Feeste

Artikels oor feeste in Suid-Afrika en in die buiteland
Articles about festivals in South Africa and abroad

Persverklaring: Innibos Kunstefees huldig Hertzogpryswenner Johan Myburg

LitNet Feeste 2024-06-27

Die aangewese feesdigter vir vanjaar se Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees in Mbombela, Johan Myburg, is Woensdagaand, 26 Junie, gehuldig met musiek, kuns en dans tydens ’n funksie by die ATKV Kuns- en Boeke-oase.

Persverklaring: Hulde aan helde-reeks by NALN (2–4 Julie 2024 | 18:00), deel van die Vrystaat Literatuurfees

LitNet Feeste 2024-06-26

Die Hulde aan helde-reeks vind van 2 tot 4 Julie 2024 by NALN in Bloemfontein plaas.

Persverklaring: Kom "kyk radio" by Innibos Kunstefees se oase vir boeke en kuns

LitNet Feeste 2024-06-25

Boek- en kunsliefhebbers kan vanjaar pitkos kry by Innibos Kunstefees se ATKV-Kuns- en Boeke-oase met topskrywers wat die fees bywoon. RSG-luisteraars kan ook kom 'radio kyk' wanneer bekende omroepers van daar uitsaai.

R350 vir die ATKV-skryfskool in Cradock én skouerskuur met skrywers

LitNet Etienne van Heerden Veldsoirée 2024-06-24

Om saam te vat: R350 betaal vir die skryfkursus, die kursusmateriaal en al die gespreksessies tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée.

Press release: Amazwi at the National Arts Festival 2024

LitNet Lifestyle and entertainment 2024-06-19

Amazwi, museum of literature, is proud to be part of the National Arts Festival 2024.

Persverklaring: Speel lag-lag klaar met al die sorge en stres by Innibos

LitNet Feeste 2024-06-11

’n Heerlike keuse van komedie om die gemoedere te lig is te sien by Innibos Kunstefees vanjaar – van die absurde komedie Hospitale, kateters en familielede en die teaterklug Ou Wyntoon en die weerlose kreatuur, tot nuwe materiaal deur Schalk Bezuidenhout in Mamma se grootseun. | Innibos is van 27 tot 30 Junie in Mbombela.

Persverklaring: Die room van akteurs vanjaar op die Innibos-verhoog te sien

LitNet Feeste 2024-06-05

Van die room van Afrikaanse akteurs is vanjaar op die verhoog by die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees. In ’n uiteenlopende verskeidenheid toneelstukke is onder andere Sandra Prinsloo, Rika Sennett, Adriaan Havenga, Cindy Swanepoel, Je-ani Swiegelaar, Louw Venter en Ben Albertyn te sien.

Persverklaring: Innibos-feesterrein het al die regte bestanddele vir heeldag kuier

LitNet Feeste 2024-06-05

Innibos-feesgangers hoef nie te wag vir elke aand se superkonsert op die hoofverhoog nie, maar kan sommer vroegdag reeds lekker in die feesgees kom.

The incidental servants in Olive Schreiner’s letters | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Hein Willemse Etienne van Heerden Veldsoirée 2024-06-04

"Although Schreiner’s ideas about the place of women, the stratified nature of their labour, constantly developed over the course of her life, she evidently has a blind spot in her letters about the non-white servants in her close circle."

Press release: Book now for an unforgettable Schreiner Karoo Writers Festival

LitNet Books and writers 2024-05-29

The lovely Karoo town Cradock will play host to Deon Meyer, Coenie de Villiers and André Schwartz from 12 to 15 June 2024. That is when the Schreiner Karoo Writers Festival will take place.

28ste Kanna-toekennings luisterryk in Franschhoek gevier

Maryke Roberts KKNK 2024-05-13

"Die 2024-Kannas is gisteraand by Leopard’s Leap in Franschhoek oorhandig en die inklusiwiteit van die fees is deur verskeie Kanna-ontvangers beklemtoon."

