Feeste

Artikels oor feeste in Suid-Afrika en in die buiteland
Articles about festivals in South Africa and abroad

KKNK 2022: ’n onderhoud met Fanie Viljoen

Yolanda du Toit, Fanie Viljoen KKNK 2022-03-28

"Ek sien baie uit na die KKNK. My laaste optrede by ’n fees was die Woordfees van 2020. Kort daarna het die inperking begin. Ons skrywers en kunstenaars gaan soos hase wees wat uit hul gate losgelaat is!"

Persverklaring: Uitsoek-produksies op Suidoosterfees se NATi Teaterprogram

LitNet Suidoosterfees 2022-03-25

By die 20ste Suidoosterfees, vanjaar van 27 April tot 1 Mei by Kunstekaap in die Moederstad, gaan teaterliefhebbers smul aan produksies op die NATi Teaterfees-spyskaart. Heelwat trefferstukke is gegrond op boeke deur gewilde Afrikaanse skrywers, en opwindende verhoogstukke deur opkomende jong skrywers is op die program ingesluit.

Toyota US Woordfees 2022: Enkele foto’s en US Koor-video by die Langtafel

Helené Prinsloo, Simon van der Merwe Toyota Stellenbosch Woordfees 2022-03-24

Kyk na ’n video-opname van die US Koor by vanjaar se Langtafelgeleentheid. Hier is ook enkele foto’s van die geselligheid.

Press release: Andrew Buckland and Sylvaine Strike star in Firefly at The Baxter

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2022-03-17

Two of South Africa’s theatre greats, Andrew Buckland and Sylvaine Strike, once again team up to create theatre magic, in the stage premiere of Firefly, directed by Toni Morkel, at the Baxter Flipside, for a limited season from 24 March to 9 April 2022 at 7:30pm nightly, with Saturday matinees at 2:30pm.

Persverklaring: KKNK2022 bied bekostigbare en gratis vermaak vir die hele gesin

LitNet KKNK 2022-03-16

Daar is gratis aktiwiteite wat aangebied word vanaf 10:00 tot 15:00 elke dag, met uitstaande kinderproduksies.

Persverklaring: Toyota US Woordfeesdatums vir 2022 bekend

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2022-03-15

Saartjie Botha, direkteur van die Toyota US Woordfees en WOW Projek, het ... gisteraand onder luide toejuiging aangekondig dat ’n fees in die vlees vir 10 tot 15 Oktober vanjaar in die vooruitsig gestel word.

Persverklaring: Vyf nuwe NATi Jong Sterre debuteer as dramaturge by Suidoosterfees 2022

LitNet Suidoosterfees 2022-03-09

Die Suidoosterfees wat vanjaar van 27 April tot 1 Mei by Kunstekaap in Kaapstad aangebied word, spog met vyf splinternuwe dramas deur jong, opkomende skrywers wat aan die fees se NATi Jong Sterre-ontwikkelingsprojek deelgeneem het.

Persverklaring: Wat behels die KKNK 2022 se inentingsmandaat?

LitNet KKNK 2022-03-08

“Die KKNK volstaan by die toepassing van ’n inentingsmandaat ten goede van alle betrokkenes. Ons gee egter terselfdertyd die versekering dat oningeënte persone nié weggewys sal word nie, mits hulle aan die voorwaardes en bepalings voldoen soos vervat in die mandaat.”

Fotoblad: Adam Small-fees 2022

Gary Naidoo Feeste 2022-03-08

Die Adam Small-fees het op 26 Februarie 2022 plaasgevind en uit sy nate gebars. Gary Naidoo het namens LitNet gaan foto's neem.

“Mense moet hulle seatbelts saambring” – Etienne Fourie oor Stiekyt

Melt Myburgh, Etienne Fourie Onderhoude 2022-03-03

"'’n Fliek is net so goed soos die mense wat daaraan werk, en Stiekyt is geseën met mense wat nie net talentvol is nie, maar ook toegewyd.' As mense wíl, glo hy vas, dan kan berge versit word. 'En hierdie span wóú.'" – Etienne Fourie vertel van Stiekyt wat binnekort by die Silwerskermfees draai.

