Feeste

Artikels oor feeste in Suid-Afrika en in die buiteland
Articles about festivals in South Africa and abroad

Suidoosterfees 2025: Boeke en feeste – pasmaats? (Jakes Gerwel-gesprekke)

Jean Oosthuizen Menings 2025-05-07

Chareldine van der Merwe het met Alma Struwig, Melt Myburgh en Nita Cronjé by die pas afgelope Suidoosterfees oor die rol van boeke, lees en boekwinkels by feeste gesels. Jean Oosthuizen gee ’n oorsig van hierdie Vriende van Afrikaans Ommietafel-gesprek (“Boeke en feeste – pasmaats?”), deel van die Jakes Gerwel-gespreksreeks.

Suidoosterfees 2025: Gedrukte media of digitaal – hoe vertolk ons die nuus? (Jakes Gerwel-gesprekke)

Jean Oosthuizen Menings 2025-05-07

"Joernalistiek is nie besig om te sterf nie; dit is besig om te transformeer." Jody Hendricks het met Carryn-Ann Nel, Crystal Orderson en Ryland Fisher by die pas afgelope Suidoosterfees gesels oor die vertolking van die nuus in gedrukte en digitale media, die vinnig veranderende medialandskap en die opleiding van joernaliste. Jean Oosthuizen gee ’n oorsig van hierdie Jakes Gerwel-gesprek.

Blonde poison gee uitklophou by Hermanus Fynarts, 6 tot 16 Junie 2025

Linza de Jager Teater 2025-05-07

"Fiona Ramsay blink uit in die eenvrou-drama Blonde poison. Ramsay vertolk die rol van Stella Goldschlag, ’n vrou wat jag gemaak het op haar mede-Jode tydens die Tweede Wêreldoorlog. Aanvanklik het sy egter ander planne gehad. Stella wou ’n jazz-sanger word."

Persverklaring: Rooiwarm Kaapse jazz by vanjaar se Hermanus FynArts – 6 tot 16 Junie 2025

LitNet Feeste 2025-05-07

Volgens Ramon Alexander, wat ook die musikale direkteur van Kaapse Kabaret en We hear music is wat Junie na FynArts kom, kan "almal van jazz hou. Dis soos goeie kos."

29ste KKNK het regtig iets vir almal gehad

Maryke Roberts KKNK 2025-05-06

"Dis die tweede keer dat ek Die swartmerrie gaan kyk. Verlede jaar was ek weggeblaas; vanjaar was dit nóg beter. Dit word net voor sononder opgevoer. Dis ’n verlate treinspoor en verslete perron waar die storie ontvou. Daar is swaeltjies wat huis toe kom as dit skemer raak; die son gooi goue patrone teen die mure. Die gehoor sit ingedruk op stellasies en word deel van Simon 'Tjoekepaf' Baadjies se hartseer."

Persverklaring: Nagtegaal-tekspryswenner Dianne du Toit Albertze betower met "uitmuntende tegniek"

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-05-06

Vir haar wenteks, Huis van sand, ontvang Du Toit Albertze naas prysgeld van R100 000 ook mentorskap en ondersteuning met die finale afronding van die teks, asook ’n speelvak by vanjaar se Toyota Stellenbosch Woordfees.

Suidoosterfees 2025: Hortjies dig, ’n onderhoud met Joanie Combrink en Chris van Niekerk

Naomi Meyer, Joanie Combrink, Chris van Niekerk Suidoosterfees 2025-04-30

"As jy soos Peter Blum en soos ons nog kan verwonderd staan oor ’n kunstenaar se briljantheid met woorde en die nuutheid van ’n ongewone taalskepping, en as die liefde in al sy vorme nog jou oë kan laat blink, dan is hierdie toneelstuk vir jou."

Suidoosterfees Junior 2025: Woordedief, ’n onderhoud met Margit Meyer-Rödenbeck

Naomi Meyer, Margit Meyer-Rödenbeck Suidoosterfees 2025-04-30

"Kinderteater is van 3 tot 103. Dis so lekker om te sien hoe die kleintjies hulle verkneukel, en daar is baie gehoordeelname. Jy sal sien: As jy kom kyk, gaan jy nie net kan bly sit nie!" Woordedief is gebaseer op Best Books van NB-Uitgewers se reeks boekies wat geskryf is met die oog op voorgeskrewe tekste vir die Grondslagfase.

In gesprek met Kathie Viljoen oor 2025 SOF Junior, ’n deel van die Suidoosterfees

Izak de Vries, Kathie Viljoen Suidoosterfees 2025-04-29

Kathie Viljoen is een van die mense wat stil-stil werk om jongmense in die teater te kry tydens die Suidoosterfees. Izak de Vries het met haar gesels oor die Leesfees wat aangebied word deur Penguin Random House en deur die AON en SOF geborg word.

