2020 MEDIA24 BOOKS LITERARY PRIZES│MEDIA24 BOEKE LITERêRE PRYSE 2020
Elisabeth Eybersprys vir Afrikaanse en Engelse Poësie│Elisabeth Eybers Prize for Afrikaans and English Poetry
Keurders│Judges: Charl-Pierre Naudé, Andries Visagie, Rustum Kozain
WINNER│WENNER
Loftus Marais: Jan, Piet, Koos en Jakob (Human & Rousseau)
Die resepsie wat Loftus Marais se derde bundel te beurt geval het, is feitlik deurgaans uiters positief en ’n mens kan nie ontken dat sy digterlike vakmanskap verstommend is nie. Dit sit nie in elke digter se klere om ’n sukses van ’n eenheidsbundel te maak nie. Soos in Kry my by die gewone plek aguur streef Marais na ’n ordeningsbeginsel in sy bundel om ’n mate van samehang te bewerkstellig. Tyd en ruimte (die stad Kaapstad) het in sy vorige bundel gesorg vir ’n besonder hegte eenheid tussen die onderskeie gedigte; in Jan, Piet, Koos en Jakob word ’n meer speelse ordeningsbeginsel gebruik, naamlik vier algemene Afrikaanse mansname waarmee onder meer die homoërotiese inhoud van die bundel aangedui word. Gedigtitels soos “Piet Langpoot” en en “Janolus capensis” dui egter aan dat die name ook op verbeeldingryke maniere op diere en dinge van toepassing gemaak word. Op ’n vermaaklike wyse slaag Marais sodoende daarin om verbande tussen uiteenlopende dinge, diere en mense te lê.
Van die mees geslaagde gedigte in die bundel is die homoërotiese gedigte wat in die tweede helfte van die bundel geplaas is. Marais verken die eietydse queer toneel in sy verse en besin onder meer oor nuwerwetse maniere vir gay mans om maats te ontmoet, byvoorbeeld met gebruik van die selfoontoepassing genaamd Grindr. Deurlopend gaan die verse oor die alledaagse en spesifiek oor die dikwels navrante aard van kleiner alledaagse ervarings. In onderhoude het Marais vantevore aangedui dat hy ’n broertjie dood het aan hoogdrawende poësie en in Jan, Piet, Koos en Jakob wys hy die groot gebaar af ten einde die kollig op die kleiner waarneming en die meer geringe belewenis te plaas. As ’n verbluffende voorbeeld van fyn digterlike ambagtelikheid is Jan, Piet, Koos en Jakob ’n waardige wenner van die Elisabeth Eybersprys vir poësie.
SHORTLIST│KORTLYS
Ronelda S Kamfer: Chinatown: gedigte (Kwela Boeke)
Met haar vierde digbundel, Chinatown, bereik Ronelda S Kamfer ’n nuwe hoogtepunt in haar ontwikkeling as digter. Sy waag haar hand aan langer gedigte en slaag uitmuntend daarin soos die verse “my poems is nie confessions nie” en “try dié” demonstreer. Eweneens met groot sukses slaag Kamfer opnuut daarin om die leser in vers na vers te ontroer en daarmee versamel sy retoriese krediet – die leser word deur sy/haar ontroering oorgehaal om die sake waarvoor Kamfer pleit simpatiek te bejeën. Hierdie proses verloop egter nie sonder verwikkelde selfrefleksie nie. In die reeds genoemde “try dié” word die leser se meelewing bewerkstellig deur die opnoem van die struikelblokke waarmee jong mense uit arm gemeenskappe te kampe het in hulle strewe na selfverwesenliking. Die spreker besef dan dat sy haar eie pogings om aan hierdie ervarings sin te gee, nie kan vertrou nie: die diskoers van oorlewing wat sy wil aangryp as rasionalisering van haar jeugervarings is bes moontlik “nog ’n supremacist invention”.
Kamfer reken genadeloos met witheid af, maar Chinatown is ook ’n ondersoek na die trauma wat weens kleurdiskriminasie van generasie tot generasie oorgedra is. Heel moontlik in aansluiting by die herwaardering van veragte vrouefigure binne die feminisme posisioneer Kamfer haar in die bundel as ’n ondermynende soort heksfiguur (“brujas”). Die afrekening in die bundel word na die vaderfiguur uitgebrei (“Chinatown daddy”, “Powerade” en “grapjas-dêddie”) nadat sy in haar vorige bundel Hammie veral die moederfiguur sentraal geplaas het. Chinatown is ’n kragtige digterlike credo uit die pen van Ronelda S Kamfer.
Hennie Nortjé: Kryt (Queillerie)
Kryt is ’n bundel waarin die digter die klassieke aspekte van sy debuutwerk, In die skadu van soveel bome, meer asemhalingsruimte gee. Daar is vernuftige maar ook subtiele spel met klank, rym en binnerym en veral assonansie en alliterasie. Die bundel verteenwoordig ’n baie interessante middelposisie tussen eksperiment en tradisie.
Die gedigte speel op ’n makro-vlak en ’n tydgenootlike vlak af. Die titel is die vernuftige samebindende sleutel: dit dui op die geologiese makro-era, die Kryt-tydperk (in Engels bekend as die Cretaceous Period) wat 80 miljoen jaar geduur het en waarvan baie krytneerslagte bestaan. Op die mikrovlak slaan die titel op die kreatiewe mensaap se doen en late: kryt is die simbool van teken en lering, en is net so sentraal in ons mens-ontwikkeling as die handimplement wat op die voorblad verskyn, wat vroeë mense gebruik het om tekens mee te grif.
Nortjé werk met ’n speelse en humoristiese toon wat die swaarwigtigheid sowel as die verganklikheid van die planetêre geskiedenis in navrante balans met mekaar hou.
Twee gedigte wat die digter se behendige verbeeldingspronge illustreer is “Hopper en Pollock besoek die Boland”, waarin ’n nagtelike roof by ’n vulstasie oorgaan vanuit ’n tafereel uit die een kunstenaar se werk na die ander kunstenaar se werk, en “Helderberg”, waarin die sonsondergang by Somerset-Wes in verband gebring word met die ondergang van die gelyknamige rampvliegtuig in die jare tagtig. ’n Verrassingselement is dus spelend teenwoordig op die meta-vlak, en dít is die bundel se uitstaande kenmerk.
Hierdie is nie ’n digter wat vlak gelees moet word nie.
Mongane Serote: Sikhahlel’ u-OR: A praise oem for Oliver Tambo (Kwela)
Mongane Wally Serote is a veteran of the struggle poem and is important for both his literary value as well as political contributions. As far as literary value goes, it is mostly his trailblazing early poems that stand out.
This praise poem commemorates both African literary heritage, in the form of one of its most notable genres, the praise poem, here expanded into the praise epic; as well as historical and political memory.
It is a selflessly written, expansive ode of gratitude written to a great local political figure, Oliver Tambo. This aspect, the aspect of gratitude, and the effort of writing such an extensive thanksgiving gesture in such a deferential spirit, is commendable and it forces the reader into a sense of admiration. For some, this would even be a matter of awe.
As a literary work, it is not without shortcomings, especially if you compare it to a volume like Mandela’s earth and other poems, by Nigerian Nobel prize winner Wole Soyinka. The praise poem, as well as the African political poem, especially the political epic, is a hard act to follow.
Nevertheless, Serote’s effort brings colour, dedication, commemoration and humility to what most South Africans have come to celebrate as their common heritage, despite all existing detractions from this noble aim.