klowe op die man se gesig langs ons
waterige oë sy bier geklem 'n vangs
geplooide hande die are stu blou op swaarde
geroesemoes van gebreekte stemme die sunday
times lê bleek onder hande – swart-en-wit-geblokte sak – glimlag
soos ek ook, sonder tande

