Op Madiba se verjaarsdag: Afrika-seun

  • 0

Sewe en twintig robbe bobber om die Eiland.
Toe ek gebore is, was hy al tien.
Liewe Heiland!

Ek, wat maar ’n nikswerd in hierdie land is,
dink aan hom wat amper al kon voortplant
toe ek eers geplant is.

Maar in al die jare
Vandat ek my vrye verstand gekry het,
Was hy een van die ommuurde "barbare"

wat niks had nie,
wat die buite van binne nie eens kon sien nie,
wat pennieloos en moedeloos
miskien nie eens sy veroordeling verdien nie!

Wat het geword van sewe en twintig leë jare,
die droom wat hy omgeslaap het?
Dank God: dit het hom nie dol gemaak nie.
Ja, hy soek al negentig jare lank
na die kleur van hierdie klank
en nou, na amper honderd jaar,
asem hy nog die ommuurde stank.
 
Wat het geword van sewe en twintig leë jare
Die droom wat hy omgeslaap het
Dank God, dit het hom nie dol gemaak nie
Negentig, amper ’n Heilige, maar nie volmaak nie.

Soveel jaar verlang hy miskien al na die Basuin,
verlang hy na die Vryheid wat mens se verstand benewel.
Hoe kan mens vry wees in ’n kou?
Vry wees in ’n tronkvoëlhemel?

Veels geluk dan, Madiba,
oorlat jy verjaar.
Mag die Here jou seën
En jou vryheid lank spaar!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top