Leefstyl

Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.

’n Reis deur die operawêreld tydens die inperking

Koos Holtzhausen Musiek 2020-06-23

"Met die inperkingstyd het die Metropolitan sedert 16 Maart 2020 in ’n grootse gebaar van hierdie opnames op die internet beskikbaargestel. Elke dag word ’n ander opera vertoon. Die films het ook byskrifte in Engels wat dit makliker maak om die storielyn te volg."

Lied van die lemoen

Karen Hart Kos en wyn 2020-06-23

"As ek die storie van Adam en Eva moes oorvertel, sou dit die lemoen wees wat tot hul val gelei het. Die lemoenboom daar in die middel van die tuin sou Eva al met die geur van sy bloeisels verlei het."

Persvrystelling: ’n Unieke uitsending van Jeanne Goosen se Elders aan diens

LitNet Teater 2020-06-19

Liefhebbers van Jeanne Goosen se werk kan uitsien na ’n uitsending van haar 2009-kabaret, Elders aan diens. Dié stuk word deur Nicole Holm, Frieda van den Heever en Luna Paige opgevoer.

"Om mense te laat lag, is my roeping" – ’n onderhoud met Bennie Fourie

Remona Voges, Bennie Fourie kykNET Portaal 2020-06-19

"Ek wens ek kon sê ek was hierdie stout, rebelse kind, maar ek was eintlik maar ’n bietjie van ’n voorbeeldige kantpaadjieseuntjie."

Persvrystelling: Virtuele kunsgalery ’n eerste vir KKNK

LitNet KKNK 2020-06-18

"Ons glo dat hierdie ’n KKNK-instelling gaan word, wat nie net waarde vir ons ondersteuners toevoeg nie, maar ook meer geleenthede vir die visuele kunste in die toekoms skep," sê Hugo Theart.

Video: NP Van Wyk Louw-gedenklesing ‒ Jeremy Vearey (18 Junie 2020)

LitNet LitNetKanaal op YouTube 2020-06-18

Die NP Van Wyk Louw-gedenklesing wat op 18 Junie deur Jeremy Vearey gelewer is, kan hier gekyk word. Die web-lesing is geargiveer en kan enige tyd gekyk word.

Bestemming: die Arktika

Nadia de Kock Reis 2020-06-17

"Arktika is een van dáárdie woorde wat my onmiddellik op ’n verbeeldingsreis stuur. Dit laat my hunker na afgesonderde stiltes, ysige koue en die belofte van die noorderligte."

Persvrystelling: Bekendstelling van fondsinsameling en "Reach the sky"

LitNet Musiek 2020-06-15

Veertien musikante het deelgeneem aan die opname en verfilming van die liedjie "Reach the sky". Liedjieskrywer, sangeres en eienaar van Iluminar Produksies, Luna Paige, het die lied geskryf en ander liedjieskrywers Frazer Barry, Sima Mashazi en Lumanyano "Unity" Mzi genader om die lirieke te vertaal en/of hul eie liriekbydraes in Afrikaans, Zoeloe en Xhosa te maak.

Musiekonderhoud: Jaco Fouché in gesprek met Albert Frost

Jaco Fouché, Albert Frost Musiek 2020-06-15

"Ek werk elke dag in musiek en nie altyd aan musiek nie – dit is hoe die bedryf werk."

Musiekonderhoud met Andries Bezuidenhout: “Elke Suid-Afrikaanse album behoort ’n hadeda iewers te hê”

Henry Cloete, Andries Bezuidenhout Musiek 2020-06-12

"Ek is bitter bang vir die dood, veral as die pes aan die deur kom klop soos nou. Daar’s nog te veel om te doen."

Onlangse Buckfever Underground ’n sterk uitreiking

Willem de Vries Musiek 2020-06-11

"Op Last days of beautiful kom soorte hedendaagse rotskunsdrome by, tuimelende persepsies, hoop, ideale en ’n wye blik op hier- en menswees. Die snitte sing en alles is moontlik daarop."

Ek en Jeanne Goosen: Jean Oosthuizen se inskrywing

Jean Oosthuizen Fotokompetisies 2020-06-11

"As blougat nat-agter-die-ore-joernalis het my mond, soos wat op die foto gesien kan word, letterlik oopgehang om saam met haar te werk. Sy was vreesloos uitgesproke en het vir geen duiwel, gees of spook gestuit nie." 

Ek en Jeanne Goosen: Joan Hambidge se inskrywing

Joan Hambidge Fotokompetisies 2020-06-11

"Hier dans ek en Jeanne in die kombuis. En ons het nie kombuis-blues nie."

"Ek het uiteindelik my mojo terug" – ’n luisteronderhoud met Nina Schumann

Remona Voges, Nina Schumann Onderhoude 2020-06-11

"Met Concerts Connect voel ek vir die eerste keer in jare weer die dryfkrag en die ongelooflike energie van ’n goeie projek; iets wat ek voel ek regtig ten volle kan ondersteun." Nina Schumann gesels met Remona Voges in ’n eksklusiewe luisteronderhoud. 

"Ek het nie net geleer hoe om goeie apple cider tydens lockdown te maak nie" – ’n onderhoud met Melt Sieberhagen

Remona Voges, Melt Sieberhagen kykNET Portaal 2020-06-11

"Goeie komedie is snaaks. Dit sê iets. Nie noodwendig met ’n flashing, bright neon sign nie, maar dit sê dit hard."

kykNET kry eerste opwipkanaal met Kwarantyn! Hier is die families!

LitNet kykNET Portaal 2020-06-08

Twee families gaan vanaf 10 Junie 2020 meeding vir die publiek se stemme terwyl hulle vir amper twee maande in kwarantyn gaan moet leef. 

Filmresensie: Hollywood

Leon van Nierop Film 2020-06-08

"Murphy weet hoe om die regte mense vir stewige rolle te kies en om hulle so af te rig dat hulle die korrekte note slaan. In daardie opsig is Hollywood ’n fees."

Skryf in vir 2020 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar-pryse

LitNet Skryfsake en rubrieke 2020-06-08

Boekresensente word genooi om in te skryf vir die 2020 kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-pryse waarmee uitnemende resensies in Afrikaans van Afrikaanse boeke bekroon word.

Musiekonderhoud met Riaan Nieuwenhuis: “Dis glad nie ’n loopbaan soos enige ander nie”

Henry Cloete, Riaan Nieuwenhuis Musiek 2020-06-08

"Tans moet musikante ’n streaming platform deel met onder andere sogenaamde muso’s wat ook livestream om hul liedjies in te werk. Saam met katvideo’s en COVID-grappies veroorsaak dit ’n online clutter wat nadelig is vir die ouens wat al lankal aan die gang is in die musiekbedryf."

"Keep your imagination active": an interview with the Fleur du Cap Theatre Award for Innovation in Theatre winners

Naomi Meyer, Robin Malan, Andisiwe Mgibantaka, Cliffordene Norton Lifestyle and entertainment 2020-06-08

"[E]ngage in dialogues with other artists; take a duologue and Zoom it with another actor; join the Facebook Shakespeare soliloquy group and learn and perform a favourite soliloquy online; plan a season for a small theatre venue for the first six months after lockdown …"

Top