Persverklaring: Maak só vir ’n gerieflike, onvergeetlike Suidoosterfees-ervaring

LitNet Suidoosterfees 2025-04-25

Van 30 April tot 4 Mei word ’n groot toeloop van feesgangers by die Kunstekaap in Kaapstad verwag. By vanjaar se fees is kuns álles en feesgangers kan gerus die volgende wenke in gedagte hou vir ’n gerieflike ervaring propvol onvergeetlike indrukke wat die gees nog lank gaan voed.

Suidoosterfees 2025: Proscenium-jeugteater in die kalklig

Naomi Meyer, Herman van der Westhuizen Suidoosterfees 2025-04-25

"Niks kom ... by ’n lewende opvoering nie, so kom kyk by die Suidoosterfees na die Proscenium Jeugteater in die kykNET Kamer. Toegang is gratis. Daar is vier groepe wat elkeen drie keer optree en die vier stukke saam in elke groep duur nie langer as ’n uur nie."

Suidoosterfees 2025: Stormkaap: Kom drome andersom uit?: ’n onderhoud met Nathan Trantraal, André Trantraal en Ashley Marais

Maryke Roberts, Nathan Trantraal, André Trantraal, Ashley Marais Suidoosterfees 2025-04-24

Maryke Roberts gesels met Nathan Trantraal, André Trantraal en Ashley Marais wat vanjaar by die Suidoosterfees onder die tema, Stormkaap: Kom drome andersom uit? uitstal. Dis die trio se eerste groot openbare uitstalling saam.

Persverklaring: Dans gaan jou na "woorde laat gryp" by Suidoosterfees

LitNet Suidoosterfees 2025-04-24

Produksies op die Suidoosterfees se dansprogram beloof om vanjaar weer mense te betower met aanskoulike tegnieke en passies. Figure of 8-dansteater, een van Kaapstad se voorste geselskappe, sorg saam met Suidoosterfees vir verskeie hoogtepunte op die dansspyskaart van 30 April tot 4 Mei.

Carlo Daniels in eenmanstuk van Kafka, Die uitweg, by die Suidoosterfees te sien

Maryke Roberts, Carlo Daniels Suidoosterfees 2025-04-24

"Die stuk is baie opwindend. Dit verdien sy plek op die verhoog; dit gryp die verbeelding aan, maar dit handel ook oor temas van armoede, klas en baie ander aspekte van die lewe binne in ’n sisteem."

Joe Barber 25 by die Suidoosterfees 2025: ’n kwarteeu van jou gunstelingbarbier

Maryke Roberts, David Isaacs, Oscar Petersen Suidoosterfees 2025-04-17

"Joe Barber vier vanjaar ’n kwarteeu – die Moederstad se komedie met die langste raklewe – én het by die 60ste Fleur du Cap Teatertoekennings op 23 Maart die Encore-toekenning ontvang."

Suidoosterfees 2025: Verwelkingslied – ’n onderhoud met Antoinette Kellermann

Maryke Roberts, Antoinette Kellermann Suidoosterfees 2025-04-16

Maryke Roberts gesels met Antoinette Kellermann oor Verwelkingslied, "’n roerende swanesang wat Breyten Breytenbach aan [haar] en Marthinus Basson opgedra het."

Persverklaring: Kanna-benoemings vir KKNK 2025 bekend

LitNet KKNK 2025-04-15

Die Kanna-pryse erken jaarliks uitnemende artistieke bydrae by die KKNK en die Kanna-benoemings na afloop van die 29ste KKNK, geborg deur Absa, is bekend.

KKNK: Kiekies uit die Klein-Karoo

Izak de Vries KKNK 2025-04-14

"Die ietse het selfs in die dorp rondgeloop. Ander ietse het rondgehang."

Henk Serfontein by die KKNK

Izak de Vries KKNK 2025-04-14

"Die plante is dan nuwe lewe, kinders dus, wat voortgebring word deur die aarde. Hulle word kaal geskets, die wortels ontdaan van enige grond, soos ’n mens soms babafoto’s sien."

KKNK en Suidoosterfees 2025: ’n Bespreking van Sonde met die spoke deur Marianne Thamm

Izak de Vries KKNK 2025-04-14

"Uiteindelik leer ons ontsettend veel van Langenhoven én van die vroue in sy lewe. Daaroor was ek bly. Dit alles word boonop verpak in ’n heerlike komedie."

Top