Feeste
Articles about festivals in South Africa and abroad
Persverklaring: Momentum Aardklop stel sy program vir 2025 bekend
2025-06-13Momentum Aardklop se program vir 2025 is pas bekendgestel! Die fees vind vanjaar van 7 tot 12 Oktober oudergewoonte in Potchefstroom plaas. Daar is komedie, drama, tragikomedie, musiek in bykans elke denkbare genre van klassiek tot voetestamp, en vermaak vir die jonger geslag. Daar is gesprekke, laatnagkuiers, kos te kus en te keur, tienertoneel, rondleidings en boeke vir Afrika. Daar is legendariese name, en nuwe name waarvan kennis geneem moet word. Daar word teruggekyk en vereer, en vorentoe gekyk en geïnnoveer.
Persverklaring: Dié skrywers haal die 2025 Stellenbosch Woordfeeskortverhaalbundel
2025-06-10Drie-en-twintig verhale is gekies vir publikasie in die tiende Stellenbosch Woordfeeskortverhaalbundel. Vanjaar se kompetisie het 329 inskrywings gelok. Die algehele wenner sal by die bundelbekendstelling by vanjaar se Stellenbosch Woordfees aangekondig word.
Press release: Schreiner Karoo Writers Festival, 19–21 June 2025
2025-06-05The Schreiner Karoo Writers Festival is an annual literary celebration held in Cradock, South Africa, featuring writers mainly from the Karoo. Evening gatherings often include dinner-theatre performances, fireside chats, and open mic sessions, complemented by hearty Karoo cuisine and warm hospitality.
Persverklaring: "Deel" jou skribbels en wen ’n Woordfeeservaring vir twee
2025-06-05Die 2025 Toyota Stellenbosch Woordfees vier 25 jaar van kuns, kultuur en uitdrukking met die feestema "Deel". Jy kan deel wees van die feesvieringe deur jou skribbels, skrabbels en sketse met die feesbestuur te deel, en ’n Woordfeeservaring ter waarde van R2 000 te wen.
Witwarm gesprekke, heerlike Karoo-kos en knetterende vure vir die Etienne van Heerden Veldsoirée van 2025
2025-05-30"Om van 25 tot 27 Julie 2025, in die middel van die winter, ’n klomp mense oor boeke te laat gesels in die Karoo, kan net lekker wees. Darryl David, die baasbrein van boekefeeste in Suid-Afrika, vra mooi dat almal hulle serpe en musse en jasse sal inpak teen die koue, maar die program sal mense se harte warm maak."
Persverklaring: Marianne Thamm dryf spot met politiek by Hermanus Fynarts, 6–16 Junie
2025-05-19As jy ook vuisvoos is van ons land se politiek durf jy nie Marianne Thamm se komiese eenvrou-vertoning Round of applause reloaded by die Hermanus FynArts Festival misloop nie. Kom lag Junie maand lekker saam met ons vir ons land se absurditeite, en gaan huis toe met nuwe insig en hoop. Want, soos Thamm sê, sy het meer hoop vir Suid-Afrika as vir enige ander land.
Persverklaring: Kanna-wenners van KKNK 2025 aangekondig
2025-05-19Vanjaar se Kanna-wenners van die KKNK, geborg deur Absa, is op Donderdag 15 Mei aangekondig.
Skrywers, boekliefhebbers, navorsers en musikante op pad na die Karoo
2025-05-16LitNet en sy vennote kondig graag aan dat daar ’n suksesvolle aansoeker was vir die 2025-inwoonskrywerskap in Cradock/Nxuba, en dat ’n lang lys skrywers, boekliefhebbers, navorsers en musikante op pad is na die Etienne van Heerden Veldsoirée wat van 25 tot 27 Julie 2025 in Cradock/Nxuba plaasvind.
Press release: Echoes of heritage at the Hermanus FynArts Festival 2025 – 6 to 16 June
2025-05-15The Hermanus FynArts Festival is a fusion of arts festival and winter school. "Heritage" is this year’s theme, weaving together a full programme of music, theatre, ballet, workshops, culinary demonstrations, food, wine, exhibitions and discussions. From jazz and Ghoema rhythms to stand-up comedy and storytelling, celebrate the richness and complexity of South African history, art, cultural identity and transformation.
Press release: Wake up with the Daily Maverick at Hermanus FynArts Festival, 9–13 June 2025
2025-05-14Hermanus FynArts is proud to announce a dynamic new addition to the FynArts Festival: Wake up with Daily Maverick, a compelling morning talk series taking place from 9–13 June 2025. Don’t miss this thought-provoking series, designed for those who believe in the power of information, debate, and democracy.