Persverklaring: KKNK 2024 se uitblinkers met Kannas bekroon

LitNet KKNK 2024-05-13

Uitnemende artistieke bydraes by vanjaar se KKNK, geborg deur Absa, is Donderdag 9 Mei met Kannas bekroon. Die KKNK se Kanna-pryse is tydens ’n glansgeleentheid by Leopard’s Leap Wynlandgoed net buite Franschhoek oorhandig. Veteraanjoernalis Marianne Thamm was die aanbieder.

Suidoosterfees vier 21 én 30 met lag én traan

Maryke Roberts Suidoosterfees 2024-05-09

"Die baba is mondig. Ongelooflik om te dink die Suidoosterfees – die fees vir almal – vier vanjaar sy 21ste jaar. Suid-Afrika vier 30 jaar van demokrasie, maar dinge is nie so rooskleurig soos ons gehoop het nie, en die kunste is die waghond."

Ses dinge djy’t byrie boogie show gemis!

Tasneem Daniels Suidoosterfees 2024-05-08

"As djy ve’kies het om te Netflix en chill op jou Workers’ Day, lees deur alles wat djy by Suidoosterfees boogie gemiss’t."

Die soet smaak van mondigwording

Maryke Roberts Suidoosterfees 2024-05-08

"Elke kleur, elke kultuur, elke ouderdom is daar. Hulle is in poniesterte en toetoes; in rolstoele en met krukke. Daar is blink rokke en hoë hakke; daar is sweetpakbroeke en bont tekkies; daar is linnebroeke met dik witsool-seilskoene. Die gemene deler is die kunste; maar belangriker nog, die kunste in Afrikaans."

Persverklaring | KKNK: Vertel jou storie by die negende Teksmark

LitNet KKNK 2024-05-07

Verskeie teksvoorstelle wat na die afgelope twee jaar se Teksmark tot volskaalse teaterproduksies ontwikkel is, was reeds vanjaar by die KKNK en Suidoosterfees op die planke en verskeie is binnekort ook by Innibos en die Vrystaat Kunstefees te sien.

Oorsig ‒ Jakes Gerwel-gesprek (Suidoosterfees 2024): Gaan kunsmatige intelligensie oorneem?

Jean Oosthuizen Suidoosterfees 2024-05-01

Jean Oosthuizen gee ’n oorsig van die Jakes Gerwel-gesprek, “Artificial intelligence – will it take over?”, wat as deel van die jaarlikse Suidoosterfees plaasgevind het. Hierdie gesprek, met Arthur Goldstuck, Fred Roed, Kerushan Govender en Kieno Kammies, is in samewerking met Pan Macmillan SA en Jonathan Ball op 29 April aangebied.

Suidoosterfees 2024: Mirre en aalwyn en Onder ’n bloedrooi hemel: ’n onderhoud met Nicola Hanekom

Naomi Meyer, Nicola Hanekom Suidoosterfees 2024-04-30

"Die mag van die verhoog is anders as die mag van geskrewe woorde. Ek het probeer om gedagtes in dialoog te omskep, om reise van die verstand voete te gee, voete wat op die planke kan loop."

Oorsig ‒ Jakes Gerwel-gesprek (Suidoosterfees 2024): Wie gaan Suid-Afrika ná 29 Mei regeer?

Jean Oosthuizen Suidoosterfees 2024-04-29

Jean Oosthuizen gee ’n oorsig van die Jakes Gerwel-gesprek, “The good, the bad and the ugly – who will govern?”, wat as deel van die jaarlikse Suidoosterfees plaasgevind het. Hierdie gesprek, met Adriaan Basson, Qaanitah Hunter en Mia Spies, is in samewerking met Flyleaf en Pan Macmillan op 26 April aangebied. 

Die ATKV-boeke-oase by Innibosfees 2024: ’n onderhoud met Sandra Jacobs en Annemarie van der Walt

Naomi Meyer, Sandra Jacobs, Annemarie van der Walt Feeste 2024-04-29

"Leon van Nierop se Droomjagter is in wording, en omdat hy ’n Laevelder is met noue bande met Innibos, is dit vir ons lekker om sy boek hier bekend te stel. Ons poog ook om die boekeaanbieding toeganglik vir feesgangers te maak. Danie du Toit van Spoegwolf gaan met Danie Marais oor sy nuwe digbundel, Ek en jy bestaan nie, gesels. Dit beloof om lekker nuut en vars te wees."

Top