Feeste

Artikels oor feeste in Suid-Afrika en in die buiteland
Articles about festivals in South Africa and abroad

Marie se laaste dag by Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n kort resensie van ’n kortfilm

Naomi Meyer Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-30

"Hoe moeilik om ’n komedie te laat slaag in ’n land met soveel sensitiwiteite vir mekaar. Hoe vars en eerlik en bitter ongemaklik-snaaks is hierdie kleinverhaal. Mens kan dit ook gaan kyk net ter wille van Mandri Sutherland se hoofrolvertolking."

Persverklaring: Die NG Kerkargief is vanjaar vir die eerste keer deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-27

Die NG Kerkargief is vanjaar vir die eerste keer deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees, wat van 28 September tot 6 Oktober in die Eikestad plaasvind. Ontdek verhale uit die verlede wat ons vandag nog raak: van vroue en kinders, kerkmanne en krygers, kos en kleingeld, kerkmusiek en volksliedjies, familieregisters en -briewe. 

Press release: Toyota Stellenbosch Woordfees 2024 introduces new jazz venue and concert series "Jazz at the Konserve"

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-27

The vibrant rhythms of Cape jazz and the rich heritage of South African jazz will take centre-stage at the new “Jazz at the Konserve” concert series, set to be hosted at the stunning outdoor SU Konservatorium Amphitheatre during the 2024 Woordfees. This exciting new jazz venue will showcase award-winning talents from 2 to 4 October 2024, celebrating both established icons and emerging stars in South African jazz.

Persverklaring: Die Toyota Stellenbosch Woordfees-kunsveiling is nou oop

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-27

As jy nie by die Woordfees kan uitkom nie, kan jy steeds aanlyn bie of kuns kyk op die jaarlikse kunsuitstalling en -veiling van die fees, in samewerking met Strauss & Co. Werke van gevestigde en opkomende kunstenaars kan van 28 September tot 6 Oktober in die Stellenbosse stadsaal besigtig word. Teresa Lizamore is die kurator en bieërs kan aanlyn vanaf enige ligging bie. Die aanlyn veiling by straussart.co.za duur tot 7 Oktober 14:00.

Toyota Stellenbosch Woordfeeskortverhaalbundel 2024: ’n onderhoud met Michèle Meyer

Naomi Meyer, Michèle Meyer Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-27

"Die lewe is ’n storie. Mens moet net kyk en luister; dis daar. Ek sien en hoor stories wanneer ek in Checkers wag om te betaal, ’n koffie kry in Kauai, ’n papegaai by ’n troetelplaas dieselfde vreemde frase hoor herhaal. Soms is daar ’n enkele kyk op iemand se gesig wat ’n kortverhaal vertel."

Persverklaring: Strauss & Co-kunsuitstalling by Oude Leeskamer tydens Toyota Stellenbosch Woordfees 2024

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-27

Stellenbosch Toyota Woordfees is om die draai! Strauss & Co sal weer die Oude Leeskamer-ruimtes benut met ’n uitstalling wat hoogtepunte van hul komende eerste regstreekse virtuele veiling sal deel. Die uitstalling sal werke insluit van die opwindende internasionale veiling wat in Kaapstad sal plaasvind op 23 Oktober 2024. Die veiling sluit in, onder andere, gesogte werke deur Pablo Picasso, Auguste Renoir en Marc Chagall.

Momentum Beleggings Aardklop 2024: Reünie, ’n kort resensie

Cliffordene Norton Aardklop 2024-09-27

"Laat die lewe enige generasie onaangeraak? Is daar ’n generasie wat nie liefde, verlies en drama ervaar het nie?"

Fotoblad 3: Etienne van Heerden Veldsoirée en die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad

Menán van Heerden Feeste 2024-09-26

Tydens hierdie fees is gesprekke gevoer oor, onder andere, skrywers se jongste romans; kinderboeke; kunsmatige intelligensie; die resensering van boeke; argiewe; Griekwa-Afrikaans; die aard van debat/die oop gesprek; versoening; identiteit; die literêre geskiedenis van die Oos-Kaap; en die dinge waaroor Suid-Afrika se gemeenskappe treur. Benewens bogenoemde prikkelende gesprekke, het die Oos-Karoo gesorg vir pragtige landskappe en Karoo-gasvryheid. Menán van Heerden het foto’s geneem.

Momentum Beleggings Aardklop 2024: ’n onderhoud oor Geroep vir meer

Yolanda du Toit, Hykie Berg Aardklop 2024-09-26

"Die belangrikste ding wat mens moet doen, is jy moet jou 'why' gaan vind. Jou 'why' is die ding wat jou betekenis en doel in die lewe dryf. My 'why' is om te inspireer en hoop te gee en om beter te word as wat die wêreld verwag dat jy moet wees ..."