Persverklaring: KKNK se feesprogram bekendgestel

LitNet KKNK 2022-03-02

Kaartjieverkope open op Donderdag 3 Maart, en verblyf is beskikbaar deur LekkeSlaap.

Persverklaring: Suidoosterfees se 2022-program propvol hoogtepunte

LitNet Suidoosterfees 2022-03-01

Die program vir die Suidoosterfees, wat vanjaar van 27 April tot 1 Mei 2022 by die Kunstekaap-teaterkompleks in Kaapstad aangebied word, is pas bekend gemaak.

Persverklaring: Innibos 2022 – geen winterfees, maar heeltyd feestyd!

LitNet Feeste 2022-02-25

"Ons beplan om steeds optreegeleenthede aan kunstenaars te bied, die plaaslike ekonomie te stimuleer en ’n ondersteunende en opbouende rol in die plaaslike gemeenskap te speel deur middel van eiesoortige projekte, getrou aan die aard van Innibos."

Persverklaring: Topwineroots Laailou Musiekfees, Afrikaanse musiek se nuwe skat uitgestel

LitNet Feeste 2022-02-25

Die verhoog by die fees word met ’n 270 grade gehoor-radius opgestel sodat dit toeskouers in die rivier op hul laailous, sowel as toeskouers op hul kampstoele in die kampeerfeesterrein, bedien.

Adam Small-fees op Saterdag 26 Februarie 2022: ’n onderhoud met Darryl David

Naomi Meyer, Darryl David Feeste 2022-02-24

"Alle lesings is gratis vir die publiek en vir boekliefhebbers. Natalia da Rocha se vertoning sal egter R50 kos vir haar musikale huldeblyk aan Adam Small."

Toyota US Woordfees | Wenners van die eerste Klaskamer Radiodramakompetisie | Winners of the first Classroom Radio Drama Competition

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2022-02-22

"Daar is groot behoefte aan meer kontemporêre en korter radiodramatekste wat geskik vir gebruik in die klaskamer is." | "There is a great need for more contemporary and shorter radio drama texts that can be used in the classroom."

Wen, wen, wen met derde Dramaweb SA!

LitNet KKNK 2022-02-17

"Suid-Afrika se jong akteurs wat aan vanjaar se derde Dramaweb SA aanlyn kompetisie gaan deelneem, moet veters vasmaak en hare agteroor kam, want die pryse vir 2022 se talentkompetisie gaan hul soos ’n stormwind tref!"

Inskrywings vir derde Dramaweb SA open

LitNet KKNK 2022-02-17

Suid-Afrika se jong akteurs wat hul talent wil slyp en landswyd teen hul eweknieë wil deelneem, kan binnekort vir die derde Dramaweb SA aanlyn kompetisie inskryf.

Persverklaring: skryf nou Suidoosterfees 2022 se datums in jou dagboek

LitNet Suidoosterfees 2022-02-16

Die Kaapse Dokter bied altyd die beste medisyne, soos ’n volgepakte Suidoosterfeesprogram vanaf 27 April tot 1 Mei 2022 by Kunstekaap in Kaapstad. Vanjaar gaan feesgangers getref word deur ’n warrelwind van uitstekende teater, musiek, dans en boekgesprekke.

Die dinge van ’n kind in Februarie by HS Jan van Riebeeck ná COVID 2021-speelvak pootjie

Melt Myburgh Skole 2022-02-09

Nadat COVID-19-inperkingsmaatreëls die opvoering van Die dinge van ’n kind in Oktober verlede jaar gepootjie het, word die gewilde verhoogstuk wél van 23 tot 25 Februarie 2022 by Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad opgevoer.

Top