Feeste
Articles about festivals in South Africa and abroad
KKNK: ’n Begin deur David Eldridge, vertaal deur Nico Scheepers
2025-04-14"Die stuk se naam is ’n Begin, maar dis nie noodwendig die soort begin wat ’n gewone romcom in gedagte sou hê nie. Sien ons die begin van iets wat langer kan duur, of aanskou ons die begin van iets wat redelik ondramaties ten einde sou loop?"
KKNK: The glass menagerie vertaal deur Nico Scheepers as Speelgoed van glas
2025-04-14"Meer nog, kyk ’n mens na Suid-Afrika en ’n Afrikaanssprekende gesin deur die oë van Williams, dan sien ons weer onsself, ons kan selfs lag vir onsself."
Persverklaring: Komedie by Suidoosterfees bring lekkerlag-terapie teen die lewe se sorge
2025-04-14Die komedie-afdeling van die Suidoosterfeesprogram is propvol hoogtepunte. Die Joe Barber-span is terug op die verhoog om hul 25ste bestaansjaar in die bedryf te vier. Marc Lottering, Marianne Thamm, Mavis vannie Lavis en Aunty Cheryl gaan gehore laat kraai van plesier, en Cathy Specific maak haar buiging vir die eerste keer by die Suidoosterfees.
Suidoosterfees 2025: Hoek, lyn en sinker – ’n onderhoud met Nelandi Boshoff
2025-04-14"Op die ou einde wil ek hê die gehoor moet huis toe gaan en besef dat ons almal kan bekostig om bietjie meer genadig te wees teenoor ons geliefdes. Nie almal dink soos jy nie. Nie almal het dieselfde vrese as jy nie."
Persverklaring: KKNK 2025 oortref verwagtinge
2025-04-10Vanjaar se KKNK, geborg deur Absa, is van 1 tot 6 April op Oudtshoorn aangebied, met ’n spesiale openingskonsert en aandmark op 31 Maart.
Waarom ek boekfeeste bywoon
2025-04-10"Mandela, die omie wat in die tronk was en met die aantrek van ’n rugbytrui opinies swaai in 1995. Einste Mandela wat een van die oorsake was dat ons weekliks in bruin kadetklere die skoolrugbyvelde tot paradegronde moes omskep. Hoe goed was ons nie?"
Suidoosterfees 2025: Liewe Heksie en die wals – ’n onderhoud met Margit Meyer-Rödenbeck
2025-04-09"Die kinders is baie lief vir haar, want sy is weerloos en feisty, en die underdog raak die hero van die storie. Ek sê dikwels tong in die kies dis waar ek vir Dowwe Dolla eintlik ontwikkel het."
FynArts-kunstefees 2025: Literêre trio onthul hulle muse
2025-04-09"Wat maak dat mens ’n boek skryf? Drie debuutskrywers, wat almal baie verskillend is, vertel FynArts wat hulle geïnspireer het."
Suidoosterfees 2025: Hortjies dig – ’n onderhoud met Francois Toerien
2025-04-08"[Dit is] in wese ’n liefdesverhaal, of dan nou ’n verhaal van twee mense wat aangewese is op mekaar. Een van die partye was ’n korrelkop, bitsig, begaafd, venynig, staatloos, te na gekom; die ander een was ondersteunend, alleen, sensitief, ’n klankbord, ’n kunstenaar, sy vrou. Beide vertel ons van onsself en van ’n lewe wat geleef is – hoe suksesvol, is vir die gehoor om te besluit. En dan is daar die ongelooflike poësie van Blum wat die produksie deurspek."
Die groot "Ek is": heuning uit die karkas van ’n leeu
2025-04-02"Psychonauts, oftewel psigedeliese reisigers, beskryf die psige soms as ’n eindelose reeks kamers. En ek vermoed hulle het iets beet."
Kuns en/of moraliteit
2025-04-02"Sy is beide ’n ma wat haarself versoen het met haar man se seksuele misbruik van haar 15-jarige dogter én die skrywer van weergalose prosa. Haar ontoereikendheid as ’n ouer is nie relevante gronde vir ’n oordeel oor haar toereikendheid as kunstenaar nie."
Persverklaring: Leerders en onnies is eregaste by Suidoosterfees en SOF Junior
2025-04-02Antjie Krog is op Dinsdag 6 Mei die hoofspreker tydens LAPA Uitgewers en Penguin Random House se Skouerskuur met ons skrywers. Dié SOF Junior-geleentheid verwelkom alle onnies, leesliefhebbers en bibliotekarisse vir ’n heerlike middag in die geselskap van 14 skrywers.
Persverklaring: Billike verblyf en sakpas-aanbiedinge vir Suidoosterfees-besoekers
2025-04-02Die spesiale afslagtarief sluit ook drie gratis feeskaartjies vir uitgesoekte vertonings in, en gratis feesvervoer word verskaf tussen die hotel en Kaapstad Internasionale lughawe.
Suidoosterfees se direksievoorsitter, Edmund Jeneker, gesels met LitNet
2025-04-02"Met die aanloop tot die hooffees elke jaar, is daar verskeie projekte wat daarop gemik is om ons kinders en jongmense en veral ook voorheen agtergeblewe gemeenskappe en skole meer toegang tot die kunste te bied."
Jy’s seker nie ernstig nie
2025-03-26"Want jy skryf nie vir kinders omdat dit 'maklik' of 'oulik' is nie. As jy werklik opreg is in wat jy skryf, skryf jy vir kinders omdat jy besef daar is iets ongelooflik spesiaal en kosbaar en delikaat en skrikwekkend en onbevange en verbeeldingryk aan die leef- en ervaringswêreld van jongmense."
Transformasies: Is Rumi ’n mistikus of "social media crack cocaine"?
2025-03-26"Hy was nie slegs ’n filosoof, mistikus, digter en stigter van ’n Soefi-orde met tollende bedelmonnike nie, maar iemand met diepgaande insig in die aard van die menslike bestaan, en waarskynlik een van die grootste mistieke digters van alle tye."
Dominion: ’n Boek wat sê waar en wat ons is, hoe ons hier gekom het
2025-03-26"Sy tese en argument is hoogs interessant en sy boek lees baie lekker. Ek vermoed dat daar baie waarheid is in die beeld wat hy gee van die Christelike oorsprong van ons huidige waardes."
Persverklaring: Jong teatermakers skitter in Suidoosterfees se ATKV-Jeugteaterprogram
2025-03-26Die Suidoosterfees bied nie net ’n platform vir professionele kunstenaars nie. Met die ondersteuning van die ATKV kry amateur-, studente- en skoleteatergeselskappe ook ’n verhoog waar hulle hul beste voet vir die feespubliek voorsit.
Persverklaring: Jakes Gerwel-gesprekke bring ’n fees van stemme en opinies na Suidoosterfees
2025-03-26Al die gesprekke is gratis vir die publiek, maar bywoning moet vooraf deur Webtickets bevestig word. Feesgangers sal ’n bewys van besprekings op hul selfone ontvang wat by die ingang na gesprekke vertoon moet word.
Persverklaring: Registreer gratis vir die Sanlam WOW Spelfees 2025
2025-03-25Registrasie vir die 2025 Sanlam WOW Spelfees is nou oop en deelname is heeltemal gratis. Dis die grootste spelfees in Suid-Afrika en skole en leerders van reg oor die land word genooi om in die volgende taalkategorieë deel te neem: Afrikaans (graad 1 tot 10), Engels (graad 4 tot 9) en isiXhosa (graad 6 tot 8).
