Jonathan Ball-portaal
Jonathan Ball Publishers was founded in 1976 to publish books of an independent character that enlighten and entertain.
We publish a range of non-fiction titles and specialise in South African politics, current affairs, biography and history.

LitNet Akademies-resensie-essay: Breytenbach in 2019
2020-01-08In hierdie LitNet Akademies-resensie-essay skryf Dewald Koen oor drie publikasies deur en oor Breyten Breytenbach: breyten breytenbach – woordenaar woordnar: ’n Huldiging; Rooiborsduif: Gedigte oor die liefde en op weg na kû.
Resensie: Die biblioteek aan die einde van die wêreld deur Etienne van Heerden
2020-01-07"Met hierdie roman bewys Van Heerden hom opnuut as waagmoedige prosaïs: ’n skrywer wat nie skroom om ongerymdhede in die samelewing aan te spreek, of hom daaraan steur om polities korrek te wees nie. Hy skryf eerder hierdie taboes oop."
Raaiselster: ’n onderhoud met Troula Goosen
2020-01-02"Ek sal die boeke wat ek as kind gelees het, net nooit vergeet nie. Dit speel só ’n belangrike rol in die vorming van jong lewens en kweek die lesers van die toekoms."
Brand deur Fanie Viljoen: ’n resensie
2019-12-19"Hierdie boek is beslis vir enige leser wat die somervakansie aan die brand wil lees."
Pasverskyn: Die nuwe Afrikaanse prosaboek deur Sonja Loots en Steward van Wyk
2019-12-19Die nuwe Afrikaanse prosaboek is ’n viering van verskeidenheid. Dit bied ’n verruimende, vars blik op die Afrikaanse kortverhaal met sowel klassieke verhale deur welbekende skrywers asook voorheen ongepubliseerde verhale deur nuwe stemme.
For the love of the land: ’n onderhoud met Ivor Price en Kobus Louwrens
2019-12-13"Ons wou ’n boek vir gewone Suid-Afrikaners skryf. Die mense wat bedags by radiostasies inskakel omdat hulle omgee oor wat in die politiek en die ekonomie gebeur. Die mense wat so dikwels in die slaggat val om in lelike Twitter- en Facebook-gevegte oor landbou en grond betrokke te raak. Baie van hulle is mense wat nogtans daartoe verbind is om aan ’n beter Suid-Afrika te help bou."
Wenner aangekondig: Pret met Wiskunde, uitgegee deur NB-Uitgewers
2019-12-13Lees hier wie die wenner van die Pret met wiskunde-boekpakkie is!
Resensie: Vloek deur Rudie van Rensburg
2019-12-13"Vloek is beslis ’n boek wat jou vasgenael hou, byna soos ’n speurderverhaal wat op die kassie afspeel. Skielik lees jy nie net meer'n boek nie, jy is deel van die gebeure ..."
Skrywersonderhoud: Kobus van der Westhuyzen oor Landbouweekblad: Hart tot hart
2019-12-12"Ek kom al hoe meer agter die ouens boer omdat dit vir hulle ’n liefhebbery is. Hulle kan nie loskom nie, hulle is verslaaf daaraan. Dit is amper soos ’n diamantdelwer. Jy kry dalk nie vandag ’n diamant nie, maar dan gaan jy maar more weer terug ..."
Pretoria: Boek en koek-bekendstelling, Die biblioteek aan die einde van die wêreld deur Etienne van Heerden
2019-12-05Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Etienne van Heerden se nuwe roman, Die biblioteek aan die einde van die wêreld, wat 09:00 vir 09:30 op 11 Desember 2019 in Pretoria plaasvind.
Pretoria: Woord en wingerd-bekendstelling, Die biblioteek aan die einde van die wêreld deur Etienne van Heerden
2019-12-05Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Etienne van Heerden se nuwe roman, Die biblioteek aan die einde van die wêreld, wat 18:00 vir 18:30 op 11 Desember 2019 in Pretoria plaasvind.
Pasverskyn: Gaan Suid-Afrika oukei wees? deur Jan-Jan Joubert
2019-12-05Met die ANC se oorwinning in die 2019-verkiesing staan president Cyril Ramaphosa sterker as ooit. Hy het nou die kans om sy beloftes om korrupsie in die regering uit te roei, uit te voer. Gaan hy suksesvol wees en wat beteken dit vir Suid-Afrika en sy mense?
Video: Cape Town launch of Will South Africa be okay? by Jan-Jan Joubert
2019-12-05The launch of Will South Africa be okay? by Jan-Jan Joubert took place on Thursday, 21 November 2019 at The Book Lounge in Cape Town. Mervyn Sloman was in conversation with Jan-Jan Joubert.
Video: Stellenbosch-bekendstelling van Die biblioteek aan die einde van die wêreld deur Etienne van Heerden
2019-12-04Etienne van Heerden se Die biblioteek aan die einde van die wêreld is op Dinsdag 19 November 2019 in die Stellenbosch Hotel bekendgestel. Naomi Bruwer het ’n video van sy gesprek met Etienne Bloemhof geneem.
Pasverskyn: Chinatown deur Ronelda Kamfer
2019-11-28In die bekroonde digter Ronelda Kamfer se vierde bundel, Chinatown, bied sy opnuut poësie met ’n emosionele slaankrag wat die leser nie onaangeraak sal laat nie.
Resensie: Die kinders van Spookwerwe deur Lize Albertyn-du Toit
2019-11-28"Dit is ’n roerende verhaal wat inderdaad, soos die voorblad beloof, 'soos die vaal stof van die Bo-Karoo diep in jou hart kom lê'."
Fotogalery: Stellenbosch-bekendstelling van Etienne van Heerden se roman Die biblioteek aan die einde van die wêreld
2019-11-22Izak de Vries het foto’s geneem by die Stellenbosch-bekendstelling van Etienne van Heerden se Die biblioteek aan die einde van die wêreld. Die bekendstelling het op 19 November 2019 in Stellenbosch Hotel plaasgevind.
Resensie: Mooier as Marilyn deur Anita du Preez
2019-11-22"Die teks loop soos stroop sodat die verhaal se pas vinnig en op ’n drafstap in hoë hakkies op Kaapse keistene is."
Resensie: My naam is Prins, ek slaap met die lig aan deur Christine Barkhuizen-Le Roux
2019-11-20"Die karakters worstel elkeen met ’n tweeledige proses van (her)belewing; hulle beleef dit in die verlede en herbeleef dit met verloop van die roman."
Resensie: Soekmekaar deur Dana Snyman
2019-11-15"Soekmekaar is onontbeerlike leesstof vir elkeen wat hierdie land liefhet, elkeen wat ons uitdagings probeer deurgrond, elkeen wat probeer om ten alle koste die hoop te behou."
