Lirieke

Hier’s splinternuwe lirieke - soos lirieke vir Sing ’it, LitNet se liriekkompetisie, geborg deur Sanlam.
Cool new lyrics – like lyrics for Sing ’it, LitNet’s lyrics competition, sponsored by Sanlam.

"Gevalle engel" deur Melanie Joubert

Melanie Joubert 2011-09-26 Gevalle engel Jy is ‘n verdwaalde wandelaar Jou soektog loop in sirkels, aanmekaar Soek jy na verlore skatte, jy het jou tyd verspeel Die stralekrans om jou het verdwyn

"Droomkasteel" deur Connie Myburgh

Connie Myburgh 2011-09-26 Droomkasteel Onbekende dreig op die horison gaan met vrae en onsekerheid my dae om net ‘n dowwe beeld wat voor my lê kontempleer en probeer vorentoe beweeg.

"Soutwater-oë (my woorde)" deur Connie Myburgh

Connie Myburgh 2011-09-26 Soutwater-oë (my woorde) Soutwater-oë. Verlore geliefde. Wat moet ek sê om jou te troos? Almal wat saak maak, gaan verlore. Al wat uitkom is ... Ek’s jammer om te hoor.

"Tussen stof" deur Connie Myburgh

Connie Myburgh 2011-09-26 Tussen stof Plaas my drome in ‘n boks onder ‘n pel se bed en daar vergaar dit stof. Daar gaan lê my drome tussen stof, tyd en buite bereik van ore.

"Die enigste manier" deur Connie Myburgh

Connie Myburgh 2011-09-26 Die enigste manier Hier staan ek nou, arms oop voor jou, en ek wens ek kon dit net beter vir jou sê Want dit wat ek voel wil ek net met jou deel ... al wat ek vra is om my ’n kans te gee Want dis die enigste manier wat ek ken en wat ek het Om te sê ...

"Die storie" deur Pierre Ackermann

Pierre Ackermann 2011-09-26 Die storie As dinge maar net gewerk het soos dit in feëverhale werk As elkeen van ons maar net ons perfekte love story kan hê Waar alles net perfek is, alles net reg is Alles net in plek val soos wat jy dit graag wil hê

"Hoop" deur Pierre Ackermann

Pierre Ackermann 2011-09-26 Hoop Soms is hoop ’n onwerklike droom wat nooit sal realiseer nie ’n leë gedagte wat nooit, ooit sal gebeur nie. Soms hoop ek dat als net oukei sal wees en dat dié hartbreek nie sal gebeur nie.

"Betekenislose verlange" deur Pierre Ackermann

Pierre Ackermann 2011-09-26 Betekenislose verlange Dink jy nou aan my soos ek aan jou Wonder jy ooit of ek dit nog hier binne-in my hou Kan jy nog onthou ons tye saam Dit was min maar onvergeetlik daar

"Donasies" deur Pierre Smith

Pierre Smith 2011-09-26 Donasies Dit maak nie saak hoe hard ek skree nie Hoekom wil ons nou vergelyk? Dit maak nie saak wat met my gebeur nie Ek’s net ’n siel in ’n half-lewende lyk

"Die ouer ek" deur Pierre Smith

Pierre Smith 2011-09-26 Pierre Smith was Dans Dans Lisa se wenner.

"Plasties" deur Pierre Smith

Pierre Smith 2011-09-26 Plasties Jou plastiese bestaan laat my soms wonder wie jy is Jou aanhoudende opinies laat jou veilig onbewus Jou onbeperkte aandag aan jou honger en wellus Maak oop jou oë vir net een keer En sien dis als ’n klug

"Martelfees" deur Carike Verbooy

Carike Verbooy 2011-09-26 Martelfees Ek is toegesluit in ’n kamer wat my herinner aan ’n tronk. Die klanke dreun in van buite, gille van genot. Waar wandel jy vanaand, terwyl ek en sit wag vir jou? Waar soek jy vanaand jou bevrediging, oomblik van genot?

"Fisika" deur Lita van der Merwe

Lita van der Merwe 2011-09-26 Fisika Vers 1 Dis complicated Heavy underrated Die century se understatement Die grammatika van liefde ’n Probleem wat almal aanskou So waarna kyk ons nou:

"Sonskyn in die donker" deur Lita van der Merwe

Lita van der Merwe 2011-09-26 Sonskyn in die donker Vers 1 ‘Skuus liefling ek moet dit sê Dit wat ek elke dag van my bestaan wil hê So hier is my lirieke Geskryf met wonder en onaardse tegnieke

"Dowwe klanke" deur Lita van der Merwe

Lita van der Merwe 2011-09-26 Dowe klanke Vers 1 Gange van verlore skadu’s Dowwe note fluister in my oor Alles wat ek sien Niks wat ek ooit weer sal hoor Aangesig teenaan Die groen, rooi, geel lig Doof, blind en beroof

"Abstrak" deur Lita van der Merwe

Lita van der Merwe 2011-09-26 Abstrak Vers 1 Vleuels, veels te veel Niks wat ek die kunstenaar kan steel Mooi, môre, myne Obstruksie tussen gekleurde lyne Vasgevang in skewe hande Senuwees hang aan die rante

"Die glyding skeiding" deur Lita van der Merwe

Lita van der Merwe 2011-09-26 Die glyding skeiding Kulkunstenaars, deskundiges Dermatoloë, nuwe bevindings Geskryf op Kleenex Die begin van ’n toekoms In duisende rigtings

"Jy is" deur Lara Cameron

Lara Cameron 2011-09-26 Jy is Jy’s my lifeline Baby My dark chocolate Jy proe soos Savanna light op ’n warm dag Jy’s my adrenalin rush My energy junkie Jy’s my moonshine Baby

"Cliché" deur Lara Cameron

Lara Cameron 2011-09-26 Cliché Ek het al lankal ’n vragie wat ek vir jou wil vra Gaan dit soos ’n cliché uit die movies klink as ek sê ek het jou lief?

"Waar is jy" deur PW Dempsey

PW Dempsey 2011-09-26 Waar is jy So stil soos die ondergrondse sindikaat Maar bedrywig soos die see Skelm skuil dit ook by jou. Waar is jy? Waar is jy?
Top