Jonathan Ball-portaal

Jonathan Ball Publishers was founded in 1976 to publish books of an independent character that enlighten and entertain.

We publish a range of non-fiction titles and specialise in South African politics, current affairs, biography and history.

"Dis hartseer dat ek nie gedigte ten volle in Nama kan skryf nie"

Cliffordene Norton, Lynthia Julius Skrywersonderhoude 2020-06-11

"Dis die hartseer van die saak. My oumagrootjie kon Nama vlot praat; my ouma, my ma, ek – ons kan nie Nama vlot praat nie. Dis nie aan ons oorgedra nie." 

Pasverskyn: Merk deur Rudie van Rensburg

LitNet Jonathan Ball-portaal 2020-06-11

Kassie Kasselman het geglo sy dae as speurder is getel ná die afgryslike Medusapedofielsaak, en sy hartaanval. Maar ses maande by die huis bring perspektief. Terug by die Spookeenheid word hy en kollega Rooi Els dadelik by die diep kant ingegooi toe hulle opdrag kry om ’n reeksverkragter vas te trek – een wat sy slagoffers met ’n brandyster merk, soos boere met hul vee.

Lesersindruk: Gaan Suid-Afrika oukei wees? deur Jan-Jan Joubert

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2020-06-10

"Joubert se kennis van die politiek, eietyds sowel as histories, en veral sy genuanseerde en nierassige benadering wat telkens deurskemer, maak hom ’n belangrike stem."

"Ons is opgewonde om te hoor of lesers meer van die Bitterbosbende wil lees"

Cliffordene Norton, Anzil Kulsen, Keenan Kulsen Skrywersonderhoude 2020-06-08

"My gesin is altyd my klankbord as ek stories skryf. Dit was toe juis met die ontwikkeling van idees vir ’n tweede en derde boek in die reeks dat Keenan aangebied het om te help." Cliffordene Norton gesels met Anzil en Keenan Kulsen oor die inspirasie agter die Bitterbosbende-reeks.

Luister sommer vandag! NB-Uitgewers en Centurion Hospice bied aanlyn boekvoorlesings vir kinders aan

LitNet Jonathan Ball-portaal 2020-06-04

Die boekvoorlesings gaan op ’n kreatiewe, opvoedkundige en vermaaklike manier aangebied word. Elke boekvoorlesing gaan ook van ’n aktiwiteit vergesel word. Die voorlesings gaan om die beurt in Engels en Afrikaans gedoen word.

Skrywersonderhoud: Anchien Troskie oor Somtotaal

Maryke Roberts, Anchien Troskie Skrywersonderhoude 2020-06-01

"Is dit regtig moontlik om ten volle te kan vergewe? Dit is die eienskap van die mens wat my die meeste fassineer. ’n Storie het altyd twee kante. Nie noodwendig twee regte kante nie."

Persverklaring: Kortlyste vir Media24 Boeke Literêre Pryse vir 2020 bekend

LitNet Boeke en skrywers 2020-05-29

Media24 Boeke kondig met trots die kortlyste aan vir die Media24 Boeke Literêre Pryse vir 2020. 

Pasverskyn: Somtotaal deur Anchien Troskie

LitNet Jonathan Ball-portaal 2020-05-28

Ester Labuschagne en Nonthando Majolo het saam grootgeword op ’n afgeleë plaas in die Oos-Kaap. Boesemvriendinne gewees – tot een dag van verraad. En nou, soveel jare later, met Nonthando se dogter Mila self al ’n volwasse vrou, kom spook die verlede by Ester. 

Is alles oraait byrie hys?: ’n Onderhoud met die stigter van Vannie Kaap

Veronique Jephtas, Bernie Fabing Jonathan Ball-portaal 2020-05-28

Met ’n Instagram-following van 181 000 en meer as 380 000 likes op hul Facebook page is Vannie Kaap, in hul woorde, ’n sosiokulturele beweging. As jy al gevra het of alles oraait by die huis is, het jy al Vannie Kaap se memes iewers gewaar/geshare. In Maart 2020 het Bernie Fabing, die stigter van Vannie Kaap, ’n memeboek by Kwela uitgegee getiteld, natuulik, Is alles oraait byrie hys? LitNet het vir Veronique Jephtas gevra om met Bernie Fabing te gesels.

