Poësie

Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.

Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:

  • Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publikasie is onderhewig aan keuring.
  • Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
  • LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
  • ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
  • Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
  • Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur. 
  • LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

Sterkte met jou skryfloopbaan!

...

Read poetry by established and emerging poets.

If you would like to submit your poetry, please read the following:

  • Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publication is subject to a selection process.
  • Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
  • LitNet offers no compensation for published poems.
  • The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
  • If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected. 
  • LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Best of luck with your writing career!

Die koue front

Pieter Hugo 2006-12-13 Ons lê styf teen mekaar in die bed.Twee moeë lywe se yl verweerom ons van die koue front te red. Die oeroue spel van die lyf hetons lankal reeds uitgeredigeer.Ons lê, styf, teen mekaar in die bed.Met lang gesprekke slaag ons, ...

want

Hennie Nortje 2006-12-13 ons stap nie meer saam hand aan handop ’n maanlignag langs ’n Suidkus strandwantons maak nie meer kampvuur bo in die bergenagte alleen so onder die sterre want ons eet nie meer by kerslig uitdaar waar ons saam oor die baai kon ...

Die lone ranger sien sy gat

lx fun sale 2006-12-13 Jy’t geval van jou perd vul die landskap met kneusplekke die speechbobbel wat sweef bo jou kop soos ‘n ekstra persoonlikheid ...

Sering voor Lydia

Hennie Nortje 2006-12-13 in ’n dorp so swaar ge-eikskyndie sering gering:’n klein nebula pers-wit 5 punt sterre valtussen goue meteorietedalk geaborteerde manekykparty nog met naelstring aan puntenerige hoë hakkies trippeldeur ’n gevalle heelalhoe ...

woorde huil soms

Jak de Priester 2006-11-30 lang trane van die hart. woorde huil soms op papier, brûe, kitare, rots en kots,asyn in die wonde,ingesmeer, geslaan, gemartel in die weeshuis van die hart. woorde huil somstot die siel skil-verdroog raak van ...

Vir ’n oomblik

Hennie Nortje 2006-11-30 die waai van die winden die son se brand sonder toe die paarmisvormde tinger steggies uit...ongemerk deel van dielewensgeel Canola verfstreep en maak hul bewus van hul andersheideensaamheidver verlangongeelheid momenteel wil hierdie ...

Dalk met apologie?

Hennie Nortje 2006-11-30 aan alle skrywers en medewerkersalle aktiewe en rustende ledebeide boen benede die groen gras onder die suisende sipresseal julle kenners en ontkennersjulle geleerde en ongeleerde leerders van lesse - al dan niejulle voorstanders van ...

Falliese vrou

Zandra Bezuidenhout 2006-11-28 Ek ken die vrou, die wilde een,wat hardloop met die wolwe.Sy jaag die voornag uit sy lêplek open kap na skaduweeswat opstaan teen die wande.Nou glip sy uit die grot,gly met die trop deur smal ravyne;besnuif die droom,markeer die pastot ...

Man-alleen

Jak de Priester 2006-11-22 Imagine hoe alleendit moet wees om ’n man-man te wees.’n Man-man, wie met kaal koue emosiesdeur die lewe veg.’n Man-man met ’n muur om hom gebou,sodat niemand die sensitiewe sy van sy swaarbelaaide sielkan filtreer nie,nie ...

sandbank

Riekie Human 2006-11-22 ek het nie gedinkdaar was nog tranenog damwallewat kon ingee en breek nie dié ondervoete van myso déúrgeloop alsukkel-sukkeltoe dit (alweer) sand tref en ek gee opnuut - met rente –’n stewige sommetjie aanDie Bank ...

Die waggers

Marthinus van Loggerenberg 2006-11-22 Hulle wag netvir ietsiets om te gebeur En as die donker skielik winkgryp hulle benoud: wil nog tyd hê Vir wat?Vir wag? Bekommer hulle oor klere wat pas, klere te wasvel te dik, vel was los pasen kraam oor onbenullige, krampagtige snertrek ...

Interteksseks

Loftus Marais 2006-11-15 ek het johann de lange in ’n publieke toilet gescore (ek’t hom moeilik herken van sy skrywersportrette) in die stank van pis, kak, ammoniak het hy my ’n cubicle ingevat – daar’s poësie te vinde in toilet-graffiti ...

Pad

Marius Crous 2006-11-15 hier begin die pad nou vurken elkeen kry sy koerswat sê mens vir mekaarom saam te vat op so ’n reis- sien jou aan die ander kant- wag vir jou by die waterval- onthou net ek stap stadiger

vásgeprent

Riekie Human 2006-11-15 hakke plat.voete vorentoe.skouers op die plek rus. als uiteindelik mooi gecontain en …béárable maar toe kom jy met jouphotoshop woordeen vee die grond wat ekso mooi so lank al harkreg onder my uit en klik-klikketie-kliklig jy ...

vanoggend stap ek langs die see

lx fun sale 2006-11-14 vanoggend stap ek langs die seemet my stetoskoop en my scalpelkrap ek al die rofies af van die dagom te kyk hoe die wondjies bloeiwat bloei, lewe ’n joggie hop oor ’n riool stroompie en kyk op, kind se vinger streel ’n treurende ...

Siektebesoek

Marius Crous 2006-11-14 Vir Nelia waarom die siekes in hospitale besoek jou weeklikse skedule aanpas by die uur van die bedpanne so om die bed te kuier met die matras nog klam van ’n ander se sterwensangs ’n vreemde skaamhaar die virusse wat saam getrollie ...

Die digter se kategismus

Pieter Hugo 2006-11-09 my enigste troos in lewe en in sterweis dat my versevir ewig salvoortleef of totdatgeen tyding van my taalbestaan of totdatalle papierversuur of totdatalle atomeontplof *** ag hemel togdaar is ook alewig ’ntotdat

Tolk

Zandra Bezuidenhout 2006-11-08 seine is die aardese skrif wat klinkdrup-drup die tikklop klopliks die koggelklopteen retina of cochlea vang hart en niere voltydig heeltyds intyds die kort-kort lanktot een die trilling streel die inval lig of swaar besyfer na behoefte en ...

(dood van my suster (21) in haar slaapkamer)

Leah 2006-11-08 My pa hou my hand styf vas en stoot dan jou kamerdeur oop: Hannetjie my kind, word wakker! roep hy oor en oor en al is ek net vyf sien ek alles hier in jou kamer is té wit: wit jou gesig, wit is die laken, wit is jou lyf en staar ek ...

Marjorie en jaloesie

Louinne Loena 2006-11-08 Magrietjie, Magrietjie jy met jou fyn beduiwelse voelertjies wat heeltyd aan my son bly vat jy wat een oggend jou vlerke gesprei het en in al jou volheid lewe probeer vind het. Jy is groen want ek is nie, en geel want ek is hier, en jy is nie. ...
Top