Cleopatra
Die eeue kantel. En die donkies staan vaaltyn
vaal onder die vyebome sonder vrug,
waar Cleo se soldate met geplette emmers
die badsous uit die uiers lig
Dit word in koperskottels weggevoer
na die paleis en gooi dit dat die witvog spat
in ’n goudomraamde marmerhouer,
waarin Cleopatra bad …
Cleopatra
The ages topple and the donkeys sleep open-eyed
Under the barren tree
Where Cleo’s soldiers in copper buckets
The bathing sauce from the udders free
This precious liquid is carefully moved
To the palace and poured beneath the beams
Into the gilt-edged marble pool
In which Cleopatra has her milky dreams …

