Feeste
Articles about festivals in South Africa and abroad
Persverklaring: Finaliste van aanlyn dramakompetisie bekend
2021-06-29Die finaliste in Dramaweb SA se aanlyn dramakompetisie sal tydens ’n regstreekse stroming hul harte uitspeel op Saterdag 3 Julie (Afrikaanse kategorie) en Sondag 4 Julie (Engelse kategorie).
Persverklaring: Tweede KKNK virtuele kunsgalery open binnekort
2021-06-25"Ons is trots daarop om vir die tweede jaar ’n geleentheid vir kunsliefhebbers te skep om van regoor die wêreld en in die gemak van hul eie huis die fees se visuele kunsuitstalling te beleef."
Persverklaring: McGregor gedigtefees, skryfkompetisie 2021
2021-06-24Ons nooi digters om te sing oor alle gedaantes en aspekte van die liefde of die beminde. Stuur asseblief julle gedigte! Alles wat handel oor liefde, is welkom; van odes, elegieë en formele versvorm, tot vrye verse en kletsrym.
Gevare van sosiale media belig in Jan van Riebeeck-toneelproduksie met feesvennote
2021-06-13"Afgesien van die feit dat ons op Jeugdag jong individue onthou wat hul lewens opgeoffer het sodat ons ’n vrye en inklusiewe Suid-Afrika mag beleef, moet die huidige generasie nou die toon aangee, geleentheid kry om te rebelleer en vrae te vra." – Sanet Taljaard van Hoërskool Jan van Riebeeck oor die Suidoosterfees, KKNK en NATi se Die klaskamer.
Wessel Pretorius se Vlegsel takel kuberboelies op Jeugdag
2021-06-11Wessel Pretorius vertel van Vlegsel, sy kort eenakter met Cintaine Schutte, wat op Jeugdag by Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad as deel van die Suidoosterfees, KKNK en NATi se reeks Die klaskamer opgevoer sou word. Die opvoering is as gevolg van nuwe Covid-regulasies gekanselleer.
Persverklaring: Eerste Afrikaanse COVID-19-digbundel bekendgestel
2021-06-11Maskers en mure is ’n bloemlesing gedigte wat spesifiek saamgestel is om hierdie tydperk in die wêreldgeskiedenis vas te vang. Gepubliseerde én onbekende digters kon werk voorlê.
Persverklaring: Op Jeugdag neem die Suidoosterfees jou terug skool toe
2021-06-08Op Jeugdag 2021 neem die Suidoosterfees, KKNK en NATi teaterliefhebbers terug skool toe. Die klaskamer is ’n reeks kort plek-spesifieke produksies wat in verskillende ruimtes van Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad aangebied word. Vertonings vind op 16 en 19 Junie om 11:00 en 15:00 plaas.
Persvrystelling: Uitnodiging aan liriekskrywers wat eg Suid-Afrikaanse klanke skep
2021-06-07Die Jakes Gerwel Stigting en die Suidoosterfees nooi liriekskrywers en sangers wat oorspronklike liedjies in Afrikaans, Engels of isiXhosa skep om aansoek te doen vir deelname aan ’n uitgebreide mentorskapprogram. Die klem van die projek val op eg Suid-Afrikaanse klanke en vars lirieke.
Persverklaring: ’n Gedaanteverwisseling vir die 2021 Toyota US Woordfees is in wording
2021-06-04Die 2021 Toyota US Woordfees sal nie in die beplande formaat van 17 tot 24 September in Stellenbosch kan plaasvind nie, maar daar word reeds hard gewerk aan ’n opwindende alternatief. Meer besonderhede oor hierdie landswye Covid-veilige viering van die kunste sal binnekort bekend gemaak word.
Die KKNK pronk op die silwerdoek
2021-05-26"’n Boer maak ’n plan en ’n kunstefees maak films – onder andere."
Press release: A once-off, live online reading of Neil Coppen’s work in development
2021-05-26DGC in partnership with VRTheatrical and the KKNK, in association with the Tsikanya-Chaka Centre and the Centre for Creative Arts-UKZN, present a professional, rehearsed reading of a new version of Shakespeare's epic tragedy, adapted and directed by Coppen, an internationally acclaimed writer, designer and director. The reading forms part of the further development of the piece.
Persverklaring: KKNK 2021 – ’n fees van vermaak #ORALOOR
2021-05-25Die COVID-19-pandemie het Suid-Afrika dalk nog beet, maar die KKNK vier onverpoosd fees in 2021, met ’n ryk spyskaart van vermaak en projekte #oraloor!
Persverklaring: NATi Jong Sterre-projek bied groot geleenthede vir opkomende dramaturge
2021-05-17Die NATi Jong Sterre-projek bied ’n uitsonderlike geleentheid aan jong dramaturge om hul toneelstukke onder professionele mentorskap te verfyn.
Persverklaring: NATi se jong sterre skitter by Suidoosterfees
2021-05-06Sewe jong dramaturge se verhoogstukke is die afgelope naweek tydens die 18de Suidoosterfees vir die eerste keer op die planke gebring.
Persverklaring: Suidoosterfees dankbaar vir vertroue en uitstekende ondersteuning
2021-05-06Die 18de Suidoosterfees, wat pas van 26 April tot 2 Mei in Kaapstad plaasgevind het, spog met ’n gemiddelde produksiebywoningsyfer van 94%.
Press release ‒ Programme: ArtFluence Human Rights Festival
2021-05-04The inaugural ArtFluence Human Rights Festival (5‒8 May 2021) will focus on arts, constitution and democracy. This online festival, presented by the Centre for Creative Arts (CCA) in partnership with the Embassy of the Netherlands, will be live-streamed.
Suidoosterfees 2021 en NATi Jong Sterre-produksies ‒ ’n onderhoud met Carlo Daniels
2021-04-28Emma Kotze gesels met Carlo Daniels oor sy werk wat hy by die fees aanbied, asook die geleenthede wat die Jakes Gerwel-mentorskapprogram, waarvan hy in 2020 deel was, vir hom gebied het en hoe sy toekomsdrome lyk.
Persverklaring: Oudtshoorn se reWOLusie kry nasionale voetspoor
2021-04-28Die hele Suid-Afrika kan nou deelneem, met meer komberse as ooit wat warmte kan gee aan behoeftiges in die koue wintermaande wat kom.
Suidoosterfees 2021 en NATi Jong Sterre-produksies ‒ ’n onderhoud met Margo Kotze
2021-04-28In samewerking met die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi), Kunstekaap en die Jakes Gerwel Stigting bied die Suidoosterfees vanjaar weer ‘n NATi Jong Sterre-program by dié fees aan wat tot 2 Mei by die Kunstekaap plaasvind. Emma Kotze gesels met Margo Kotze oor haar werk wat sy by die fees aanbied, asook die geleenthede wat die Jakes Gerwel-mentorskapprogram, waarvan sy in 2020 deel was, vir haar gebied het en hoe haar toekomsdrome lyk.
Suidoosterfees 2021: An interview with Wahbie Long
2021-04-28On 29 April 2021 at 10:00, Marianne Thamm will be in conversation with Wahbie Long about his book, Nation on the couch: Inside South Africa's mind, as part of the Suidoosterfees-Jakes Gerwel conversations at Artscape, Cape Town. Robert Kriger interviews Wahbie to find out more about his book, which he describes as a "letter to all South African citizens".
