Hul was eerste met die wyn

  • 0

Hul was eerste met die wyn
Met kromhout wat die tyd oorleef
Van Le Provence tot Drakenstein
Waar hul na oes volmaaktheid streef

Wingerdplaas het ons geërf
Waar ons wyn tot kuns versnit
Op wynplaas en op wingerdwerf
Sal ons vir elke oesjaar bid

Woeker hier die werkers wat
Die wingerdloot met liefde plant
Pluk en pars in eikevat
Word weer die wynspens van die land

Twee koester die kunssmaak van die wyn
‘n Guitige wyn wat wetend lag
Verwagting groot, die oes nog klein
Ruk jou reg vir die wyn se krag!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top