ambient intelligence of AML)."
Agterstories: Ou nuus kry nuwe baadjie
2025-12-18"Sodra koerante data word, kan mens bekende vrae skielik met veel fyner instrumente beantwoord. … Hoe het berigte oor rasse-onluste oor streke heen versprei? Wanneer het die gesprek oor werkloosheid skielik toegeneem? Hoe vinnig het stories oor nuwe tegnologie, soos die telefoon, die motor, of die rekenaar, van die kusstreke na die binneland beweeg?"
Wat sê Bettina? Hoe beïnvloed Steenhuisen se persoonlike finansies die DA?
2025-11-24"Daar is geen bewyse dat Steenhuisen korrupsie gepleeg het nie, maar die bestuur van sy persoonlike finansies laat vraagtekens ontstaan oor sy bestuur van die party."
Op dees aarde: Die land is hul woning nie
2025-11-20"In Suid-Afrika het 35,5% van alle vroue van 18 jaar of ouer al fisieke en/of seksuele geweld in hulle lewe ervaar. 42% van kinders het een of ander vorm van mishandeling – seksuele, fisieke, emosionele mishandeling of verwaarlosing – ervaar deur ’n volwassene wat veronderstel was om vir hulle te sorg. Dalk weet jy dit en gee ’n diep sug. Dis net syfers. Maar kom ons kyk ’n bietjie dieper na dit waaraan ons al 'gewoond geraak het'. Daardie 35,5% vroue is soveel: 7 847 438."
Wat sê Bettina? Die stand van sake in Wes-Kaapse staatshospitale
2025-11-19"Die oorweldigende indruk waarmee ek wegstap van die hospitale? As die Nasionale Gesondheidsorg-wetgewing nie werk nie, kan die skuld nie aan die deur van personeel op voetsoolvlak gelê word nie. Hulle werk hard."
Springmielies: Die opgaarversteuring – wanneer jy níks kan weggooi nie
2025-11-18"Die verskil tussen iemand wat tydelik lui is en nie sy rommel opruim nie, en dié wat aan opgaarversteuring ly, lê in die vrees om enige iets, ongeag die waarde daarvan, weg te gooi. Opgaarders 'rou' oor die weggooi van dinge, ook rommel. Dit lei tot die oormatige opeenhoping van onder meer gemors, wat die uitgange van kamers en leefruimtes blokkeer en dié mense se daaglikse funksionering benadeel."
Dinkskrum: Passie behoort meer te tel as kwalifikasies, ervaring en vaardighede in die aanstelling van kabinetministers
2025-11-14"Die onlangse kabinetskommeling deur president Cyril Ramaphosa wat geïnisieer is deur die Demokratiese Alliansie se leier John Steenhuisen, of liewer dié party se Federale Uitvoerende Komitee, maak nie vir my sin nie, omdat dit nie gedryf is deur die onderskeie ministers se passie vir hul ministeriële posisies nie."
Agterstories: ’n Troon vir almal
2025-11-14"Sowat twee uit elke vyf mense leef steeds sonder veilige sanitasie, met die gevolg dat kindersterftes steeds drasties van land tot land verskil. Juis daarom stel die World Toilet Organisation op 19 November 2001 World Toilet Day in – om toilette te vier en bewusmaking te skep van die miljoene mense wat nog altyd sonder veilige rioolstelsels leef. Om te verstaan hoekom sanitasie só ’n verskil maak, moet ons kyk hoe mense deur die eeue hul afval bestuur en wat gebeur wanneer hulle dit regkry."
Toorkombuis: Brand dit skoon – gnocchi met geskroeide botter en salie
2025-11-14"Die krui self het soveel gesondheidsvoordele en jy kan so ’n ekstra paar jaar by jou leeftyd voeg deur dit mildelik in jou kos te gebruik. Een van my gunstelingmaniere om salie te 'brand' is in geskroeide botter oor sagte gnocchi-kussinkies."
Skermgreep: Frankenstein – ’n resensie
2025-11-12"Frankenstein in Guillermo del Toro se veilige hande is ongetwyfeld die mees sorgsame en briljante weergawe van Mary Shelley se onsterflike roman van meer as 200 jaar gelede."
Agterstories: Die bababoete: gelykheid het sy prys
2025-10-23"Ek noem dit sommer die bababoete – die ekonomiese prys van ouerskap."
Springmielies: Die entrepreneurskap van werkloses
2025-10-21"Wat is die lewensiklus van weggooigoed? Die reïnkarnasie van rommel? Ek het onlangs twee vullisverwerkers sien baklei oor ’n betrokke straat se afval en wie se grondgebied dit is. Dit is nie vuurwapens, geld of dwelms waarmee daar gehandel word nie – dit is herwinbare rommel. En dít bied ’n tragiese blik op ons land se wankelende ekonomie."
