Persverklaring: Billike verblyf en sakpas-aanbiedinge vir Suidoosterfees-besoekers

  • 0

...
Kaartjies is goedkoop en dit kos slegs R50 om die fees se kort teaterproduksies by te woon.
...

Daar is goeie nuus vir feesgangers wat vanjaar na Kaapstad reis om die Suidoosterfees by te woon. The Capetonian-hotel, vyf minute se stap vanaf Artscape waar die fees van 30 April tot 4 Mei aangebied word, is Suidoosterfees se amptelike verblyfvennoot.

’n Afslagpakket vir verblyf in The Capetonian is beskikbaar vir feesbesoekers. Kunsliefhebbers wat uit ander provinsies na Kaapstad reis, of wat van omliggende dorpe en die noordelike voorstede na die Moederstad wil wegbreek en oorslaap vir ’n gerieflike, ononderbroke ervaring, kan teen ’n billike tarief in die hotel oorbly.

Die spesiale afslagtarief sluit ook drie gratis feeskaartjies vir uitgesoekte vertonings in, en gratis feesvervoer word verskaf tussen die hotel en Kaapstad Internasionale lughawe.

Die afslagpakket bied die volgende opsies aan feesgangers wat in The Capetonian tuisgaan: Bed en ontbyt plus 3 feeskaartjies teen R1400 per nag vir ’n enkelpersoon, en bed en ontbyt plus 3 feeskaartjies teen R850 per nag vir ’n persoon wat ’n kamer deel.

As jy vlieg, sorg die fees ook vir jou vervoer van en na die lughawe. The Capetonian is ’n klipgooi van Artscape geleë, en daar is ook ’n gratis pendeldiens tussen die hotel en die feesterrein.

Om van dié spesiale pakket gebruik te maak is maklik. Besprekings word deur die feeskantoor by 021 406 2450 of suidoosterfees@media24.com gemaak. ’n Lys van feesproduksies wat in die pakket beskikbaar is, word aan kliënte gestuur om kaartjies vir die gratis drie vertonings te kies.

The Capetonian beskik oor al die geriewe wat ’n sorgelose verblyf aan besoekers verseker, en daar is uitstekende pamperlang-dienste en restaurante vir besoekers. Besoek capetonian.co.za vir meer inligting.

Die Suidoosterfees-program bied ’n wye verskeidenheid gratis produksies en vertonings vir ’n sakpas-ervaring. Gratis aanbiedinge wissel van skrywerspraatjies in die Jakes Gerwel-gespreksreeks, alle kunsuitstallings asook filmvertonings.

Kaartjies is goedkoop en dit kos slegs R50 om die fees se kort teaterproduksies by te woon. Dié kragtige vertonings is gelys in die fees se Kort voor lank-programafdeling en sluit musiek, drama, komedie en dans in.

Die Suidoosterfees-span sien daarna uit om feesgangers vanjaar te verwelkom onder die vaandel “Kuns is alles!”

Die volledige program is op suidoosterfees.com en kaartjies kan deur Webtickets bespreek word, of skakel Artscape Box Office by 021 421 7695.

Vir algemene feesnavrae, skakel 021 406 2450.

Die hoofborge van die fees is die Departement van Sport, Kuns en Kultuur; die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport; Stad Kaapstad; Netwerk24; Die Burger; NATi; kykNET; die ATKV en Artscape.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top