Persverklaring: Suidoosterfees – New Voices vanaf 1 Oktober by Artscape

LitNet Suidoosterfees 2024-09-26

New Voices, Suidoosterfees en Artscape se jaarlikse voorlesings van dramas deur nuwelingskrywers, word vanaf 1 Oktober in Kaapstad aangebied.

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Carla Smith

Maryke Roberts, Carla Smith Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-26

"As ek kan aanhou om diverse rolle te speel, met verskillende mense wat obsessief verlief is op hulle veld, sal ek gelukkig wees."

Toyota Stellenbosch Woordfees-persverklaring: Kaapse Koorakademie se ’n Kaapse fantasie

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-26

’n Kaapse fantasie by die Woordfees vier Afrikaans en sy variëteite se verhouding met Xhosa en Engels in ’n smorgasbord van klanke, denke en kulture wat ons as samelewing in ’n nuwe rigting van hoop en samehorigheid instuur.

Fotoblad 2: Etienne van Heerden Veldsoirée, LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad en die ATKV-skryfskool

Izak de Vries Etienne van Heerden Veldsoirée 2024-09-25

"Woordkunstenaars, boekliefhebbers en akademici het van 20 tot 22 September 2024 skouers geskuur by die Etienne van Heerden Veldsoirée."

Fotoblad 1: Etienne van Heerden Veldsoirée en die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad

Menán van Heerden Boeke en skrywers 2024-09-23

Die vyfde Etienne van Heerden Veldsoirée het van 20 tot 22 September 2024 in Nxuba (voorheen Cradock) plaasgevind. Die ATKV-skryfskool en die eerste voordragte van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad is ook hier aangebied. Die beraad sal ná die Veldsoirée aanlyn voortloop. Menán van Heerden het foto’s van al die sprekers geneem.

Persverklaring: Sonografie: Grepe in roots en blues – WOMAD South Africa 2024 en Toyota Stellenbosch Woordfees 2024

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-23

WOMAD SA is trots daarop om vir die eerste keer saam met Toyota Stellenbosch Woordfees en die US-musiekdepartement ’n spesiale konsert met die titel Sonografie: Grepe in roots en blues aan te bied. In hierdie produksie vertel kunstenaars stories in en deur klank, aan die hand van instrumente, musikale idiome en die herinneringe wat hulle ontketen: uhadi, Khoe-klanke, onbegeleide stem en Mississippi blues.

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud oor American rhythms

Naomi Meyer, Reghardt Kühn Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-23

"Dit is wel belangrik dat mens onthou dat 'Amerika' meer is as net die VSA. Ons speel dus onder andere ’n wonderlike stuk musiek van die Meksikaanse komponis ... Arturo Márquez, Danzón Nr 2. Márquez probeer die kultuurerfenis van Meksiko na die wêreldverhoog bring deur middel van sy lewendige musiek."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud oor Marie se laaste dag

Naomi Meyer, Mercy Kannemeyer Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-23

"Met moontlik sensitiewe materiaal, al is dit ’n komedie, sal ek ook nooit doelbewus skok nie. Die skokfaktor is oud en goedkoop. Daar’s slimmer maniere om stories te vertel."

approximations to a voice: ellipsis, ’n groepsuitstalling saamgestel deur Jean Dreyer – ’n resensie

Corneli Quinn Kuns 2024-09-19

"Die woord ellipsis in die titel van die uitstalling verwys dus na ’n weglating en suggereer dat ’n leemte of opening geskep word én dat iets ongesê gelaat word. Dit is egter ook ’n begin- of uitgangspunt. Die leemte of opening wat die kunsuitstalling skep, dien as ’n uitnodiging aan die galerybesoeker om sy of haar verbeeldingstogte aan te roer, om te begin luister na dit wat die metaforiese stem van die uitstalling nié sê nie, dog moontlik wel geluidloos impliseer."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Jaco van der Merwe

Jannike Bergh, Jaco van der Merwe Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-19

"Worldplay is een van my gunstelingprojekte. Dis basies soos ’n game show, waarin ’n handvol digters en ’n handvol musikante beurte maak om saam te improviseer. Dis amper soos Spin the bottle: ’n Digter en ’n musikant se name word getrek en dan moet hulle saam op die verhoog ’n stuk opvoer. Die collaborations is 100% unrehearsed en spontaan."

Tuin van Digters 2024: Engela Duvenage deel haar foto’s

Engela Duvenage Feeste 2024-09-18

"Saamsaam was die tema van vanjaar se Tuin van Digters-fees op Wellington, wat op 13 en 14 September 2024 by die Breytenbach Kultuursentrum aangebied is."

Top