Leefstyl
Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.
Persverklaring: Suidoosterfees vier Nelson Mandeladag met spesiale musiekvideo
2020-07-17Die Suidoosterfees en die Jakes Gerwel Stigting vier Nelson Mandeladag vanjaar met ’n spesiale projek. In samewerking met die CTMA (Cape Town Music Academy) en Die Burger stel die fees op 18 Julie 2020 ’n musiekvideo bekend van ’n nuwe weergawe van Amanda Strydom se lied "A child in a faraway land".
Mediaverklaring: Oudtshoorn-kunstenaars en -werke aan voorpunt van KKNK Virtuele Galery
2020-07-16Vyf visuele kunstenaars van Oudtshoorn se werke word in die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se eerste Virtuele Galery uitgestal.
Persverklaring: Afrikaanse folkmusikant Hanru Niemand onthul nuwe album, Opgrawings vir ’n lugkasteel
2020-07-16"Die album is deels retrospektief, soos ’n argeoloog wat opgrawings doen by ’n antieke stad. Die opgraafwerk is egter ook gelyk aan ’n post mortem wat wys hoe dinge skeefgeloop en die verval vastrapplek gekry het."
"Jy is nooit groter as die storie wat jy vertel nie" – Christo Davids oor kunstenaarskap en Spoorloos II: Heksejag
2020-07-14"Stories dwing mens half om te luister na wat iemand te sê het. Vir my is dit belangrik omdat dit kom met ’n groot verantwoordelikheid. Stories kan maak en stories kan breek. Daai besluit lê in die ink van die skrywer."
Inskrywings word ingewag vir die US Woordfeeskortverhaalbundel 2021
2020-07-14Hierdie kortverhaalbundels sal in die komende jare dien as ’n dokument van die tydsgees waarin veral Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners hulself tans bevind.
Edvard Munch se beroemde skildery, Moeder Natuur se kreet
2020-07-14"Help die wêreldwye grendeltyd ons nie tans om die natuur se balans te herstel nie? Of is die pandemie Moeder Natuur se wraak op die onbesonne mensdom se vernietiging van natuurlike bronne ...?"
Persvrystelling: Tuin van Digters in November 2020 huldig digter, vertaler en skrywer Daniel Hugo
2020-07-14Die negende jaarlikse Tuin van Digters-fees, die tuiste van die Afrikaanse digkuns, sal in 2020 op 27 tot 29 November saam met NB-Uitgewers as medeborg by die Breytenbach Sentrum in Wellington, sowel as op sosiale media platforms, aangebied word.
Bekroonde Libertaskoor hou aanlyn vertoning ten bate van liefdadigheid
2020-07-10Sluit aan by die bekroonde Libertaskoor op Saterdag 11 Julie om 19:00 vir ’n virtuele aanlyn vertoning, gelei deur seremoniemeester Gillian Arendse. Instrumentale begeleiding word aangebied deur Gerhard Niemand op die klavier, die Ramon Alexander Trio, en Zorada Temmingh op die orrel. Die vertoning sal tot 18 Julie beskikbaar wees om te kyk. Johan de Villiers, wat sedert die stigting van die koor in 1989 die dirigent van die koor is, vertel meer oor hul eerste aanlyn vertoning.
Ennio Morricone: meester van die klankbaan
2020-07-09"Hier is een van die weinige rolprentkomponiste wie se musiek nie alleen sekere beelde opgeroep het met slegs enkele note nie, maar waarna sonder beelde geluister kon word."
Netflix Originals Series, a way to travel the world
2020-07-09"As travelling will be a complicated affair for the foreseeable future, I love the (fictionalised) glimpse these shows offer into other countries, other cultures."
Mediaverklaring TRIBUO: Nuwe ondersteuningsfonds vir die kunste
2020-07-08Die TRIBUO-fonds is ’n inisiatief om die uitvoerende kunste in hierdie uitdagende tye ’n hupstoot te gee. Tribuo, Latyns vir "ek gee", bied ’n geleentheid om ’n belegging in Suid-Afrika se uitnemende kunstenaars te maak.
Nuwe dramareeks begin 14 Julie op kykNET
2020-07-06Spoorloos: Heksejag is kykNET, DStv-kanaal 144, se nuwe drama wat vanaf Dinsdag 14 Julie om 20:00 uitgesaai word.
Film review: Eurovision Song Contest: The story of fire saga
2020-07-03"If Netflix continues to make such unfunny, listless, meandering money-spinners, I might look for my film fix elsewhere."
Radiodramas: 2020-New Voices-program (Kunstekaap)
2020-07-02Menán van Heerden gesels met Rafiek Mammon oor die Kunstekaap se meertalige 2020-New Voices-program in die tyd van COVID-19. Die teaterproduksies word vanjaar as radiodramas uitgesaai.
Musiekresensie: Rough and rowdy ways deur Bob Dylan
2020-07-01"Geen ander Amerikaanse kunstenaar was in daardie dekade so in voeling met die kragte van sy tyd nie ... Geen wonder dat Dylan vroeg in sy loopbaan, ondanks al sy protes, tot die teendeel geëien is as ’n profeet wat skynbaar op haas mistiese wyse, bykans soos ’n medium, die destydse tydsgees kon uitdruk."
Filmresensie: Jaws, herbesoek
2020-07-01"Jaws versinnebeeld opnuut die virusbedreiging en blyk (onbewustelik) profeties te wees!"
Fyn skryf aan regsreeks – ’n onderhoud met Louis Pretorius en Albert Snyman
2020-06-25"Ek sou sê ek is stadiger en meer berekend as dit by stories kom, waar Albert se kop teen ’n miljoen kilometer per uur werk met duisende idees wat ontplof. So ek anker hom, maar hy gee die hardkoppige Capricorn vlerke om mee te droom en saam kom ons by ons stories uit."
"Die bestaanheid is genoeg" – ’n onderhoud met Elsa Joubert oor Spertyd
2020-06-24"Op 6 November 2017 het ek op versoek van die Stellenbosse Woordfees-organisasie ’n onderhoud met Elsa Joubert in haar woonstel in Berghof, Hofstraat, Kaapstad gevoer."
Persvrystelling: Teksmark beloof weer ’n smeltkroes van teater
2020-06-24Die doel van Teksmark, in 2018 vereer met ’n spesiale Fleur du Cap-prys vir innovasie in teater, is om nuwe Suid-Afrikaanse verhoogtekste te ontwikkel en aan skrywers ’n geleentheid te bied om hul idees en tekste vir moontlike ontwikkeling bekend te stel. Alle skrywers, hetsy gevestig of opkomend, kan deelneem.
Video: "Die toekoms van Kaaps"-webinaar
2020-06-23"Die toekoms van Kaaps"-webinaar van die Afrikaanse Taalraad, aangebied in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum en -monument en LitNet, het op Jeugdag, 16 Junie 2020, plaasgevind. Lees ook bydraes oor Kaaps deur die jare uit die LitNet-argief.
