die grondpad huis toe

  • 0

die grondpad huis toe die son plas geel soos vergete gisters
al om my vuil stewels en jou groet die benerige handskud
van nog 'n winter hang koud in die lug en die liefdes van hierdie
jaar en voor dit glinster beeldskoon en nat in naakte bome
ek rook 'n ou sigaret drie rubbish bags later en die dood is een
gedagte pa en die lewe spoel vandag in oormaat uit vullissakke

 

 

 

 

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top