In memoriam

Op hierdie blad bring LitNet hulde aan diegene
wat ons lewens geraak het.

On this page LitNet pays tribute to those
who have touched our lives.

SA Akademie: Hulde aan die nagedagtenis van dr Neville Alexander

2012-08-28 Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bring hulde aan die nagedagtenis van dr Neville Alexander.

Lank lewe Neville Alexander!

2012-08-28 "Ons kon vir ure gesels, en die lesse wat ek by hom geleer het, het my in staat gestel om hom later as voorsitter van die Wes-Kaapse Taalkomitee op te volg terwyl hy ook gereeld advies gegee het oor hoe om kernvraagstukke binne die ATR te hanteer." Michael le Cordeur skryf oor wyle Neville Alexander.

Opgedra aan Neville Alexander

Christo van der Rheede 2012-08-28 Opgedra aan Neville Alexander ...

Neville Alexander (1936–2012): ons annerlike taalman

Theodorus du Plessis 2012-08-27 "Die oomblik van ontmoeting tydens ’n teepouse was kortstondig, maar byna oorweldigend. Teen daardie stadium was ek wel deeglik onder die indruk van die statuur van hierdie nuwe taalman."

Velerlei ontmoetings met PH Nortje

Danie Botha 2012-07-18 "Ek het in PH Nortje se werk en in ons ontmoetings iemand leer ken wat met humor kon skep, maar nooit laf was nie; wat dikwels bekommerd gefrons het, wat sekerlik baie mensekennis had, wat milddadig met sy wysheid was."

Gerrit Komrij: Necrologie

Annemarié van Niekerk, Jaap Goedegebuure 2012-07-10 "Gerrit Komrij (1944-2012) was ’n man met baie gesigte, aktief in baie genres en ’n uitsonderlike persoonlikheid in die Nederlandse literêre wêreld. Ongeag van wat hy gedoen het en waarmee hy besig was, hy het opgeval." />

Gerrit Komrij oorlede: gemaskerde verkleurmannetjie, nee duisendpoot

Carina van der Walt 2012-07-10 "Gerrit Komrij (68 jaar) is volkome onverwags op 5 Julie oorlede. Sy biograaf, Onno Blom, was een van die min mense wat bewus was van ’n siek Komrij. In Afrikaans het Komrij vir kontroversie gesorg as samesteller van die bloemlesing De Afrikaanse poëzie in 1000 en enige gedichten (1999). In die Nederlandse literêre wêreld was Komrij ’n duisendpoot, want hy was ook roman-, toneel- en rubriekskywer, verteller, vertaler en gevreesde kritikus."

Gerrit Komrij overleden (1944–2012)

Hendrik-Jan de Wit 2012-07-09 Gerrit Komrij, de Nederlandse schrijver van zes romans, tientallen dichtbundels en vele essaybundels is donderdag, 5 julie, overleden.  

John Kannemeyer – ’n jare lange vriend en ondersteuner

Petrovna Metelerkamp 2012-06-19 “John Kannemeyer was ’n jare lange vriend en ondersteuner van Hemel & See Boeke. Ek dink met groot respek aan hom en het net goeie herinneringe aan die jare wat ons saam aan boeke gewerk – en saam lekker geëet en geskinder! – het.”

Annake de Villiers (1975–2012)

Joan Hambidge Poësie 2012-05-14

 

Op YouTube in swart geklee
staan jy soos die Pied Piper ...

In memoriam: Roelof Willem Temmingh (28 September 1946 – 5 Mei 2012)

Izak Grové 2012-05-11 "Temmingh het as 12-jarige immigrant in 1958 saam met die gesin uit Amsterdam in Suid-Afrika aangeland, een van ’n groot groep Nederlanders wat na die Tweede Wêreldoorlog diep spore op die gebied van die kunste in hul nuwe vaderland nagelaat het."

Annake de Villiers (1975-2012)

Naomi Meyer 2012-04-25 Annake de Villiers is dood. Lank lewe Annake de Villiers.

JC Kannemeyer

Johann de Lange 2012-03-20 Wat kan die geheim van jou reuse-arbeid wees?
Verder as China s’n strek jóú Muur van die Gees.

Laatnagvrese

Johann de Lange 2012-03-16 Wessel, dis nou drie dae na jou dood
& die koerante swyg in al hulle kolomme
oor die dertiende van die derde
toe jy die onderspit gedelf het.

Wessel Pretorius (1949–2012)

Joan Hambidge 2012-03-16 "Jou nooit ontmoet nie, net jou laatnagvrese op papier herken;"

Dawie Ackerman (1954–2012)

Albert Maritz 2012-03-01 In Memoriam contributions assembled by Albert Maritz

In Memoriam: Danie “Jorrie” Jordaan

Ernst Kotzé 2012-02-16 Jorrie Jordaan, wat die grootste deel van sy lewe as student en akademikus aan die Universiteit van Port Elizabeth (later die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit) verbonde was, het ’n onuitwisbare indruk gemaak op elkeen wat hom leer ken het.

Paul Viljoen (1931–2012)

Annari van der Merwe 2012-02-09 Ek het eers op sy oudag werklik met Paul Viljoen kennis gemaak, al het ek hom van kleintyd af van sig geken. Ons het in dieselfde Karoo-distrik grootgeword, en op ’n klein dorpie weet die kinders altyd van die grootmense, veral as die ander grootmense oor hulle praat.

Melvin Whitebooi: mag sy siel in vrede rus

Jason Lloyd 2012-01-24 Die gerespekteerde Afrikaanse veteraan-joernalis Melvin Whitebooi se dood in November 2011 het ’n groot leemte in die Afrikaanse joernalistiek gelaat – veral in swart Afrikaanse joernalistiek.

Kannemeyer: onvergelyklike leermeester en gulhartige mentor

Jaco 2012-01-06 Die bydrae van John Kannemeyer (1939-2011) tot die Afrikaanse letterkunde kan kwalik oorskat word. Inteendeel, sy bydrae bly steeds die belangrikste verwysingsbron vir enige literatuurnavorser. Ek wil graag aan hom hulde bring as onvergelyklike leermeester en gulhartige mentor.
Top