Feeste

Artikels oor feeste in Suid-Afrika en in die buiteland
Articles about festivals in South Africa and abroad

Week van de Afrikaanse Roman, Antwerpen, 25 september 2019: baden in meertaligheid is de beste manier om te leren lezen

Herman Meulemans NeerlandiNet 2019-10-04

"De Week van de Afrikaanse Roman draait op volle toeren. Op 25 september kwam de karavaan van spraakmakende Zuid-Afrikaanse woordkunstenaars langs in het superdiverse Antwerpen."

Tuin van Digters 2019: Mercy Kannemeyer se indrukke

Mercy Kannemeyer Seminare en essays 2019-10-04

"Dit het my ’n rukkie gevat om hierdie rubriek te skryf. Ek wou bepeins oor dit wat ek deurgemaak het. En in my gedagteproses het ek ook besef dat die fees steeds oorwegend wit is. Hier kan ’n mens moontlik op ’n paar tone trap, want natuurlik het ek groot agting vir almal wat op hul manier tot die sukses van so ’n fees bydra. Die volgende vrae het wel in my kop gedwaal: waar is die bruin of swart akademici?"

Persvrystelling: Aardklop 2019 ‒ ’n Fees van rekords!

LitNet Aardklop 2019-10-04

Ten spyte van uitdagings soos vreemde weerpatrone en ’n sukkelende ekonomie het die fees op vele vlakke rekordgetalle aangeteken.

Week van de Afrikaanse Roman 2019: video met Riana Scheepers en Karin Brynard

LitNet NeerlandiNet 2019-10-01

Die Week van de Afrikaanse Roman 2019 het van 20 tot 29 September 2019 plaasgevind. Philip du Plessis deel sy video's met LitNet. In hierdie video praat Riana Scheepers en Karin Brynard oor hul ervarings van die fees.

Aardklop 2019: Die drie groot K’s

Yolanda du Toit Aardklop 2019-09-20

"Die drie moet-sien K’s vanjaar by Aardklop is Katvoet, Kamphoer en Koningin Lear. Uit hierdie drie toneelstukke uit die boonste rakke en soveel ander topproduksies, is daar gewis iets wat ’n ieder en ’n elk se smaak sal geval. Behalwe dat gesoute spelers die toon aangee in al drie produksies en wys waarom hulle deel uitmaak van Suid-Afrika se beste akteurs en aktrises, word die produksies aangevoer deur van ons beste skrywers en regisseurs. Die produksies is gelaai met tonne emosie, soms seer, soms bitter komedie, maar deurspek met waarheid waarmee elke mens kan identifiseer."

Aardklop 2019: Die dinge van ’n kind deur Marita van der Vyver op die planke

Yolanda du Toit Aardklop 2019-09-20

"Die temas wat Marita van der Vyver aanraak, bly universeel en relevant in die huidige klimaat, hoewel die boek, die nuwe Suid-Afrika, die leser (van toe) en ook die karakters, reeds lankal mondig is. Daar is nie ’n beter titel vir die verloop in dié storie nie. Die boek en ook die verhoogstuk handel oor 'loss of innocence'. Nie net op seksuele gebied nie, maar op verskeie vlakke. Die oomblik wanneer jy bewus word dat daar vir jou gelieg is deur die staat, die kerk, jou ouers, jou vriende, jouself ..."

Tuin van Digters 2019 – video: Verse oor huis en taal

Naomi Bruwer Boeke en skrywers 2019-09-19

Frieda van den Heever gesels met Danie Marais, Dianna Ferrus, Jolyn Phillips en Daniel Hugo oor die temas "huis" en "taal" in hulle digwerk, asook die invloed van vertaling daarop.

Queenie-hulle by Aardklop 2019

Yolanda du Toit, Alexa Strachan, Christo Davids Aardklop 2019-09-19

"Queenie-hulle is ’n tragiese komedie. Die humor is skreeusnaaks en mense sal dit waardeer en geniet. Nietemin ontwikkel die kyker empatie en simpatie met die karakters."

Aardklop 2019: feesprogram

LitNet Aardklop 2019-09-19

Aardklop Nasionale Kunstefees 2019 is om die draai! Laai die volledige feesprogram hier af. 

Press release: Baxter Dance Festival celebrates 15 years of magnificent movement and dance, this September

LitNet Lifestyle and entertainment 2019-09-19

For the past 15 years, the Baxter Dance Festival has showcased some of the finest dance talents and choreographers in the Western Cape and the country. This year will be no exception as Cape Town’s premiere dance festival celebrates the milestone from 26 September to 5 October 2019.

