Feeste
Articles about festivals in South Africa and abroad
Persverklaring: Ingrid Jonker by Tuin van Digters gehuldig
2024-08-09Die digter Ingrid Jonker, wat op 19 September 1933 gebore is en nou 90 jaar oud sou wees, is die digter wat vanjaar by die 13de Tuin van Digters in Wellington gehuldig sal word.
20 tot 22 September: Die Etienne van Heerden Veldsoirée 2024
2024-08-08Drie dae van gesprekke in die grootse Karoolandskap wag op diegene wat van 20 tot 22 September 2024 die Etienne van Heerden Veldsoirée te Cradock sal bywoon. Soos verlede jaar vind die ATKV-skryfskool tydens die Veldsoirée plaas. Skryfskooldeelnemers sal weer gratis toegang tot alle gespreksessies tydens die Veldsoirée kry.
Persverklaring: Net een kans om Ruhan du Toit by Aardklop te sien!
2024-08-05Die gehoor kan uitsien na Ruhan du Toit se vieroktaafstem en uitgebreide repertoire – waaronder sy roerende weergawe van Simon & Garfunkel se "The sound of silence", asook sy eie "Monumentaal" en "Shivers" wat hy oor die laaste 30 jaar opgebou het. Die vertoning vind op 28 September plaas – onthou, hy tree net een keer op by vanjaar se Aardklop, maak dus seker jy’s daar!
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Saartjie Botha
2024-07-26"Ons speel met oorgawe, oral waar ons kan, behalwe tweede viool en parte speel. Ons wou ’n tema kies wat ligter voel – daar is genoeg ander sake om oor bekommerd te wees. Speel vra oorgawe en medepligtiges, en daarvan het ons oorgenoeg by die fees. En dan het ons natuurlik kunstenaars wat hulle harte gaan uitspeel."
Persverklaring: Aardklop se gawe gesinspromosie gee die geskenk van gehaltetyd
2024-07-25’n Gedeelde teaterervaring is ’n kans vir gesinne om gehaltetyd saam deur te bring. Maar o wee, dit kan nogal ’n duur storie raak! Daarom bied Aardklop vir slegs een dag ’n spesiale gesinspromosie. As jy wag tot Vrydag 26 Julie om kaartjies te koop, kry jy ’n lekker 30%-afslag. Vind hier meer uit watter teaterproduksies wat vir die gesinspromosie geldig is.
Press release: Call for Submissions for the 2025 National Playwright Competition closing soon
2024-07-24Open to unpublished playwrights who are over the age of 18 and living anywhere in South Africa, the competition calls for scripts, partial scripts or script synopses with a sample of writing in any of South Africa’s official languages.
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Bibi Slippers
2024-07-24"Waar begin ’n mens? By Saartjie en die Woordfeesspan, wat basies vir ’n mens vrye teuels gee binne ’n baie breë raamwerk, naamlik: Ons wil vir kunstenaars ’n platform skep om hulle te kom uitleef en hulle kuns te deel, en ons wil vir feesgangers ’n lekker tyd gee." Bibi Slippers praat met Naomi Meyer oor die EasyEquities Skrywersfees by vanjaar se Toyota Stellenbosch Woordfees.
Persverklaring: Spesiale geleenthede vir hele gesin by Klassique
2024-07-22Klein Karoo Klassique bied vanjaar ’n spesiale geleentheid gefokus op gesinne, met Little Maestros: Classical Concerts for Families. “Ons bied met hierdie konserte ’n ontspanne omgewing waar klein oortjies leer deur Mozart, Bach en ander bekende klassieke musiek”, sê Magdalene Minnaar, bekende sopraan en violis in dié produksie.
Sewentiende Artscape Women’s Humanity Festival vra vir sterker optrede teen GBV
2024-07-22"Vroue behoort aan die voorpunt van sosiale verandering te wees en die gereedskap gegee te word om verandering teweeg te bring."
Persverklaring: Tuin van digters vind plaas in Wellington op 13 en 14 September 2024
2024-07-22Tuin van digters vind plaas in Wellington op 13 en 14 September 2024 by die Breytenbachsentrum. Ingrid Jonker is die digter wat postuum gehuldig gaan word.
