Gebore op 23 September 1928 in Lichtenburg. Nee, ek weet nie hoekom juis daar nie – ek wou seker naby my ma gewees het. Ek is op 'n Sondag gebore – my ma het nie tyd gehad in die week nie. Ons het oorkant die tronk gewoon, want die tronk was vol.
Toe kom die depressie en die droogte en die sprinkane en ons trek Johannesburg toe. Ons het veertien dae lank met 'n donkiewa gery.
Ek is na die volgende skole toe: laerskool, Westdene; hoërskool, Helpmekaar; toe Normaalkollege, Pretoria.
Eers word ek onderwyser, toe draaiboekskrywer by KARFO. Daarna omroeper by SAUK, waar ek Flink uit die vere elke dag vir 13 jaar lank aanbied. Ek kry allerhande pryse, soos die ARTES vir Die Hemelkinders, en ATKV-toekennings vir my bydrae tot Afrikaans.
Intussen skryf ek kortverhale vir tydskrifte en publiseer 21 boeke. Getroud met Douwlina Grobler (sy is oorlede op 15 Junie 2002) en het twee seuns: Frans, ’n advokaat, en Gerrit, redakteur van Wegbreek.
Woon tans in Arkadia-Ouetehuis en skryf memoires en ook UMFAANUS.
Opgedateer/Updated: 2006-09-01
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za