"Kom fees vry": Alexa Strachan oor Aardklop 2019

Remona Voges, Alexa Strachan Aardklop 2019-09-19

"Ek dink ons is hierdie jaar geseënd – ons het regtig die room van Suid-Afrikaanse akteurs op een fees bymekaar," sê Alexa Strachan, Hoof Uitvoerende Beampte van Aardklop Kunstefees 2019. Remona Voges het met haar gesels oor wat vanjaar se fees, wat vanaf 24 tot 29 September in Potchefstroom plaasvind, inhou.   

Video’s: Vyf aktuele gesprekke tydens die 2019 Open Book Festival

Cliffordene Norton, Gys Loubser LitNetKanaal op YouTube 2019-09-19

Hoe voel dit om in jou bekende grootvader se skaduwee te leef (soos Wilhelm Verwoerd en Ndileka Mandela)? Kan mense genees word deur stories (met Jitsvinger)? Watter gevare moet joernaliste oorleef om die waarheid te ontdek (met Foeta Krige: The SABC8; Caryn Dolley: The Enforcers: Inside Cape Town’s deadly nightclub battles en Pieter-Louis Myburgh: Gangster State)? Hoe beïnvloed korrupsie die mense op grondvlak (Bosasa-skandaal)?

Die jaarlikse Open Book Festival het van Woensdag 4 September tot Sondag 8 September 2019 in Kaapstad plaasgevind. Verskeie aktuele gesprekke het tydens die fees plaasgevind. Kyk hier vyf van hierdie gesprekke.

Tuin van Digters 2019 – video: Is Breyten se gedigte vertaalbaar?

Naomi Bruwer Boeke en skrywers 2019-09-18

Catherine du Toit gesels met Breyten Breytenbach, Jerzy Koch, Yves T'Sjoen, Ampie Coetzee en André van der Hoven oor die vertaling van gedigte in die algemeen en die vertaling van Breytenbach se werk in besonder.

Tuin van Digters 2019 een vir die boeke

Remona Voges Feeste 2019-09-17

"Die grootste hoogtepunt van die fees was beslis Breyten Breytenbach se voorlesing van sy gedigte op maat van Schalk Joubert, se baskitaarnote."

Tuin van Digters 2019 – video: (Aan)dadig saam met Breyten

Naomi Bruwer Boeke en skrywers 2019-09-17

Breyten Breytenbach se voorlesing van sy gedigte was ’n hoogtepunt by vanjaar se Tuin van Digters, aangebied deur die Breytenbach-sentrum op Wellington. Hy is begelei deur Schalk Joubert op baskitaar en Laurinda Hofmeyr op klavier.

Week van de Afrikaanse roman 2019: onderhoud met Riana Scheepers

Naomi Meyer, Riana Scheepers NeerlandiNet 2019-09-17

"Ek gaan beslis nie Nederland toe om te gaan rus nie – ek gaan elke moontlike aanbieding van my mede-skrywers bywoon. Dit is ’n uitsonderlike, en uiteenlopende groep skrywers, ek kan nie wag nie!" Riana Scheepers gesels met Naomi Meyer oor die Week van de Afrikaanse roman, waar sy binnekort optree.

Tuin van Digters 2019 – video: Bekendstelling van breyten breytenbach, woordenaar woordnar

Naomi Bruwer Boeke en skrywers 2019-09-16

Die SA Akademie van Wetenskap en Kuns se huldigingsbundel van Breyten Breytenbach, breyten breytenbach, woordenaar woordnar, is die afgelope naweek by die Breytenbach-sentrum se Tuin van Digters bekendgestel. Andries Visagie het met Francis Galloway (die redakteur van die bundel), Louise Viljoen en Catherine du Toit gesels.

Tuin van Digters 2019: Onderhoud met Lieke Joosen

Marchelle van Zyl, Lieke Joosen Musiek 2019-09-13

"Ek glo dat jy iets by elkeen wat oor jou lewenspad kom, kan leer. So ek kan nie wag om by die Suid-Afrikaners, hul taal, die natuur, hul lewenstyl te ervaar nie."

Nederlandse digkuns gevier by Open Book Festival 2019 (Kaapstad)

Menán van Heerden Feeste 2019-09-12

Die jaarlikse Open Book Festival het van Woensdag 4 September tot Sondag 8 September in Kaapstad plaasgevind. Bekroonde Nederlandse digters Radna Fabias en Simone Atangana Bekono was by die fees te sien. Afrikaanse digters en skrywers Pieter Odendaal, Diana Ferrus, Chase Rhys, Jitsvinger en Hakkiesdraad Hartman het ook opgetree. Menán van Heerden het ’n fotogalery en ’n kort video van die fees saamgestel.

Breyten by Tuin van Digters 2019

Francois Lötter, Remona Voges Feeste 2019-09-12

Die jaarlikse Tuin van Digters-fees vind komende naweek in Wellington plaas. Remona Voges het met die organiseerder, Francois Lötter, gesels oor wat hierdie jaar se fees inhou. 

Top