Persverklaring: Dié skrywers het die 2024 Stellenbosch Woordfeeskortverhaalbundel gehaal
2024-07-19Twee-en-twintig verhale is gekies vir publikasie in die negende Stellenbosch Woordfeeskortverhaalbundel. Dit sluit pennevrugte in van gedugte skrywers soos Frederik de Jager, die bekroonde joernalis Murray La Vita, en Daneel Jantjies wat laasjaar gekies is vir die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool.
Persverklaring: Taalgenoot-RUK EN RYM stook alternatiewemusiekvlam
2024-07-18RUK EN RYM 2024 beloof om die alternatiewe musiekvlam wat uit dié vonkie aangesteek is, aan te blaas en vanjaar se kompetisie beloof om groter en beter te wees. Nie net is daar vanjaar ’n noordelike semifinaal by Railways Café in Centurion nie, maar ’n suidelike semifinaal volg kort daarna as deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees se amptelike program by die Daisy Jones Bar in Stellenbosch, waar Karen Zoid die gaskunstenaar sal wees.
Persverklaring: Die 2024 Woordfees speel, sprankel en spruit dié blomtyd uit
2024-07-11Die 2024 Toyota Stellenbosch Woordfees bot, blom en bruis dié lente uit met meer as 400 unieke produksies wat in nagenoeg 60 venues in en om Stellenbosch aangebied word. Die fees vind vanjaar van 28 September tot 6 Oktober in die Eikestad plaas.
Press release: Artscape steps up against gender-based violence at their 17th Women’s humanity festival
2024-07-08Artscape will also be inviting participants to play their part towards ending GBV by coming to Artscape at any time during the month of August to sign their #Step-Up for Change Pledge.
Persverklaring: Besonderse galakonsert wag by Klein Karoo Klassique
2024-07-08“Ek hou daarvan om konserte pret en toeganklik te maak en klassieke musiekliefhebbers moet beslis nie hierdie optrede misloop nie,” sê bekende musikant Richard Cock. Die Klein Karoo Klassique vind van Vrydag 9 tot Sondag 11 Augustus 2024 op Oudtshoorn plaas. Die feesprogram sluit ’n verskeidenheid van klassieke musiek, kuns, kos en wyn in.
The Schreiner Karoo Writers Festival 2024
2024-07-03"The bulk of the festival was held in Mark Street, a picturesque street with old nagmaalhuisies that have been bought up and restored. At the end of the street sits the Victoria Hotel, a stately venue with warm interiors to welcome travellers and conference-goers."
Persverklaring: Aardklop klop die winterkoue met ’n spesiale aanbod
2024-07-02Om die las op beursies effens te help verlig, bied Momentum Beleggings Aardklop met trots 30%-afslag op sekere kaartjies aan. Al wat jy moet doen, is om kaartjies vir dié produksies op 5 Julie te koop.
Persverklaring: Innibos Kunstefees huldig Hertzogpryswenner Johan Myburg
2024-06-27Die aangewese feesdigter vir vanjaar se Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees in Mbombela, Johan Myburg, is Woensdagaand, 26 Junie, gehuldig met musiek, kuns en dans tydens ’n funksie by die ATKV Kuns- en Boeke-oase.
Persverklaring: Hulde aan helde-reeks by NALN (2–4 Julie 2024 | 18:00), deel van die Vrystaat Literatuurfees
2024-06-26Die Hulde aan helde-reeks vind van 2 tot 4 Julie 2024 by NALN in Bloemfontein plaas.
Persverklaring: Kom "kyk radio" by Innibos Kunstefees se oase vir boeke en kuns
2024-06-25Boek- en kunsliefhebbers kan vanjaar pitkos kry by Innibos Kunstefees se ATKV-Kuns- en Boeke-oase met topskrywers wat die fees bywoon. RSG-luisteraars kan ook kom 'radio kyk' wanneer bekende omroepers van daar uitsaai.
