Hoekom eggo jy my?

  • 0

Ek was onrehabiliteerbaar
heteroseksueel dalk het ek
die lewe te veel uitgedaag
toe kom jy vreemde
eggo van myself.

Ek het net, verontskuldig sy haarself,
Pandora se winkel ingestap.
Nuuskierig die amfora oopgemaak.
Dit was ’n rondkykplek, dan nie?
Essensieel vrou duiwels
losgelaat soos duiwe
wat pynigend plesier.

Maar hoop, liefie, is
in die amfora vasgekeer
toe ek die deksel toeslaan.

Sal ons ekstaties op haar vlerke
soos Thelma & Louise
die afgrond binnevlieg?

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top