Leefstyl
Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.
The Road to Mecca: ’n teaterresensie deur Maryke Roberts
2018-04-18"Sy was in Helen se beenweefsel ingekruip en ek glo daar was oomblikke toe sy nie seker was oor presies wie sy op daardie verhoog uitbeeld nie: haar eie verganklikheid of dié van die soekende Helen."
The Road to Mecca: ’n teaterresensie deur Danie Botha
2018-04-18"Dit is ’n besonderse voorreg om hierdie sterk toneelstuk deur Athol Fugard te beleef. Soveel bekroondes is hierby betrokke."
Downsizing: ’n filmresensie
2018-04-17"Downsizing sorg vir een van die oorspronklikste wetenskapfiksietemas in ’n lang tyd: verander mense in Klein Duimpies en jy kan hulle in ’n skoenboks inpas, by wyse van spreke."
A tribute song for Winnie Mandela: An interview with Billeni
2018-04-17"Yes, she did – she drove the movement of women’s liberation, she broke the ceiling for all black people academically and made it possible for the black child to do more and be more. The country as a whole has lost a great leader – not just black people, but everyone."
Suidoosterfees 2018: ’n Onderhoud met Deborah Steinmair oor Die Fledermaus-operette
2018-04-17"Die Flerriemuis herinner my aan daardie Restoration Comedies wat ons in Engels II behandel het: ’n komedie van blapse, so tipies frivool en teatraal, vol misverstand, spulsheid en koerasie."
Meerkat Maantuig: ’n Onderhoud met Hanneke Schutte
2018-04-12"Die lekkerste en moeilikste aspekte was snaaks genoeg dieselfde ding."
Kompetisie: Hoe maak jy jou kind lief vir lees?
2018-04-12Hoe moedig jy jou kinders aan om ’n boek te lees in ’n tyd waar hulle te veel tyd op hul selfone of rekenaars of voor die televisie deurbring? En hoe kweek jy by hulle liefde vir lees?
The Darling Collection: an interview about a unique arts festival
2018-04-12"People well known to small communities are not always people who are known everywhere, so, to us, the person we greet every day in Spar could be well known. Our selection is random, going with the intuition of knocking on a door or attending events in town to scout."
Persvrystelling: Teater en musiek vir almal by die Suidoosterfees!
2018-04-12"Die tyd kom al hoe nader! Die 15de Suidoosterfees – met die tema 'Fantastiese 15' – vind van 26 April tot 1 Mei in Kaapstad plaas en beloof om weer een vir die boeke te wees."
Lara Frances: "Die musiek is altyd teenwoordig"
2018-04-10"Ek tokkel ’n wysie wat ek in my kop hoor en die lirieke volg kort daarna. Ek skaaf eintlik geensins daaraan nie en vind ek skryf soms selfs te vinnig aan iets."
KKNK 2018: Plekspesifieke produksie neem voortou met ses Kanna-benoemings
2018-04-05Hier is die volledige lys van benoemdes vir 2018 se Kanna-toekennings.
Vandag wil ek my blou skoene dra: ’n onderhoud met Koos Kombuis
2018-04-05"Vir my het Vandag wil ek my blou skoene dra gevoel soos ’n bevryding van daardie ou klomp pyn. Dit was soos om jou ore oop te gaap as jy afkom van ’n bergpas."
Suidoosterfees 2018: ’n onderhoud oor die Fantastiese 15!-kunsuitstalling
2018-04-05"Van die tradisionele olie op doek tot keramiek, beeldhouwerke, grafiese werk en ontwerpersmeubelstukke. Dis jonk en vars en eietyds. En glo ek ’n fees vir die oog."
Nog net 9: ’n teaterresensie
2018-04-04"Na afloop van Carin Saxon se solovertoning Nog net 9 op Menseregtedag in die Paarl se Ou Meul Teater, waarin sy nie minder nie as tien uiteenlopende karakters vertolk het, het trane op teatergangers se skouers gedrup."
’n Onderhoud met Catherine du Toit oor Afrique mon désir en die Rabearivelo-poësievertaalprojek
2018-04-04"Die idee agter die bundel was om erkenning te gee aan die wonder van taal, van die uitdrukkingsvermoë in verskillende tale in ons streek, om verbande te lê oor die grense van taal en kultuur tussen elemente van ons menswees hier in Afrika, dinge wat ons almal gemeen het."
Afrique mon désir: ’n CD-resensie
2018-04-04"Afrique mon désir is meer as ’n CD of ’n opwindende musiekvertoning: dit is ’n reis na ’n ideale, meertalige land waar skeppende kunstenaars en hul publiek ’n gedeelde menswees ontdek deur middel van ’n seleksie van die mooiste gedigte wat nog op die kontinent en sy buureilande geskryf is."
Ready player one: film review
2018-04-03"You don’t need to get all, or any, of the references to enjoy the film. It is still a thrilling, albeit sweet, adventure that will leave you gasping for breath."
Entrepreneurskap en diversifisering in die nuwe musikale ekonomiese landskap: Inleiding
2018-03-28"In die musiekbedryf is opleiding en 'dienslewering' nie so ter sprake nie. Dit gaan oor kreatiwiteit en talent. Om nie eers te praat van dinge soos good looks, persoonlikheid en kommersiële waarde nie."
Catching feelings: ’n filmresensie
2018-03-28"Maar ten diepste gaan Catching feelings oor identiteit: wie is elkeen van ons in die nuwe Nuwe Suid-Afrika, of wie probeer ons wees?"
Die kuns van toonsetting: ’n resensie-onderhoud met Laurinda Hofmeyr
2018-03-28"Ek wil graag meer en meer vry word van vrees en meer en meer ‘verdwyn’ in die groter storie."
