Poësie

Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.

Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:

  • Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publikasie is onderhewig aan keuring.
  • Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
  • LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
  • ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
  • Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
  • Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur. 
  • LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

Sterkte met jou skryfloopbaan!

...

Read poetry by established and emerging poets.

If you would like to submit your poetry, please read the following:

  • Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publication is subject to a selection process.
  • Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
  • LitNet offers no compensation for published poems.
  • The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
  • If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected. 
  • LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Best of luck with your writing career!

Matriekafskeid

Marius Crous 2007-05-23 dit is die aand waarin sprokies lewe kry waar feeprinsesse en paddaprinse in glinstergoud en ingevoerde sy weer promoveer van trike tot turbo van die naloop van die groot amerikaanse droom van prom en prom nite die ...

Die vier seisoene*

Chris Brunette Poësie 2007-05-23

Lente Skielik is lente weer hier en die voëls vier haar koms met vrolike feesgefluit; murmelende stroompies vly hulle speels teen die westewindjie aan. Donderstorms, daardie ou bekende bodes van die lente, dreun, span ...

Op drie-en-dertig

Marius Crous 2007-05-17 Na Hans Magnus Enzensberger hoe anders het hul lewe nie uitgedraai nie op 33 luister sy nog soms na Beethoven sondae na kerk oor die radio sy skil en water af op die maat van die 9de van watter nut die 365 bladsye wat sy geskryf het ...

Vis

Marius Crous 2007-05-17 op die bed is jy ’n vis blink van skub op ’n bord in die middel van ’n tafel sy hand wat na jou uitreik word ’n vismes reg vir die afkrap die huiswerker gaan jou skubbe kry tussen die lakens die grate wat vas ...

El Alamein

2007-05-16 Hy staar deur ’n newel van kruit en kordiet Na planete wat sink en ’n ster wat verskiet Lyke vervuil die Sahara-woestyn Sy wêreld was anders Ná El Alamein ’n Oordrom wat bars soos kartetse ontplof En hy ...

O GOD dit brand!

Floris A Brown 2007-05-09 TOTIUS ek wou nog altyd vir jou ’n gedig maak ’n gedig oor jou Passieblomme wat hier diep in die onderste diklaagvelle van my hart kom gis het met elk herlees van elk vers het jy my dieper gekatrol my ...

Wederlied – ’n letterdig

Johann P Boshoff Gay 2007-04-17

vir Jaco Schutte Jou song sing jy in jou vrye staat asof daar vlaktes wag vir jou, vir my, koppies, bos en sukkelstrome op my, op jou, in ’n vrye staat. Bring weer jou kitaar, lief. Uit sy snaresing weer jou song van ek en jy,jy ...

Tot (Weder)siens: ’n (Post)Moderne ballade

Joan Hambidge 2007-04-12 Klik op die rooi woorde om die gedig te laat ontvou.Sou ek ’n Sianied-pil neem of wag op uitlewering soos Rommel die arme drommel? “Tot Siens” van D.J. Opperman In elk geval, ’n rukkie Rommel, ’n Oer-Germaan ...

Memor Patris

Marius Crous 2007-03-30 Die borde het gewag op brood as kind identifiseer sy met die lelike eendjiemaak stories op oor die swaan se gebreekte neklaat die reus die vermetele janaan die hakskeen vangvoor hy afglip by die boontjierank sy dra pantoffels en koppies tee aansy ...

Slagter

Marius Crous 2007-03-29 wat maak ‘n slagter in sy werksklere in die skemer voor die hek sy hande pienk soos pasgeslagte vark sy oorstewels en -jas bloedbesmeer en sy slagmes in sy gordel is die slagter hier vir ‘n wyksbyeenkoms ‘n potjie poker of ‘n ...

Digters

Daniel Hugo 2007-03-28

Die dood van ‘n spinnekop

Mauritz Venter 2007-03-14 In die nanag tussen kribbellaatsy en vlas die moordenaar met sy palp op die snaar hy wag, doodstil vir die prooi wat dool in die git buite is sy wêreldwye web se ankers in die uithoeke vasgeplak en ingespit. Hy slaan ag op ‘n ...

Die geheim

Mauritz Venter, Mauritz Venter 2007-03-14 In die nanag kloof ek met ‘n lemmetjie onverwags, afvallig en los deur die verweefdheid en simmetrie ‘n volmaakte snit in die Kosmos en deur die gesplete gewelf met oordadige geweld stort inflammasie en koors kromte en ...

Meneer Gödel

Mauritz Venter 2007-03-14 Ek het ‘n boekie by die huis wat vertel van tyd en die ruimte se weefsel, maar wat dit nooit kan sê, is die vlam wat opstaan vir my uit daardie bladsye, amper soos die Bybel … en as meneer Gödel die wisselende tye ...

Sy kyk na my soos 'n god

Mauritz Venter 2007-03-14 In die winkel saam met haar pa loop ‘n dogtertjie van so vier jaar, haar gesig genadeloos ontwrig van geboorte, maar deur die misplaaste oë kom iets wat my toor – dit was haar onbewustheid van die deformasie. Daar ...

jorrisonstraat braamfontein

Tessa Louw 2007-03-14 vir Willem-Piet gay staan vir happinessen ook vir the bird cage in jorrisonstraat braamfonteinlagplek jolplek speelplek gayplek seksplek jou plek waar jy bedags kos maak vir die doves ondernemers slap oorkant jou in jorrisonstraat braamfontein ...

Digteres as huisvrou

Joan Hambidge 2007-03-14 Vir Elisabeth Eybers   Altyd 'n Mr Delivery-boks teen die muur, nooit 'n optelslet op die onvanpaste uur. Agenda/memoranda-dae waardeer sy gatvol, moerig van vergadering na vergadering tol. Wasgoed wat deur haar Bosch-masjien swaai, sewe stelle klere plus gymbroeke aan die draai. Eksamenskrifte, e-posse, verslae op haar lessenaar ('n Toring van Babel), neffens kritieke wat […]

die roos

2007-02-28 daar sit jy met jou dik gat wat alweer vanoggend “vyf kilometer op die treadmill” gewaggel het jou tuinkabouter-postuur, koddig voor jou pc jy rook elegant, vingers mooi reguit maar jou bek vou soos ’n honger venus ...

van binnebuite

2007-02-28 (askies antjie krog) die smeuling wat (vers)kole was ontvlam toe gisternag dalk aangehits deur brandewyn en praatjies van dié dag nou brand daar wel ’n vuurtjie waar net ’n rokie was die vlamme lek so ...
Top