Afrikaanse haikoes

  • 2

I

Toe die duif opvlieg,
was dit vir hom 'n teken
om te gaan toesluit.

II

Dis nag en die maan
se perdehoef trap ligweg
op die vensterbank.

III

Ná hulle weg is,
het die bloed op die kosyn
'n bruin swam geword.

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top