ongetiteld

  • 0

die wind hyg soos ’n onrustige ondier sluip hy
vandag geslape om hoë bome en lae struike en glip oor die draad
en gaan lê aan die ander kant van die spoor temend soos ’n ou
vrou die note glip uit sy skor keel en daar gaan lê ’n ou beklemming
op my bors gelek deur ’n gewonde hond se nat tong troos
wanneer hy afbeen die groot wilgerboom se bas afstroop

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top