Die wenner van die Nagtegaal-tekspryswenner: ’n onderhoud met Dianne du Toit Albertze
2025-05-08"Dit was veronderstel om my tweede roman te wees, maar die karakters wou net eenvoudig nie alleenlik op papier lewe nie. En toe ontmoet ek vir Tinarie by laasjaar se teksmark en ons begin skryf e-briewe vir mekaar en kort voor lank het ek ’n muse gekry."
Suidoosterfees 2025: Op die markplein – waar almal preek (Jakes Gerwel-gesprekke)
2025-05-08"Die kerk se grootste geskenk aan die wêreld sou wees om sy sonde en skuld te erken." Bettina Wyngaard het by die pas afgelope Suidoosterfees gesels met Siya Khumalo en Alan Storey oor geloof se plek in die openbare diskoers. Is geloof nog geloofwaardig? Hoe behou ’n mens jouself én jou integriteit in ’n era waar elke slimfoon ’n preekstoel geword het en menings in hoofletters op sosiale media uitbasuin word asof volume waarheid skep? Jean Oosthuizen gee ’n oorsig van hierdie Jakes Gerwel-gesprek.
Jakes Gerwel-gesprek (Suidoosterfees 2025): Afrika op die globale verhoog – met wie speel ons?
2025-05-08Mandira Bagwandeen en Siphamandla Zondi het by die pas afgelope Suidoosterfees gesels oor Suid-Afrika se internasionale beleid, sy rol in BRICS, en die breër vraag van Afrika se strategiese vennootskappe in ’n vinnig veranderende geopolitieke landskap. Die gesprek, wat die gehoor laat nadink het oor Suid-Afrika se globale posisie, het temas ingesluit uit Zondi se werk in boeke soos Africa’s strategic partnerships with BRICS and other emerging countries. Jean Oosthuizen gee ’n oorsig van hierdie Jakes Gerwel-gesprek.
Suidoosterfees 2025: Boeke en feeste – pasmaats? (Jakes Gerwel-gesprekke)
2025-05-07Chareldine van der Merwe het met Alma Struwig, Melt Myburgh en Nita Cronjé by die pas afgelope Suidoosterfees oor die rol van boeke, lees en boekwinkels by feeste gesels. Jean Oosthuizen gee ’n oorsig van hierdie Vriende van Afrikaans Ommietafel-gesprek (“Boeke en feeste – pasmaats?”), deel van die Jakes Gerwel-gespreksreeks.
Suidoosterfees 2025: Gedrukte media of digitaal – hoe vertolk ons die nuus? (Jakes Gerwel-gesprekke)
2025-05-07"Joernalistiek is nie besig om te sterf nie; dit is besig om te transformeer." Jody Hendricks het met Carryn-Ann Nel, Crystal Orderson en Ryland Fisher by die pas afgelope Suidoosterfees gesels oor die vertolking van die nuus in gedrukte en digitale media, die vinnig veranderende medialandskap en die opleiding van joernaliste. Jean Oosthuizen gee ’n oorsig van hierdie Jakes Gerwel-gesprek.
Blonde poison gee uitklophou by Hermanus Fynarts, 6 tot 16 Junie 2025
2025-05-07"Fiona Ramsay blink uit in die eenvrou-drama Blonde poison. Ramsay vertolk die rol van Stella Goldschlag, ’n vrou wat jag gemaak het op haar mede-Jode tydens die Tweede Wêreldoorlog. Aanvanklik het sy egter ander planne gehad. Stella wou ’n jazz-sanger word."
Persverklaring: Rooiwarm Kaapse jazz by vanjaar se Hermanus FynArts – 6 tot 16 Junie 2025
2025-05-07Volgens Ramon Alexander, wat ook die musikale direkteur van Kaapse Kabaret en We hear music is wat Junie na FynArts kom, kan "almal van jazz hou. Dis soos goeie kos."
29ste KKNK het regtig iets vir almal gehad
2025-05-06"Dis die tweede keer dat ek Die swartmerrie gaan kyk. Verlede jaar was ek weggeblaas; vanjaar was dit nóg beter. Dit word net voor sononder opgevoer. Dis ’n verlate treinspoor en verslete perron waar die storie ontvou. Daar is swaeltjies wat huis toe kom as dit skemer raak; die son gooi goue patrone teen die mure. Die gehoor sit ingedruk op stellasies en word deel van Simon 'Tjoekepaf' Baadjies se hartseer."
Persverklaring: Nagtegaal-tekspryswenner Dianne du Toit Albertze betower met "uitmuntende tegniek"
2025-05-06Vir haar wenteks, Huis van sand, ontvang Du Toit Albertze naas prysgeld van R100 000 ook mentorskap en ondersteuning met die finale afronding van die teks, asook ’n speelvak by vanjaar se Toyota Stellenbosch Woordfees.
