Mediavrystelling: Kurt Darren en vriende vier die goeie ou dae met ’n braai

  • 0

Nadat Kurt Darren vroeër vanjaar almal aan die dans gekry het met sy hoë-energie-enkelsnit “Party-Tyd”, is hy terug en dit is nou tyd vir ons om ’n bietjie gesellig langs die vuur bymekaar te kom en terug te dink aan “Die goeie ou dae” – Kurt se nuutste saamsingtreffer.

Of jy nou op die strand sit, of kuier in die Bosveld, Kurt nooi jou om saam te sing en te gesels oor die lekkerste tye van ons lewens. Soms raak ’n mens so vasgevang in die hede se probleme en vergeet eintlik van al die goeie ervarings wat jy al met jou naaste kon deel; of jy raak so besig dat jy nalaat om weer met ’n paar pelle op te vang oor hoe lekker julle saam gelag en te kere gegaan het. Doen dit nou, terwyl julle dan sommer nuwe herinneringe skep.

Kurt het sy goeie vriende genooi vir ’n lekker saamkuierbraai om “Die goeie ou dae” te vier. Vriende soos Juanita du Plessis, Ricus Nel, Die Campbells, Jo Black, Martin Bester en nog meer verskyn in dié nuwe musiekvideo.

Lekker luister! En moenie die laaste 30 sekondes mis nie!

#KurtDarren #DieGoeieOuDae

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top