vir isobel 27 Junie 1918

  • 0

isobel jou huis sal my hart wees totdat ek ook beswyk
die lampe hier gloei - geel huiwerende vinke teen
die muur - en jou klein hande hou my vas
in die nag drup drup die swart reën en val die dood
se skaduwee ligvoet in die skarniere van jou bleek gelaat
isobel jou hande hou my vas terwyl jy my verlaat

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top