Persverklaring: Negende kykNET Fiësta-benoemings bekend!

  • 0

Die kykNET Fiëstas vereer jaarliks die werk wat die afgelope feesjaar opgelewer het en vanjaar het weer 'n ryk oes opgelewer!

Dit was 'n baie kreatiewe jaar vir kunstefeeste in Suid-Afrika. Die ses vervaardigende feeste wat vir 9de kykNET Fiësta-toekennings in aanmerking kom – US Woordfees, KKNK, Suidoosterfees, Innibos, Vrystaat Kunstefees en Aardklop – het algar gesorg vir produksie van hoogstaande gehalte.

Die Fiësta-paneel, wat uit tien lede en 'n sameroeper bestaan, het nagenoeg 230 debuutproduksies deur die jaar gesien. Die 9de kykNET Fiësta-toekenningsaand vind op Donderdagaand, 14 Februarie 2019 by Kunstekaap in Kaapstad plaas en gaan soos vorige jare regstreeks op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word. Die Fiëstas, wat sedert 2011 toegeken word, is 'n hoogtepunt op die feeskalender en dien as 'n vertoonvenster van die ongeëwenaarde talent van Suid-Afrikaners in die uitvoerende kunste.

Bennie Fourie sal die program as seremoniemeester lei en gaan deur Schalk Bezuidenhout, Gideon Lombard, Kay Karriem, Jarrid Geduld en Jill Levenberg as sy mede-aanbieders bygestaan word. Die spesiale uitsending sluit ook optredes in deur Jo Black, Craig Lucas, Paxton, die Cape Dance Company, CPYO onder leiding van Chad Hendricks en UWC Choir.

John Kani en Sandra Prinsloo word ook vir hul bydrae tot die skeppende kunste vereer en Eduard Greyling vir sy bydrae tot die uitvoerende kunste en ballet. 

Volg hierdie skakel vir 'n volledige lys van die benoemnings: https://kyknet.dstv.com/nuus/hier-is-die-benoemings-9de-kyknet-fiestas

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top