Pasverskyn: Uit die kroes deur Lynthia Julius

LitNet Jonathan Ball-portaal 2020-05-20

In Uit die kroes word die Noord-Kaapse leefwêreld opgeroep in verse wat Namawoorde op verrykende wyse inkorporeer. Dit bevat gedigte wat die sentrale dog geringgeskatte rol van die bruin vrou in die Suid-Afrikaanse geskiedenis belig.

Pasverskyn: Vers & vrou deur Karen de Wet

LitNet Jonathan Ball-portaal 2020-05-14

’n Versameling gedigte oor vroue, deur vroue, vir vroue – en vir dié wat met vroue leef.

Lesersindruk: Wit Wolf deur Stefaans Coetzee en Alita Steenkamp

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2020-05-13

"Die boek is aan die een kant ’n biografie van Stefaans Coetzee, maar dit is ook ’n motiveringsboek. Dit is ’n boek van hoop en versoening."

Gratis Pad na jou hart-werkkaarte vir die klaskamer

Henk Viljoen Notas, toetse en vraestelle 2020-05-12

Gratis les-idees en aflaaibare werkkaarte gebaseer op die Afrikaanse film Pad na jou hart, met die komplimente van Best Books (NB-Uitgewers). 

Review: Sing down the stars by Nerine Dorman

Nikita Coote Books and writers 2020-05-04

"Though the sticker on the back may say 'Young adult', I am inclined to believe that the heroine’s age and childish mannerisms, as well as those of her friends, point towards a much younger target audience."

Resensie: Ek wens, ek wens deur Zirk van den Berg

Reinhardt Fourie Resensies 2020-05-04

"Die storie handel opsigtelik oor die dood – ’n lykbesorger en die huiweringswekkende wêreld van die begrafnisbedryf – maar dit is eintlik verbasend gepas dat so ’n aardige narratief uiteindelik heelwat te sê het oor die lewe, ten spyte van sy bemoeienis met die dood."

Fresh off the press: Lockdown – The corona chronicles by Melinda Ferguson

LitNet Jonathan Ball-portaal 2020-04-30

The first Corona book to be released in South Africa, Lockdown, captures the mood of our times through a tapestry of South African voices, delivering unique and insightful stories from the warfront.

Living while feminist – an interview

Cliffordene Norton, Jen Thorpe Books and writers 2020-04-28

"I think that there is always more room to explore a feminist life, and so I wanted to do that. In particular, I was interested in why so few pieces in Feminism is touched on the body and on what it meant to live in the world physically as a feminist, so I hoped to get more of those in this collection."

Resensie: Kyk na my deur Nataniël

Nini Bennett-Moll Resensies 2020-04-24

"Die skrywer is in alle opsigte ’n esteet: Kyk na my handel in wese oor die belewenis, die herkenning en die skep van estetika in alle gedaantes – die verteller verestetiseer bykans alles en die boek wemel van aangrypende poëtiese segginge ..."

Fresh off the press: All that is left by Kirsten Miller

LitNet Books and writers 2020-04-22

When Rachel’s brother disappears under mysterious circumstances, she must come to terms with his apparent death, though there is no body. She travels to Joburg to support her sister-in-law, Maya, with the memorial – also to escape her stifling life as a wife and mother.

Kompetisietyd! Wen Dagboek van ’n dork 1 en 2!

LitNet Jonathan Ball-portaal 2020-04-22

Skryf jou eie dagboekinskrywing oor die keer wat jy soos die grootste dork in die hele wêreld gevoel het, en staan die kans om die eerste twee titels in die Dagboek van ’n dork-reeks te wen!

Top